DIE GELUK VAN JAHWEH
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 32

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50.

Hoofstuk 32

25 Mei 2008  10:15

 

Vader het vir my gesê om ook hier te tik wat EK gesien het. Voor die hoofstuk begin het, vra HY my of ek nog kans sien vir nog een en ek antwoord HOM toe dat ek kans sien vir alles as HY by my is. HY sê toe vir my dat HY my dan na die see sal vat. Daar is baie hoë golwe en dit is in die diepsee. Jahshua dra my oor die water en HY loop net aan asof daar nie eers golwe is nie. HY loop net reguit aan en gaan nie eers oor die golwe nie, maar sommer dwarsdeur.

 

Vader dikteer:

 

Wanneer julle alles in MY hande toevertrou, sal alles vir julle wees soos wat julle dit graag wil hê. EK sal julle deur al julle probleme of uitdagings dra sodat niks julle onder sal kry nie. Uit die wêreld se oogpunt sal hulle nie kan verstaan wat met julle aangaan en waar julle die krag vandaan sal kry om vir MY die werk te doen wat EK julle oplê om te doen nie, maar net julle en EK sal weet waar dit vandaan kom. MY kinders, daar gaan nog baie sulke hoë golwe in elkeen van julle se pad kom en EK sal julle deur elke golf dra. Die diepste see is nie eers vir MY te groot of te magtig dat EK sou vrees en julle nie kon red nie. Glo daarom onwrikbaar aan MY, al lyk dit of die golwe julle heeltemal gaan oordek. Glo net dat EK met julle is al kan julle MY nie sien nie. In die wêreld is daar baie eise wat aan julle gestel word en dit is alles toetse vir julle omdat EK MY nie aan die wêreld laat meet nie. Dit is hoe dit is: Die satan het gedink om struikelblokke in julle pad te gooi sodat julle nie by MY kan uitkom nie. EK het dit goed gedink om almal wat MY Naam aanroep uit te red en die struikelblokke tot niet  te maak of onskadelik te stel. Vrees daarom nie die wêreld met al sy dreigemente nie, want satan weet hoe met vrees te werk te gaan. Hy weet dat vrees die grootste wapen vir hom is en dat almal wat vrees niks kan doen nie. Kyk maar na ‘n muisie wat uit pure vrees nie kan weghardloop nie, maar wat net in ‘n hoekie bly sit. Hy kon vry gewees het as hy vir niks bang was nie en net gehardloop het, maar nou stel hy homself ook in gevaar deurdat hy vreesagtig in die hoekie sit vir die kat en wag. Daarom moet julle nie bang wees nie want EK is met julle. EK is julle skuiling en julle, vesting teen die kwaai storms wat nog gaan kom. Die storms is al pad omdat die dinge nie meer ver is nie. baie van julle wat dit al gehoor het, begin twyfel of die dinge ooit werklik gaan gebeur omdat julle dit al vir baie maande hoor en nog steed het niks gebeur nie, maar EK sê vir julle dat dit sal kom soos ‘n dief in die nag. Vertrou daarom nie die stilte wat om julle rus nie, want in die rus as daar stilte is, skuil die groot gevaar. Julle vyande is op die loer vir die beste geleentheid om toe te slaan en dit sal eersdaags ook plaasvind omdat hulle nie meer langer in toom gehou sal word nie. Glo MY woorde nóu voor dit te laat is en jy sal moet hoor dat EK jou dit wel voor die tyd gesê het. Glo dit en groei sodat jy dit voor die tyd al kan oorwin omdat jy een met MY is.

Amen


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205