LEWENSGEHEIME
GOTTFRIED MAYERHOFER -AFRIKAANS

Hoofstuk 4

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31.

 

Hoofstuk 3

Gesondheid, siekte en dood

(ontvang 13 Julie 1870)

3 Hier het jy weer drie woorde waarvan, in hul natuurlike betekenis geneem, maklik te ontsyfer is wat hulle eintlik beteken.

Gesondheid beteken die normale toestand van julle vegetatiewe lewe, wanneer alle organe hul funksies vervul soos hulle moet doen; daardeur besorg hulle julle geen moeilikheid by die volg van julle lewensroeping nie, net soos by jou geestelike ontwikkeling en materiële dinge.

Gesondheid, ware gesondheid bestaan daar in `n liggaam slegs wanneer die mens hom van die bewegings en funksies van sy organe nie bewus is nie. Waar `n versteuring in die bewegings intree, daar `n orgaan (of verskeie betrokke organe) hom in teenoorgestelde sin gedra: Die besorg van ongemak of pyn, die siel word bedroef aangesien sy haar belemmer voel in haar werking deur die liggaam, en uit die onbehaaglike gevoel ontstaan dit wat julle siekte noem.

As die toestand die oorhand kry en nog meer organe hul diens weier oftewel in hul funksies gesteur word deur slegs lydende organe, dan brei die gevoel van onbehae hom verder uit en word die hele lewensproses daardeur onderbreek. Wanneer die reëlmatige opneem van nuwe en uitskeiding van die verbruikte lewensstof ophou, tree uiteindelik in die hele masjien die onvermydelike stilstand in, wat julle `dood' noem.

Bygevolg vind die ontbinding plaas van die afsonderlike wese se byeengehoude liggaam in sy vroeëre primitiewe elemente. Maar die siel, ontdaan van haar omhulsel, moet omsien na `n ander kleed, `n ander liggaam, aangesien die vorige nutteloos geword het en nêrens meer vir gebruik geskik is nie.

Die skynbaar liggaamlike lewe het opgehou en daar begin `n geestelike lewe, wat met al sy vlakke en gradasies die gang na bo of benede volg, na gelang van die neiging van die siel; `n nuwe geestelike lewe, waarin die funksies van die liggaam deur funksies van die geestelik lewe vervang word en, deur homself te ontwikkel, vervolmaak te word.

Dit is die verloop van die lewe aan die ander kant. Omdat die verloop egter makliker en sagter word, moet die gesondheid van die liggaam op die materiële aarde ook die gesondheid van die siel soveel moontlik nastrewe en daar gelyke tred mee hou.

Want soos gesondheid van die liggaam die welbevind daarvan veronderstel en bevorder, so veronderstel omgekeerd die gesondheid van die siel die van die liggaam, waarby die geestelike funksies van die siel nie versteur word deur wolke en vertroebeling van hartstogte nie.

Waar die in die mens wonende gees reëlmatig sy invloed kan uitoefen op die siel, daar is ook die liggaam gesond, ja hy sal sowel as geheel dan in sy afsonderlike dele die morele skoonheid van die siel in haar vorms op ooreenkomstige wyse uitdruk; soos dat meestal die geval is in die gesig van die mens, waar alle neiginge, dwalinge en hartstogte van die siel hom onwillekeurig afspieël. Julle kan slegs die taal van golwende en hoekige lyne, wat op elkeen se gesig die toestand van sy siel aandui, nie lees nie; anders sou julle in die ware sielespieël so menige dinge waarneem wat julle in plaas van na baie mense toe te trek jou van hul sou laat afkeer.

Ek het wyslik dit nie toegestaan dat die geheim van die gelaatsuitdrukking, soos My geliefde Lavater*7 dit homself voorstel, aan almal onthul sou word nie. Want deur die helder lees van die karakter van elke mens in sy eie gesig sou vir baie mense die voortgaan na geestelike verbetering bemoeilik en selfs vir menige mens onmoontlik gemaak word.

En dus laat Ek toe dat onder die dekmantel van `n vleiende praatjie of aangeleerde beleefdheidsmaniere ook `n duiwel die geselskap van goeie mense binne kan kom sonder dat die ander daar die minste vermoede van het, en so is deur middel van die woord die weg in die maatskappy nie afgesny nie, om ook uit die mees afgedwaalde wesens mettertyd nog iets beter te maak. Dit sou onmoontlik wees as elkeen onmiddellik sy naaste aan sy gelaatstrekke sou ken en weet wie se geesteskind hy is. Want elkeen sou hom beslis ver hou van die slegte mens; en vir die slegte mens sou niks anders oorbly as die omgaan met sy gelyke oftewel isolering en die mis van die moontlikheid om hom te uiter, wat hom vervolgens nog erger sou maak as wat hy tevore al was.

Aan die ander kant is dit ewenwel anders; daar ken elke gees die ander by die eerste aanblik. Hy kan dus vermy wat sleg is en hom voeg by hulle wat aan hom gelyk of beter is. Vandaar die groot moeilikheid om homself daar te verbeter; want daar is kennis die vernaamste, en is so verberg soos dit hier op die wêreld is.

Span julle jul daarom in, My kinders, om gesonde siele te hê. Lê die invloede van die gees geen belemmeringe in die weg nie en bestry alles wat julle siel sou kan bevuil en wel ook op julle gesig onaangename indrukke sou kan agterlaat.

Wees daarvan verseker dat julle die afdrukke van hardstog op jul gesig en in julle uiterlike, soos die van die hand en die houding van die hele liggaam, en al heeltemal in die naar-geestige vir julle onverklaarbare lig wat uit die oog stroom, nie in jou mag het nie. Daarby help geen verborgenheid van gedagtes nie. Julle mag hulle so geheim moontlik hou of met ander woorde versluier, maar die indruk van `n naar-geestige of bose blik kan julle nie verberg nie. En wanneer so `n blik `n oog ontmoet wat helder en hom van geen skuld bewus is en die oog onaangenaam raak, maan dit die siel vervolgens tot terugtrekking, deurdat hier agter blomryke woorde en maniere die slang van verraad loer.

Lê jul daarom toe op die gesondheid van julle sielle, sodat julle oog helder en opreg elkeen vry in die gesig kan kyk.

Wees daar seker van dat daar niks geestelik groots in die mens bestaan wat sy hoër afkoms en sy van My geërfde adel meer laat sien as `n besielde oog, `n blik vol mildheid, sagmoedigheid en liefde!

In die oog weerspieël hom uiterlik die hele materiële natuur; uit die oog straal die hele geestelike wêreld, van die hoogste hemele tot die laagste hel.

Solank julle My woord in julle hart dra, solank julle aan My en nie aan die wêreld hang nie, solank sal julle siel ook gesond, ja steeds gesonder word; totdat haar gesondheidstoestand sodanig uitgroei dat die liggaam, wat ten behoewe van die vroeëre toestand gesond gewees het, nou nog `n belemmering vorm vir julle siel by haar voortskryding. Dan het die siel, deur My leer, My woord en My genade vergeestelik ook `n geestelike en geen materiële omhulling as orgaan meer nodig nie.

Het die toestand ingetree, sal Ek die las wat julle gedurende julle aardse lewe met julle rondgesleep het, van julle afneem en hom omruil vir `n eteriese liggaam; dit laat nog gevoeliger julle innerlike deurskyn en sal geheel die vorm aanneem wat ooreenkom met julle innerlike ek.

Word daarom geestelik mooi; aan die ander kant sal julle ewe-eens `n geestelike bekleding hê wat sal ooreenkom met die jeugdige en nie verwelkende skoonheid van julle gees en wat steeds mooier, steeds verhewener en deursigtiger sal word.

Soos siekte van die liggaam `n versteuring is in die funksies van sy organe, so is ook die nie volgens My wette lewe en die nie na My leer lewe `n versteuring van die funksies van die siel. Sy word deur wêreldse begeertes of deur hartstogte van die siel (soos haat, toorn, heerssug, ens.) van die eintlike weg afgetrek; sy leef dan `n skynlewe en geen ware lewe in die gees nie. Sy leef vir die begeertes van haar materiële deel, word daardeur ten slotte self materieel, verloor haar hele bestemming uit die oog en loop so haar hele opgawe en missie op die aardbol mis. En die aarde sou `n beproewingskool moet wees om hier hartstogte in die begin te leer bedwing en sulke dinge in die vervolg geheel te verwyder, en om soos `n geestelike suiwer klank in My geestelike sfere aan te kom.

Kyk, in plaas van na geestelike gesondheid te strewe het die wêreldse siel dus aan geestelike siekte die voorkeur gegee; in plaas van dat dit haar verlange sou moet wees om die kwaad steeds af te skei en nuwe goeie dinge, nuwe lewe op te suig, het hulle juis die omgekeerde gedoen; in plaas van na die lewe het hulle deur siekte na die dood oorgegaan! Reeds by die liggaamlike lewe het hulle geëindig; in plaas van die liggaam vir haar doeleindes te gebruik en dit te vergeestelik, het hulle al die edele wat Ek as rentegewende goed gegee het in homself beliggaam en het die dinge van siel en gees verloor; hulle het `n suiwer liggaam geword oftewel met ander woorde, het hulle `n geestelike moord op hulself gepleeg!

Wanneer alle hulpmiddele nie meer baat om so `n siel weer uit haar beliggaming te ruk nie, is Ek gedwing om die omhulsel, waarin so `n siel hom ingegrawe het, te likwideer. (af te neem)

Wat vir `n bekleding hulle in die ander wêreld sal hê en hoe dit daarruit sal sien, dit kan julle jul maklik indink! Beslis geen kleed van lig nie, aangesien hulle immers op die aarde daar al geen vriende van was nie, maar `n vriend was van die teendeel, die materiële, die duisternis.

Hier het jy die drie woorde, onderrigtend en waarskuwend vir julle en vir almal wat dit eens sal lees.

Mag almal goed nadink oor wat hulle doen en op welke weë hulle gaan! My wette van die materiële en geestelike wêreld is onveranderlik, en die materiële swaarte kom ooreen met die geestelike intensiteit. En dit is soos My Paulus sê: "Soos wat die boom val, bly hy lê". Wees daarop bedag dat julle nie soos nuttelose half verrotte hout val nie, maar soos groeiende groen takke en latte ten behoewe van `n beter en mooier lewe!

Wanneer die dor boomstam val bly hy leweloos lê, sonder beweging. Daar is geen aandrang of nog lewende elemente in hom wat hom tot verdere lewe sou kan aanspoor nie. Hy ontbind en verrot en gaan oor in ander elemente, wat binne die kortste tyd geen spoor meer in hom dra van sy vroeëre vorm as bestanddele van `n boom nie.

So is dit nie met die groen takke en latte nie. As hy op vogtige grond val waar hom nog maar die minste voedingskragtige elemente in die ondergrond bevind, stuur hulle maklik wortels die vrugbare aarde in, begin hom te verhef, voel hom vertroud in sy nuwe bestaan en bring blare, blomme en vrugte voort; en na gelang van die bodem is, is ook die produkte.

Die edele van die tak, verenig met edele elemente van die aarde, verander die gevalle takkies in `n mooier en edeler soort en bring hulle `n vlak nader aan hul bestemming.

Ook julle, My kinders, moet probeer geestelik eg gesond te word. Verwyder alle roes van geestelike siektes, en wanneer julle ook ten slotte `n beter bekleding nodig het as wat julle materiële liggaam tot nou toe was, val dan soos die lewe vervulde takkies op My lewensvatbare geestelike bodem, waar liefde die bemestingstof is en deemoed en naasteliefde die aarde vorm. Strek daar julle arms soos wortels uit in die aarde en na die bemestingstof; laat julle daar veredel, sodat uit die hier uitgesaaide saadkorrel daar `n edel tak en (deur toedoen van die nuwe aarde) nog hoër, geestelike vrugte daaruit voortkom. So sal julle altyd maar verder deur julle dade en liefde tot My, waardeur julle vrugte steeds meer veredel word, steeds edeler vrugte en hoër, geestelike produkte oplewer, steeds nader aan Hom kom, wat julle al so dikwels met geestesvrugte van die ander wêreld gevoed het en julle as drank die ewige lewenswater vir julle dorstige siele gegee het.

In welke vorm Ek julle ook geestelike voedsel aanreik, vergeet nie dat dit altyd slegs maar My sorg is dat julle as gesonde siele nie behep met siekte vir die dood, maar vir die lewe grootgemaak word.

Tot sover vir hierdie oggend, met My Vaderlike seën vir julle, My kinders van julle goeie Vader! Amen!

Jhann Kaspar Lavater*7 (1741-1801) stel `n leer op waarin vorme en okenmerke van gelaat en skedel op bepaalde maniere die lewe van die siel weerspieël (die `leer van die gelaatskunde' of wel fisionomie).


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205