DIE GELUK VAN JAHWEH
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 31

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50.

Hoofstuk 31

25 Mei 2008  09:53

 

(Voor die hoofstuk het Vader vir my gewys dat HY my in SY arms hou en voor Ons uitgestrek is pragtige wit wolke. Vader sê toe vir my dat  dit vir my net na wolke lyk maar wanneer ek  wedergebore is sal ek sien dat daar baie meer in skuil. Skielik sien ek toe dinge in die wolke wat ek nie kan begryp en nie kan verduidelik nie. Dit was eintlik meer ‘n gewaarwording as regtig sien. Ek het ook gister geloop en met Vader gepraat en ek het gevoel dat iets in my oop gaan, ek kon dinge sien uit my siel uit en nie soos altyd as Vader vir my dinge wys nie. Dit was ‘n gevoel dat ek, terwyl ek met my vleeslike oë sien , ek ook alles sien wat om my aangaan in die gees. Daar gaan baie dinge om ons aan waarvan ons nie eers bewus is nie en ek kon dit ook nie verduidelik nie, maar weet net dat ons so beperk is in ons liggame.)

 

 

Daar is baie dinge wat julle nie verstaan nie en dit sal duidelik gemaak word aan julle soos wat julle in die gees groei. Daar is baie dinge wat EK net aan julle bekend maak wanneer julle slaap omdat julle dit nie met julle helder bewussyn sal verstaan nie omdat julle siele nog heeltemal onderontwikkeld daarvoor is. Julle verstaan dit dan wel met julle siele maar julle siele kan dit nie oordra aan julle liggame nie en so kom daar dan ‘n tyd in elkeen se lewe dat hy dinge nie verstaan wat EK vir hom of haar verduidelik nie. Soos wat julle groei, kan julle meer en meer verdra en verstaan. MY skryfkneg het baie dinge gesien wat sy nie verstaan nie en nie in woorde kan omsit om dit aan julle te vertel nie. Daardeur verloor julle nie veel nie omdat julle dit in elke geval nie sou verstaan het as EK dit aan julle self sou wys nie. MY kinders, werk aan julleself sodat EK ook dinge aan julle kan wys wat julle sal verstaan. Hoe meer julle groei, hoe meer sal aan julle toevertrou kan word. Dit is ‘n belofte van MY en sodoende sal julle MY ryk binne kan gaan met ‘n verstand van die siel wat alles sal kan verdra. Hoe meer julle groei, hoe meer sal julle dan ook in MY ryk kan verdra. Maar daar is baie dinge wat MY engele nog nie eers kan verstaan nie en dit is vir hulle ‘n uitdaging om dit te leer en sodoende groei hulle liefde vir MY ook tot hulle dinge meer kan begryp. Daar is so oneindig baie wat EK julle kan leer dat die leerskool nooit ophou nie, maar dit is nie alles nou vir julle gegee om te weet nie. Julle weet nog nie eers ‘n kopspeld punt grootte nie en sal ook nie veel meer weet voordat julle wedergebore is uit MY nie. Vertrou MY hierin en vra vir meer sodat daar meer aan julle duidelik gemaak kan word en beoefen julleself in die liefde want die liefde is dit wat dinge vir julle meer en meer verstaanbaar maak. Die liefde bedek alle kwaad ,maar maak alles wat mooi en regverdig is duidelik aan almal wat dit nog nie weet nie. Luister net na MY woorde en glo daarin sodat julle liefde vir MY ook groter en groter kan word. Dinge wat nog nie verstaanbaar is vir julle nie, sal deur MY aan julle bekend gemaak word soos wat julle liefde vir MY en julle naaste groei. Gaan nou en beoefen julle daarin sodat julle wyser en slimmer kan word wat MY dinge aanbetref en voor jy mooi weet, verstaan jy ‘n paar dinge wat voorheen vir jou “Grieks” was.

Amen


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205