DIE GELUK VAN JAHWEH
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 9

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50.

Hoofstuk 9

18.04.08 05:45

 

In MY hande hou EK alles en elke ding wat met julle gebeur laat EK toe sodat julle kan leer en groei in die Gees. Selfs die slegte dinge laat EK toe sodat niemand agter kan raak in sy Geestelike vooruitgang nie. Wanneer daar slegte dinge oor julle pad kom, is dit ‘n geleentheid om julle te leer oor julleself en julle eie ek. As dinge vir jou teveel raak en jy kwaad raak en lelik praat, sal dit vir jou n aanduiding wees van hoe sleg jy gefaal het in jou geestelike groei. Gaan kyk na die wat stil is in hulle harte en wat elke ding wat gebeur vir MY kom gee. Hulle is die wat gegroei het en wat dan krag van MY ontvang het om sterk te wees en nie lelik te raak met die een wat hom te na gekom het nie. MY kinders, julle is heilig vir MY en daarom wil EK nie hê dat julle julleself moet ontheilig met die drek van satan nie. Wanneer jy kwaad raak en vloek of skel of selfs net jou humeur verloor, hou jy jou op met die drek van satan. Keer daarom julle harte heeltemal na MY en luister na MY en julle sal krag van MY ontvang om uit te gaan en MY werk te doen. Dink julle EK kan deur iemand werk wat nie in MY is nie deurdat hy homself vir alles vervies en begin lelik praat met sy naaste? Hoe kan EK iemand gebruik wat nie eers respek het vir sy eie ouers nie. Almal moet respek vir mekaar hê en die een moet die ander dien in MY orde. Ouers moet hulle kinders respekteer met MY liefde, maar die kind moet die ouer ook respekteer en met liefde behandel. EK behandel julle met respek maar sal nie toelaat dat julle MY sonder respek en die nodige eer behandel nie. Wanneer julle dus sonder die nodige respek en eer met of van MY praat, onttrek EK MY en werk EK nie meer deur julle nie. Dieselfde geld vir die verhouding tussen ouer en kind en wanneer die kind dan so met sy ouers te werk gaan, kan EK ook nie meer deur hom werk nie. EK wil hê dat julle onberispelik wandel en handel en nie sonder respek met mekaar omgaan nie. EN dit geld vir almal, van groot na klein. Selfs die oudstes onder julle moet die jongeres met respek en liefde behandel. Die ware naasteliefde wek respek en daarom sal dit oor vir jou n aanduiding wees van jou liefde vir MY. Wanneer jy nie jou naaste, jou ouers, of jou kind met respek en liefde kan behandel nie, het jy nie jou naaste lief nie en daarmee ook nie vir MY nie. Dan kan jy nie vir MY n ware arbeider wees nie en kan EK jou nie gebruik om die oes van die land af te gaan haal nie. Sorg daarom dat julle julleself deeglik dophou en na julleself met ‘n kritiese oog kyk sodat julle julle eie foute kan raak sien en dit aan MY kan oorgee, sodat EK jou kan verander en jy weer vir MY ‘n arbeider en ‘n kind kan wees wat EK teen MY bors kan vashou. Dit is so en nie anders nie.

Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205