DIE GELUK VAN JAHWEH
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 8

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50.

Hoofstuk 8

17.10.2008 03:45

                  

Alle keuses wat julle maak sal julle lewe hierna beïnvloed en julle sal of juig oor dit wat julle van MY sal ontvang of julle sal baie hartseer toekyk hoe iemand anders wonderlike dinge vanuit MY hand ontvang. Maar wanneer jy sien hoedat iemand anders wonderlike dinge vanuit MY ontvang,sal jy niemand anders kan blameer as net vir jouself nie. EK laat alle keuses aan elke mens self oor en wanneer jy jou keuse maak beïnvloed dit jou hele lewe en jou lewe hierna. Dit beïnvloed veral jou lewe hierna en die geringste verkeerde besluit sal maak dat jy dinge verloor wat jy kon gewen het van MY. Neem nou maar die voorbeeld van MY dogter wat hier skryf. Toe EK haar wakker gemaak het om hier te kom skryf, het EK aan haar ‘n keuse gemaak. EK het vir haar gesê dat sy kan kom skryf of verder slaap maar dat haar keuse baie dinge vir haar sal besluit. Sy het die regte keuse gemaak, al was sy nog lus om te slaap. Die verkeerde keuse sal jou miskien op daardie oomblik nog baat, maar selfs so iets kleins, soos wanneer om op te staan, sal vir jou iets baie groots bring wat jy selfs nie eers nou in ‘n aardse liggaam kan verdra nie. Maak daarom die regte keuses en vra MY sodat EK jou kan sê wat die beste is. Die beste keuse is altyd die een wat jou siel tot voordeel sal strek en nie die liggaam nie. Onthou dit altyd. Die liggaam sal altyd die verkeerde keuse maak en jy sal in die hiernamaals baie spyt kry oor die verkeerde keuse, wat wel die liggaam tydelik gebaat het, maar wat die siel baie laat verloor het. Wanneer jy voor n keuse staan moet EK altyd voor oë gehou word en jy moet kyk wat EK sou doen en dit sal dan jou keuse vir die beste beïnvloed. MY kinders wat MY liefhet sal altyd die beste en regte keuse maak. Maak die regte keuse sodat jy geestelik kan groei en vergeet van die liggaam. Wanneer jy reg kies, sal jy geestelik al hoe sterker en sterker word sodat jy alle krag van MY ontvang sodat jy ‘n bruikbare werktuig vir MY kan word wat ander kan help. Hoe kan een blinde ‘n ander blinde lei? Nee net so min as n blinde n ander een kan lei, kan jy jou broer lei terwyl jyself nog geen krag van MY af ontvang het nie. As jy sterk genoeg in MY geword het sal EK jou alom uitstuur om jou naaste te gaan help, maar nie voor die tyd nie. Maak vandag, op hierdie oomblik jou keuse en onthou wat EK gesê het sodat jy geestelik in MY kan groei voor dit te laat is en die stryd op hande is, want die stryd gaan bitterlik erg wees en net die wat sterk in MY is sal oorleef. Dit sê EK vir almal wat baie graag die regte keuse wil maak.

Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205