DIE GELUK VAN JAHWEH
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 6

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50.

Hoofstuk 6

16 April 2008  08:47

 

MY hart swel van geluk wanneer EK iemand sien wat opreg na MY soek, en wanneer daardie persoon homself heeltemal aan MY oorgee sodat EK hom kan reinig, is  EK baie gelukkig omdat dit beteken dat daar nog iemand nader aan MY kom en wat dan nie meer lank op hom sal laat wag voordat hy op MY skoot kan sit nie. EK wil al MY kinders by MY versamel en daarom is dit vir MY die grootste geluk as iemand weer sy weg na MY probeer baan. MY kinders is vir MY so baie kosbaar dat EK almal na MY wil trek en elkeen op MY skoot wil vashou. EK het julle almal baie lief en sal alles in MY vermoë doen om julle weer na MY te trek. EK wil hê dat elke mens weer met MY verenig word en dat Ons weer Een moet wees soos wat dit was in die verre verlede. MY kinders, wanneer julle op MY skoot kom sit is julle soos weerlose kindertjies in MY hande en wie kan dan so ‘n kleintjie skade aandoen? Wanneer julle julleself heeltemal aan MY oorgee sal EK julle reinig en dit is nie vir julle altyd lekker nie, maar dit is vir julle eie beswil. Daarom sal EK nooit iets aan julle doen wat vir julle sleg is nie, maar EK sal iets doen wat vir julle tot groot voordeel sal wees en daarom moet julle julle aan MY reiniging oorgee, al is dit nie vir julle lekker nie. Wanneer julle gereinig is, kan EK met MY GEES kom en Een met julle word sodat julle alle krag vanuit MY kan kry. MY kinders, wil julle nie soos lewende engele in liggame wees nie? Wanneer julle soos engele is, sal julle julle naaste kan help terwyl julle glad nie nou krag vanuit julleself het nie. MY krag sal julle bystaan en julle sal alles kan doen in MY Naam, maar niks in julle eie naam nie. daarom wil EK hê dat julle julleself weerens aan MY sal oorgee vir die reiniging wat julle almal bitter nodig het. Niemand het nie reiniging nodig nie en julle almal moet julleself aan MY oorgee. Wanneer julle dit doen sal dit baie vinniger verby wees as wanneer julle nulle verset daarteen. In die tyd wat gaan kom sal julle krag van MY baie nodig hê en julle sal dan baie spyt wees omdat julle julle nie oorgegee het aan MY reiniging nie en dit sal vir julle baie skadelik wees wanneer julle julleself nie wil laat skoon kom nie. Die satan en sy gesante sal hulle nie oorgee aan MY reiniging nie en daarom bly hulle in die duisternis wat hulle verkies. As julle julle oorgee aan dit sal dit vir julle ook vinnig verby wees maar wanneer julle aanhoudend terugtrek van MY reiniging, sal dit vir julle langer vat om skoon te kom en jy sal dan nie vanuit MY krag kan ontvang nie omdat jou onreinheid dan in die pad is en dit sal alles vir jou belemmer. MY kinders dink daaroor na en kom gee jouself weer aan MY oor sodat dit vinnig kan geskied en dit vir jouself tot voordeel kan wees sodat jy baie krag van MY kan kry. Dit is net iets wat EK weereens aan julle op die hart wou druk. Dit is dan al vir vandag.

Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205