LEWENSGEHEIME
GOTTFRIED MAYERHOFER -AFRIKAANS

Hoofstuk 17

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31.

 

Hoofstuk 16

Die lewe (die eintlike wese daarvan)

(ontvang 12 Augustus 1872)

Kyk, agter die woord lê weer soveel geheimsinnigheid, soveel wat verkeerd opgevat is en sleg bewys deur julle geleerde, natuurondersoekers en medici, dat Ek My daartoe gedwing voel om weer `n lig te ontsteek wat in ewigheid moet straal, vir julle en alle toekomstige geslagte!

"Wat is die lewe eintlik?" Wel nou, as Ek die vraag sou wil bespreek soos dit deur julle geleerde manne gedoen word, dan sou Ek net soos hulle op die verkeerde manier konklusies moet trek. Want almal beskou hulle die uitwerking as die oorsaak, die eindproduk as die onderdele, deurdat hulle slegs oordeel na dit wat vir hul sigbaar of konkreet is. As Ek julle die lewe sou wil beskrywe volgens `n voorheen gegewe woord waar in sy verband aldaar staan: `Waar lig is, is warmte en waar warmte is, daar is lewe!', dan sou Ek weer die sigbare werking of die verskyning van die lewe tot die produk uit lig en warmte verklaar. Met die woord van vandag wil Ek julle nóg die een nóg die ander sê, maar Ek wil julle die lewe van `n diepere en hoër, geestelike kant laat sien, om menige twyfelaar en godloënaar mettertyd die oortuigend bewys van sy ongeloof te lewer, sodat ook hy, oortuig deur die steekhoudende beweegredes, nie anders kan as om te glo of te vermoed wat hy tot nou toe met so `n groot hardnekkigheid ontken het.

Wel nou, ter sake; die vraag is dus: "Wat is lewe?".

Kyk, as Ek die kwessie benader soos dit hom aan julle sintuie kenbaar maak, dan bestaan ‘lewe’ oral waar `n verandering, `n wisseling, `n beweging homself manifesteer. Julle sê: Die plant, die dier, die mens leef. Waar die lewe nie sigbaar, na julle gevoel nie merkbaar is soos in die mineraleryk, daar veronderstel julle geen lewe meer nie, maar hoogstens `n wetmatige verandering van die stof, volgens welke ook `n klip, al is dit langsaam of onmerkbaar, `n verandering tegemoet gaan egter, volgens julle geloof, `n onwille­keurige verandering, een wat deur die invloede van ander elemente op die klip bepaal word.

So beskou julle die lewe. Julle plantkundiges toon deur `n ywerige bestudering van die sirkulasie van sappe in die plant aan; so vertel julle, vir sover jul mikroskope en chemiese analises daarvoor toereikend is, hoe die boom, die blad, die blom en die vrug is en waar hulle uit bestaan, julle verklaar die vesels, die kanale en die murg van bome en plante. Hiermee verklaar julle egter slegs die draers en geleiers van die lewe, maar nie die lewe self nie.

Julle anatomie ontleed lewende en dooie diere; julle soek die werking daarvan by die marteling van die eerste of die lewens­loosheid van die laaste vanselfsprekend langs die verkeerde weg, wanneer die lewe verdwyn het. Julle beskrywe die senuwees, die wit en grys massa, as faktore van gevoel en beweging, so verklaar julle die organiese lewe en die dierlike lewe in die mens, en ten dele vind julle ook die middelpunt vanwaar al die lewe uitgaan. Julle beskrywe ten slotte ook die harsings met hul windinge en vertakkinge, hul verwantskap met en afhanklikheid van die ander senuweestelses as die willekeurige en onwillekeurige senuwees, en julle verklaar die struktuur van die senuwees tot die geleier van die wil en die lewenskrag - maar die lewe self weet julle nie om te deurgrond nie. Waarom die senuwee soos `n telegraafdraad die wil van die siel of van die daarin wonende lewe meedeel aan die menslike ledemate, dit weet julle nie. Julle sê slegs dat die senuwee so gebou en geskape is om as geleier te dien; maar die fluïdum wat die telegraaf tot lewe wek, die lewenspotensie self, is vir jul onbekend en sal dit ook bly, solank julle slegs met die verstand soek. Want die gedagte wat in die windinge van die harsings voortgelei word tot by die tong of die skrywende pen, die onweegbare (nie liggaamlike) faktor sal julle, hoewel dit via die harsings kom, nooit met die harsings kan deurgrond nie!

Die gedagte is `n produk van die gees, en slegs die dieper siende geesmens sien en begryp hoe en waarom dit ontstaan het.

Die lewe, wat nog hoër staan as die organiese en dierlike, is om die redes nog minder te verklaar; want nóg die harsingmassa nóg die daaruit ontspringende senuwees sou hom ooit kan sê wie of wat hul in staat stel om die innerlike wêreld aan die uiterlike mee te deel, of indrukke van die laaste in die innerlike op te neem en vir die verdere opbou van die sielemens te gebruik!

Tevergeefs sloof baie materialiste hul af om alle bewegings en verskynsels in die menslike as ook in die dierlike of die plantaardige lewe terug te voer op die chemiese verbindingswette: Die is en bly `n ewige verkeerde konklusie. Want wanneer julle geleerdes jul alle elemente opnoem waaruit jou liggaam of die van een dier of `n plant bestaan, wanneer julle aantoon dat `n bepaalde iets uit fosfor, kalk, yster, sout ens. bestaan, dan wil Ek hul slegs maar sê: Neem al die primitiewe elemente en meng hulle deurmekaar, en sien of daaruit ooit `n slagaar, `n aar, `n senuweestring of selfs `n kloppende hart sal ontwikkel?

Kyk, julle swak blinde geleerdes, julle kan wel sien dat in die organiese lewe bepaalde basiselemente by hul vermenging verbindinge aangaan en weer ander stowwe van `n hoër orde voortbring. Maar `n hele chemiese laboratorium sal uit al die stowwe geen grashalm tot stand bring en nog baie minder `n van organiese lewe voorsiende lewende wese!

Hier is `n ander krag voor nodig, wat die ruwe boustowwe van die klip en mineralewêreld volgens ander wette as die van aantrekking of afstoot verwerk en daar organe, as draers van organiese lewe, uit vorm. Hier hoort `n ander wet by, `n ander lewe, en juis die lewe is vir julle en soveel ander `n geheim en die doel van My woorde van vandag.

Die lewe wat `n klip aanspoor tot sy verandering van vorm, wat hom laat ontstaan, vergaan, of in ander elemente oplos; die lewe wat by die plant die organe opbou, by lewende diere hul instinkmatige leier uitmaak en by die mens al die voorgaande lewe van die klip en die plant saamvat en daaruit die geestelike ontwikkel vir `n ander en ewigdurende wêreld; die lewe laat hom nie met chemiese analise, nie met die mikroskoop of met die ontleedmes vind en klassifiseer nie. Die lewe staan hoër as wat julle swak ondersoekers, glo; want die lewe is geen produk van die materie nie, maar ``n uitloper van My eie, ewige, nooit eindigende lewe!'

Hoe wil julle, eindige en swak skepsels die lewe van die oneindige God afmeet? Julle sien Sy werking in alles wat julle omgewe, julle kan dit vermoed as julle slegs jul eie ek wil beskou, wat vir so baie `n raaisel is en sal bly!

Oral sal julle vind dat daar nog `n ander potensialiteit bestaan as alle soorte lug, as magnetisme en elektrisiteit; want dit is daar alles slegs om die lewe te versprei en die hele sigbare wêreld op te bou, in stand te hou en so na `n geestelike, hoër doel te bring.

Alle ongerymdhede van die here materialiste sal nog deur hulself betreur en vervloek word, wanneer die oomblik aanbreek dat die doodkis oopgaan en die soseer geroemde materiële maaksel, die liggaam, teen wil en dank daarin gelê word en aan die aarde toevertrou word, om weer dit te word waaruit dit voortgekom het. Daar by die brug na die ewigheid sal hulle huiwer vanweë die troostelose uitsig, waarvan hulle hulself en ander wou wysmaak dat dit nie sou bestaan nie, en waar hulle nou tog ook saam gekonfronteer word! Dit sal daar slegs ‘te laat’ wees; hulle sal in `n erbarmlike wêreld aan die ander kant kom, in `n ‘niks’, net soos hulle dit vir hulle voorgestel het. Daar sal hul dan tyd gegee word, totdat hulle hul materialistiese gedagtes oor die skepping afgelê het en langsamerhand `n bietjie geesteslig kan verdra!

Dit sal hul lot wees; `n lot wat nie Ek nie, maar hulle vir hulself berei het. Die apostel Paulus het immers eens gesê: ‘Soos die boom val, bly hy lê’. Ongelowig val hulle, en ongelowig sal hulle daar ook weer ontwaak! Die lewe vanuit die harsings en verstand het hulle, saam met die instrument daarvoor, aan die aarde moes oorgee en die geestelike lewe, wat hulle tydens hul aardse lewensloop ontken het, het tot nul gedaal; wat `n troostelose toestand vir hul daar wag, My kinders, dit begryp julle nie en kan julle ook nie bevat nie!

Maar ons laat hul met hul wysheidswaan maar verder werk, en ons keer terug na ons woord ‘die lewe’; want Ek wil nie die lot van die ongelowiges, maar dit van die gelowiges skets. Dit word julle in die vooruitsig gestel; wat die eerste betref word dit aan elkeen self oorgelaat om dit sodanig vir homself te berei as wat hy goeddink.

Kyk, slegs die lewe soos Ek dit julle getoon het as ‘uitvloeisel van My ewige onverganklike lewe’, weef hom deur die hele skepping, dring in die lig tot in die verste verte deur en bring daar inmiddels vibrasie warmte voort, en bring dan volgens My onomstootlike wette eers die primitiewe elemente daartoe om hulle met mekaar te verbind. So gaan dit, stap vir stap hoër trappe in die anorganiese lewe bereikend, uiteindelik langsaam oor in die organiese lewe, waar deur middel van organe alle vroeëre elemente vir ander doeleindes dien en hulle, van vaste in vloeibaar omgesit, via ander prosesse slegs die nuwe gevormde lewe kan dien.

So word die vroeëre, skynbaar ‘lewelose stof’ tot `n lewende stof, by diere tot sielestof, en uiteindelik by die mens verwerk tot die geestelike.

Die aangename inaseming van die voorjaarslug word nie veroorsaak deur suurstof of koolstof nie, soos julle hulle noem, maar dit is die geestelike, nuwe uit die winterslaap ontwakende lewe wat hom meester maak van die een halfrond van die aarde, terwyl die ander halfrond vir enige maande sy ruspunt tegemoet gaan of snel.

Dit is nie slegs `n materiele welwees of `n materiële invloed wat die berge op die wandelaar uitoefen, wanneer hy daar tussen in wandel, wanneer hy bruisende bosstroompies van steil rotswande sien neerstort, of verweerde klipmassas en sneeuvlaktes hom van onbeklimbare hoogte aanskou; dit is `n baie groter, geestelike vlaag van geestelike lewe in die mens wat hom bekruip, wat hom laat vermoed dat hoog bokant die stom materie in die natuur nog `n ander gees waai, wat vriendelik vir hom sê: "Kyk, klein onbeduidende wandelaar! Dit wat jy hier in my nabyheid sien en voel is God se stem, wat tot jou spreek en hier in `n ewige werksaamheid, tot heil van julle, met weinig middele tevredenheid, rus en geluksaligheid onder julle sou wil verbrei en wat julle sou wil sê:

"Verloor julle mense jul nie so in materiële belange, wat slegs betrekking het op die kort span van die tyd van die aardse lewe nie! Slaan meer ag op julle geestelike vorming! Ons, ou getuies van `n voorwêreldlike natuur, wat daar was voordat julle voet op die aardbol gesit het, ons getuig vir julle voortdurend van God se grootheid, van Sy almag, van Sy liefde! Sluit jou by ons aan! Wees eenvoudig en steeds onversteurbaar soos die natuur, en julle fisieke en ook geestelike lewe sal hom nie soos ons waterlope bruisend en rasend tussen rotse en nou passe `n weg moet baan, maar dit sal dan langsaam en sag tussen blomryke weiding en skaduryke bosse sy bestemming tegemoet gaan!

Beskou die lewe as `n uitvloeisel van die gees van julle Skepper, deur Wie se magtige wil ook ons opgehef word, om eenmaal weer verweerd na die laagte te sink; as harde gesteentes staan ons hier, weer en wind trotserend, tot ook ons elemente, ons lewe ryp geword het vir `n hoër vlak en oor kan gaan in `n ander, hoër lewe".

So spreek die berge tot julle, so spreek die geestelike lewe in hul tot julle gees, wat in die neervallende water geen water en in die met sneeu bedekte top van `n berg geen koue sneeu, maar geestelike ooreenstemminge kan lees, wat voeding is vir sy siel en voedsel vir sy gees!

Versorg die lewe goed, en verstaan so die lewe op dat, weliswaar gelei langs vate en senuwees, julle iets kenbaar maak wat hoër en groter is as slegs die aantrekking en afstoot of assimileer van verwante chemiese elemente; dan sal julle makliker begryp dat julle harsings met hul windinge wel daar moet wees om aan julle die lewe mee te deel en dit in stand te hou, maar dat dit alles slegs geleier, reservoir en verspreider is van `n hoër lewe, wat aan die dierlike asook aan die organiese en anorganiese lewe die impuls tot manifestasie gee, maar tog nie die lewe self is nie! Bekla almal wat die uitinge van die vegetatiewe lewe as die hoofsaak beskou en geen hoër, bokant alle verkeerde toestande van die lewe verhewe, geestelike lewe wil erken nie! Arme skepsels! Hulle kwel hulself met die materie, wat hul niks kan verskaf, niks kan vergoed nie; hulle moet `n groot hoeveelheid salige indrukke en ure ontbeer, waar diegene van geniet wat `n hoër lewe erken en hom daarmee kan troos wanneer die aardse, die materiële hom juis die stof in wil trek waar hy uit gebore was!

Ja, My kinders, daar bestaan `n hoër lewe; `n lewe wat ver bokant al die verganklike uitgaan, wat selfs in `n klip onverganklik is. Want ook hy verander slegs sy vorm en sy chemiese samestelling, maar tot niks word hy ook nie. En wat in die klip reeds oneindig is, omdat dit van My kom, wat in die plante en diereryk en in die menslike ras nog sterker uitgedruk is, dit is die band wat die materiële met die geestelike wêreld en hulle beide met My verbind!

Hoe meer die gevoel bestaan dat dit wat die kloppende hart in beweging sit en dit wat die siel tot denke aanspoor geen meganiese kraginspanning is as produk van materiële faktore nie, des te meer verhef die bewussyn van `n hoër, geestelik lewe hom, wat nog verder bokant die verganklike kragsuitinge van dierlike en organiese lewe uitgaan en nog voortduur, daar waar alle materie ophou.

So moet julle die lewe, die strewe om verder en hoër te kom, opvat; dan sal julle in die kleinste monade of infusiediertjies nog `n hoër lewe ontdek, wat nie afhang van die bestanddele van die nietige skepsel nie; maar julle sal begryp dat alle organe van die diertjie, ook al is hulle vir julle nie sigbaar nie, net soos die grootste wêrelde tot lewe gewek word deur en deurdrong is van dieselfde krag, wat die diertjie na vervolmaking stu.

Dit geestelike lewe uiter hom natuurlik deur die vegetatiewe, die organiese, omdat dit nie anders moontlik is nie; dit is dit egter nie self nie, maar dit staan hoër en is duursamer as al die ander.

Die organiese lewe uiter hom slegs solank daar organe aanwesig is, solank dit geskik is om hul funksie te vervul. Is die organe nie meer werksaam nie, dan verdwyn weliswaar skynbaar die lewe daarin, maar die aandrif wat hulle tot werksaamheid aanspoor, het nie opgehou nie; dit is slegs maar nie sigbaar vanweë die feit dat die organe nie in staat is om haar in hom op te neem nie.

My geestelik lewe het nie opgehou nie; want as dit so nie verder kan gaan nie, voer dit die materie via die oplossing daarvan weer tot nuwe kombinasies, waarby op hoër trappe en in ander omstandig­hede die lewe opnuut begin, om so die doel, die toekomstige terugkeer tot My, nader te kan benader!

So is lewe, as ewige uitstromende geestesvonk uit My, dit wat die eerste atome in die groot eter die krag gee om hom te verdig, daaruit planete en sonne te maak, hul met alle wondere van die skepping toerus, hulle bevolk en hulle eenmaal langs dieselfde weg sal teruglei om uit die oorgeblewe reste weer ander, geestelike en hoër woninge vir vryer, groter geeste op te bou.

Die lewe uit My is oneindig, en die werke daarvan ook! Wie sy eie lewe of die lewe van die omgewende wêreld nie op die manier begryp nie, die begryp nie wat ‘God’, wat ‘Skepper’ beteken; die begryp nie die gedagtes van `n liefhebbende Vader nie, wat tog alles doen en laat doen om deur Sy skepsels bemin, geëer en ook geken te word; die begryp nie waarom Ek nou meer as ooit boodskap na boodskap, lig na lig na julle stuur, sodat julle nie in die duister sal wandel en nie met vooroordele en verkeerde opvattinge stry nie, maar die eintlike lig van die ware lewe mag sien, wat julle tog met elke klop van jul hart toeroep dat elke hartslag `n genadegawe, `n uitvloeisel is van die goddelike lewe, wat nooit `n begin of einde sal hê nie.

Neem julle die woorde ter harte! Bewaar hulle daar en verwerk hulle; want dit is die plek waar geestelike lewe, gedra deur die organiese lewe, julle liggaam binnestroom en julle gesondheid, seën en vrede kan verskaf.

So sou al My woorde langsamerhand alle leemtes opvul, alle twyfel verdring en julle steeds meer die sekerheid gee dat julle nie in `n materiële, maar nou al in `n geesteswêreld lewe; die materie is daar slegs die growwe bekleding wat verander, terwyl die eintlike geestelike, hom hoër as lewe manifesteer en voortdurend en ewige blywend is.

Daar bestaan geen abstrakte materie, maar slegs die gebonde geestelike. En dit is die wat die eerste tot vormverandering aanspoor en hom in vorms uitdruk, van die anorganiese tot die organiese, en van daaruit oorgaan na die eintlike oorsprong daarvan, die geestelike.

Alles wat hom in die sigbare wêreld aan julle sintuie voordoen is dus slegs die middel tot die doel; die oorsaak lê dieper en is as geestelike lewe slegs met geestelike sintuie te vermoed en vir `n deel te bevat nie.

Daar lê die oorsprong van `n nooit opdrogende lewensbron. Daar is die groot elektriese battery, wat langs sy telegraafdrade sy impulse na alle wêrelde uitstuur om alles tot vooruitgang en vervolmaking aan te sit. Daar lê die lewe, die geestelike basiselement wat, ewig soos Ek self, slegs die geestelike tot doel het en slegs die geestelike nastreef, alhoewel dit hom na gelang van die organe van materiële middele moet bedien.

Dit geestelike lewe sal hom solank van die middele bedien as wat dit nodig is; is alles eenmaal vergeestelik, dan sal ook sy werksaam­heid intensiewer en magtiger word. Wat nou langs langsame, materiële weë moet gebeur, sal daar in `n kort tydsbestek en met volkome mag uitgevoer word, soos Ek met My wil dadelik wêrelde kan laat ontstaan of vernietig, wanneer My groot plan dit vereis en Ek nie die weg van die langsame ontwikkeling wil volg nie.

Julle ken nie die krag van die geesteslewe nie, maar julle kan daar wel `n vermoede van kry, en die woorde moet dien om julle daartoe te bring, sodat julle steeds in die oog moet hou dat julle as `kinders van `n geesteswêreld' die geestelike in julle het en vir die ontwikkeling daarvan meer moet bestee as aan die materiële, aardse, vlugtige wat slegs van korte duur is, terwyl die ander ewig by julle, ewige skepsels, sal bly.

Julle lewenswandel het dus een bedoeling, en julle toekomstige oorgang na die ander lewe het `n welbepaalde doel, naamlik om die tyd te benut om van die in julle gelegde lewenskapitaal sodanig gebruik te maak dat dit julle aan ander kant die korrekte rente en vrugte sal oplewer! Amen!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205