LEWENSGEHEIME
GOTTFRIED MAYERHOFER -AFRIKAANS

Hoofstuk 31

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31.

 

Hoofstuk 30

Vrymesselaars

(ontvang 7 Mei 1870)

As julle wil weet wat die Vrymesselaars teenswoordig is, kyk dan maar na die huidige Christelike kerklike kultus; sien, dit is op die skyn gerig, en so is dit ook by die huidige vrymesselaars. In inhoudslose seremonies en frases stel hulle hul hoogste belang. Die doel, om die mense te help, hou hulle voor; want alhoewel konings en keisers en ander hooggeplaaste persone lede daarvan is, kan julle uit hul handelwyse aflei of die regte van die mensdom hul inderdaad so na aan die hart lê.

Wat Ek eens vir die Essene gesê het, naamlik dat hulle niks in die geheim, maar alles openlik moes beoefen*28, dit sou ook teen die huidige Vrymesselaars gesê moet word. By hul geld weliswaar as grondslag: Alle mense het gelyke regte, almal moet `broeders' wees; ja, dit was en dit is hulle, maar slegs in die losie (`n streeksgroep van Vrymesselaars) self. Daarbuite hou alle gelykheid weer op, en die koning is weer koning, en die onbemiddelde mens stel in teenstelling tot hom niks voor nie, daar hy slegs maar as `n middel tot die doel gebruik word.

Weet julle wat die Vrymesselary eintlik moes wees? Selfs volgens die statute van die teenwoordige genootskap: Niks anders as die verteenwoordiging van die beoefening van My tweede gebod, die naasteliefde!

Hoe mooi en hoe verhewe sou dit wees, as in die sin alle mense Vrymesselaars sou wees; egter nie maar net in hul vergaderings nie, maar gedurende hul hele lewensloop – dan sou vir My ryk al verreweg die meeste gewen wees. Solank dit slegs by seremonies bly is dit in die reël ook, net soos by kerklike seremonies, leë klatergoud, waaraan weliswaar iets baie hoërs ten grondslag lê, maar waarvan die huidige mense wat die rites bywoon, oftewel van die eintlike grondslag niks weet oftewel nouliks daarvolgens gehandel het!

Wees ook julle Vrymesselaars, maar in die edelste sin van die woord! Ondersteun die armes soos julle broeders. Doen alles wat julle doen, asof dit voor almal se oë gebeur, dus openlik; ook al vind julle daad in die geheim plaas, dit is voldoende as julle jul nie hoef te skaam vir My alsiende oog nie – bekommer jou maar nie teveel oor die ander nie!

Wanneer julle so die mure van My leer opbou, vry en openlik, sodat iedereen dit kan sien, dan het julle vooraf die reg om die titel ‘Vrymesselaar’ te dra en te verdien as diegene wat slegs deur bepaalde tekens met die hand en ander niksseggende aanduidinge mekaar hul broederskap te kenne gee!

Volg so My leer, dan sal Ek self die vernaamste ‘Vrymesselaar’ en julle President (‘sittende meester’) wees; dan sal ons binne `n kort tydjie `n (seënryke, beskermende) muur van waarheid en liefde opgetrek het, wat nóg deur historiese gebeurtenisse nóg deur natuurrampe nóg deur politieke gebeurtenisse omver gewerp kan word!

Dit as toeligting op die Vrymesselary en die lede daarvan, soos hulle eintlik sou moet wees, maar helaas nie is nie; en hiermee is genoeg daaroor gesê vir vandag. Amen!

 

*28 Grote Johannes Evangelie deel VIII, hfst. 194.


 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205