DIE GELUK VAN JAHWEH
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 40

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50.

Hoofstuk 49

17 Junie 2008   11:02

 

Kyk na My skepping as julle wil sien hoe groot MY wonders kan wees. Julle sien dit dikwels, maar slaan geen ag meer daarop nie. En dan praat EK nie van wonderwerke nie, maar net van die gewone “alledaagse dinge”, soos byvoorbeeld die son wat skyn en selfs jou eie wonderbaarlike liggaam. EK kan alles doen wat nodig en selfs oorbodig is en nou wil EK julle weer herhinner aan die ware rede dat julle op aarde is. Kyk na julle liggame en julle sal weet dat dit nie die begin en einde van julle lewe is nie. Nee, julle lewe mos al baie langer as wat julle liggame oud is. Julle lewe al miljoene jare en is baie ouer as wat selfs julle verstande kan uitwerk. Nou, toe dit die aangewese tyd is vir julle siele om in ‘n liggaam vasgevang te word, het EK net eenvoudig deur te wil, ‘n liggaam geskep en siedaar, julle almal sit nou hier bymekaar met liggame. Is dit vir MY moeilik om so iets te doen? Nee, dit is heel natuurlik omdat alles gehoorsaam is aan MY wil. Nou wil EK dieselfde aan julle gee sodat julle ook MY skepping kan rig soos wat dit vir alles die beste is en daarom is julle dan ook op aarde met ‘n liggaam en ‘n kans om heeltemal met MY te verenig. Maar dit is nie die enigste en ware rede dat julle met MY moet verenig nie. Julle almal weet al van beter en daarom sal EK nie nou daaroor uitwy nie. EK wil net julle aandag weereens op MY groot almagtige wil vestig en EK wil hê dat julle na MY skepping met nuwe oë kyk omdat dit MY hand is wat dit geskape het. Kyk net na die wonderlike water waarvoor julle julle neuse optrek. Hoeveel maal het julle nie al besluit om iets beters te drink as net water nie? En tog is daar geen beter voedings en reinigingsmiddel as slegs water nie. Water wat suiwer is, is die beste om jou dors mee te les en tog is julle nie lus daarvoor nie. Omdat julle nie daarna kyk as iets wat uit MY hand uitkom nie. Nee, julle verkies dinge soos tee en koeldrank en dink dan dat dit ook goed is vir julle. MY kinders, dit is nie sleg nie, maar die punt is dat EK net wil hê dat julle MY skepping moet waardeer vir wat dit regtig is. Kyk, as julle MY liefhet, sal julle ook MY skepping waardeer en sal klein dingetjies vir julle mooi wees. Nou wil EK hê dat julle almal daarna sal oplet en sal sien dat niemand dit uit hulle eie kan maak nie. Selfs nie die slim wetenskaplikes kan dinge maak soos EK nie en EK wil hê dat julle daarna moet kyk omdat dit uit MY hande, waarvoor julle so lief is, kom. Sien MY wonders daarin raak en weet dat as EK vir julle elkeen ‘n liggaam kon skep op die tyd dat dit nodig was, EK ook ander dinge kan doen, en verwág dit, want dit kom.

Amen


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205