DIE GELUK VAN JAHWEH
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 33

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50.

Hoofstuk 33

25 Mei 2008   12:17 

 

Sodra julle ryp genoeg is daarvoor sal EK julle help om julle visie te verskerp. Dit beteken dat EK ‘n derde visie aan julle sal gee sodat julle allerhande dinge om julle kan waarneem. MY skryfkneg is nou nog vol bewing oor dit wat sy gesien het en tog was dit nie eers die begin nie. Daar is baie dinge wat om julle aangaan en julle is nie daarvan bewus nie omdat julle oë nog toe is. Dit is nie julle eie skuld nie omdat dit so is by geboorte. Julle sien net wat voor julle aardse oë is niks meer nie tot op die dag dat EK besluit om dit vir julle te open. Dit is nie te sê dat almal wat heldersiend is, nou al die ewige lewe het nie. nee dit is baie keer net omdat dit daardie persoon se sielsontwikkeling help dat EK dit aan so iemand gee. Soos EK alreeds in ‘n vorige hoofstuk gesê het is julle almal uniek en het elkeen iets anders nodig om tot vervolmaking te kan kom. Daarom moet party mens die gawe hê om heldersiend te kan wees omdat dit daardie persoon se siel dan baat, maar die volgende persoon sal nie baat daarby vind  nie en dan gee EK dit ook nie vir so iemand nie. Maar op ‘n tyd is iemand se siel gereed vir ‘n nuwe openbaring en kan hy of sy dinge sien wat hy normaalweg nie kon nie. dit is nou die geval met MY skryfkneg en daarom het EK dan nou ook haar oog van haar siel oopgemaak en kon sy dinge sien. Weliswaar maar nog baie onduidelik en nie soos dit veronderstel is om te wees nie, maar sy kon al dinge uitmaak. Dit lê vir elkeen van julle voor en julle sal dit dan ook kry van MY. Maar die sleutel tot die opening van julle sielsoog is die liefde. Weereens is dit liefde wat die sleutel is tot alles en niks sal julle vanuit julleself verkry nie. Dit kom alles vanuit MY grot Vaderhand wat sien dat julle besig is om heeltemal in liefde te verander. Wanneer julle dan heeltemal liefde word, is dit dan ook die einde van al julle aardse drange en dinge en sal julle heeltemal wedergebore voor MY staan. Vir baie van julle is dit basie naby en is dit net nog ‘n paar klein dingetjies wat kort voordat die wedergeboorte daar is. EK het al gesê dat julle almal al gereed is vir die wedergeboorte, maar EK sê nou vir julle dat dit net beteken dat julle al gereed is vir nuwe openbaringe in julle siele. Die nuwe openbaringe in julle siele is al die aanduiding van die wedergeboorte wat op hande is en dit sal binnekort gebeur dat iemand van julle heeltemal gereed en sonder enige tekortkoming sal wees en dan sal almal baat daarby vind omdat dit dan die gevolg van baie wedergeboortes sal hê. Julle sal almal so vinnig na mekaar tot die wedergeboorte tree en julle sal dan die ander help wat dit nog nie bereik het nie. MY kinders, hou net moed, dit is om die draai en vertrou MY net hierin omdat julle weet dat Ek nooit vir julle sal lieg nie. EK is julle Alfa en julle Omega en My woorde is die eerste en die laaste. Glo MY daarom omdat elkeen van julle kan getuig dat alles wat EK spreek die waarheid is.

Amen


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205