DIE GELUK VAN JAHWEH
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 36

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50.

Hoofstuk 45

14 Junie 2008  21:21

 

Vader het vir my gesê net voordat ek begin tik het:Wat EK vanaand vir jou gaan gee is ‘n diamant!

 

Net EK kan diamante uitdeel en EK staan met julle diamante in My hande en wag om die eerste een vir die eerste een te gee wat wedergebore sal word. Ja, julle staan almal voor MY en EK sien elkeen raak en julle is kosbaar in MY oë omdat julle MY met liefde in julle oë aankyk, en vol afwagting staan julle en besing MY lof. MY kinders, hoe kan EK dan nie kom en julle beloon vir julle liefde vir MY nie? As julle MY met sulke liefdevolle oë aankyk wil die trane van liefde uit MY oë rol omdat julle so lieflik is vir MY. Staan ‘n bietjie stil by hierdie gedagte en dink hieroor na. Is EK nie julle Vader van Ewigheid wat julle bo alles bemin nie? En wanneer julle MY ook so bemin soos wat jùlle MY bemin, is dit vir MY so wonderlik dat EK van skone liefde in julle midde in wil bars en in die vlees aan elke een van julle kom raak omdat EK die verlange daarna in julle harte sien. MY lieflingkinders, die wedergeboorte is vir julle almal hier en die van julle wat nog nie seker is oor hierdie dinge nie, sal binnekort heeltemal oortuig daarvan wees as julle julle broers en susters wat eerste sal wees, sal aanskou. En bly sal julle dan wees omdat julle uitgehou het ten spyte van baie swaarkry. MY kinders, julle wat nou al vir MY opgestaan het deurdat julle by MY herberg bly en alles net so verdra wat oor julle pad kom, het niks te vrees in die stryd wat nog kom nie omdat julle heeltemal rein voor MY sal wees en een met MY die stryd sal ingaan. Die ander met die klein geloof wat nie die dinge wil aanvaar as MY waarheid nie, sal ongelukkig dan ook moet vat wat na hulle kant toe kom, net soos wat julle nou alles moet dra wat na julle kant toe kom. Maar wees nie bevrees nie, want julle sal julle naaste gaan help in hulle nood. Nog steeds sal dit vir hulle vreeslik wees en dit sal dien as hulle reiniging want hulle het dit ook nodig. Julle het gehoor gegee aan MY woord en daarom kan EK julle liggies reinig, maar weë die wat nie die reiniging wil deurgaan nie. Ek het hulle ook lief , maar ongelukkig sal dit vir hulle baie moeilik wees en julle sal hulle dan moet vertroos. Wees bly dat julle nóu en hiér is omdat dit vir julle baie maklik sal wees en julle dan alreeds met MY verenig sal wees. Wanneer EK in die vlees kom, sal dit eers tussen julle by MY herberg wees en daarna sal EK tussen MY ander kinders kom rondloop sonder dat hulle MY sal herken. Daar is ‘n baie goeie rede daarvoor omdat hulle MY nie sal kan verdra nie. Weet julle dat My vleeswording tussen julle om die draai is? EK wil julle almal vanaand van MY liefde en bystand oortuig omdat EK julle strewe na MY sien en wil julle beloon daarvoor. Vir elke ding wat jy in die gees bereik, sal jy ‘n beloning kry, al is dit die kleinste dingetjie. Vir ‘n vriendelike glimlag wat diep uit die hart kom, gee EK wonderlike dinge en vir ‘n liefderyke drukkie aan iemand wat dit nodig het, of sommer net uit die liefde van jou hart, gee EK dinge wat julle nie nou eers sal kan verstaan of verdra nie. Daarom sê EK dat julle ryklik beloon sal word vir die liefde in julle harte vir mekaar en vir MY. Net ‘n vriendelike gebaar, kan vir jou ‘n hele sterrestelsel besorg en net omdat julle MY bo alles verkies, sal julle saam met MY regeer en heers oor die wat MY nie eerste herken en verkies het nie. Dra daarom maar die vuil kyke van die mense in die buitewêreld en verdra die lelike dinge wat hulle van julle sê omdat julle beloning so groot sal wees dat julle vergoed sal word vir elke skewe woord wat vir julle gesê is. MY kinders, julle is die wyses en hulle wat julle kritiseer en uitlag is die ware sotte van die aarde. Maar eers wanneer dit te laat is, sal hulle dit besef. Dit beteken nie dat hulle sal verlore gaan nie, maar net dat hulle die wedergeboorte sal misloop en dan die lewe in die oë moet staar as swak mense wat MY nog nie eens kan sien nie. Wil julle die komende stryd só ingaan soos gewone mense of soos engele waardeur EK kan werk? EK dink julle het al klaar die antwoord anders sou julle nie alles vir MY opgegee het nie. Maar wees verseker dat daar nog agterosse in die kraal sal kom voordat dit te laat is en dat hulle die wedergeboorte op die nippertjie sal ontvang sodat die stryd vir hulle ook wonderlik sal wees omdat hulle dan hulle broers en susters sal kan help. Bid vir hulle daar buite omdat hulle oë toe is en hulle ore blind en julle sal ‘n verandering opmerk in díe waarvoor julle sal bid. Moenie dink dat iemand te vêr in die sonde verval het om ook die wedergeboorte te kan ontvang voor die stryd aanbreek nie. MY kinders, wat in ‘n ander ou se siel aangaan verstaan julle nie altyd nie en daarom kan daar iemand kom wat ‘n slegte moordenaar is en wat MY verafsku en die oomblik dat daar iets wonderliks met hom gebeur, gaan sy oë oop en hy ontvang MY Gees in al SY volheid. Bid dan liewer vir die ander mense, want hoe meer julle is wat wedergebore word voor die stryd, hoe beter vir die mense wat in die stryd sal deurloop. Dink daaraan en werk aan julleself en wéét die wedergeboorte is nie meer vêr nie. Dit is MY diamant vir julle wat MY stem wil hoor.

Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205