Boek 11 - Die Drie-eenheid
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 1

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14.

DIE EWIGE DRIE-EENHEID
BD 662 - 11 November 1938
Wees jy steeds bewus van die groot barmhartigheid waarin jy jou bevind en bly altyd gewillig om jou opgelegde taak uit te voer en die Heer sal jou seën. Verneem dan vandag dat jy kortliks die Ewige Drie-eenheid moet verduidelik. (gespreek tot B .D = opm.v/d uitgever)
Dit is `n probleem wat u, as mens baie las besorg en tog so buitengewoon maklik te verstane is, want die Godheid is slegs alles in Een Wese. In Homself verenig die Wysheid, die Liefde en die Mag van die Wil. Wanneer daar van `n Drie-eenheid gepraat word, dan is dit steeds net die alomvattende begrip van die Liefde as VADER, die Wysheid as SEUN en die Wil as Heilige GEES. Want die Liefde van die VADER laat alles ontstaan wat is - vervolgens plaas die Wysheid van God dan al die geskapene op hulle korrekte plek en ken daarvandaan hulle bestemming toe en die Gees van die Wil bring dit heeltemal tot lewe en maak die bestaan daarvan veilig. Alleenlik so, dat alles in die een ewige onverganklike Godheid verenig is, omdat God van ewigheid af die alomvattende begrip is van alle Liefde, Wysheid en Mag, is die mees begryplike oplossing van die probleem te vinde, maar waaruit die mens vir homself gereeld `n verkeerde opvatting vorm en daardeur die verkeerde verklaring van die drie Godhede gee. Die lewende verhouding van die kind tot die VADER gee die korrekte uitleg baie maklik, dat God tog alles in alles is en dat daar geen enkele skeiding moontlik is nie, met die gevolg dat alles in God Self ook moet verenig.
Die mense met hulle ontoereikende begripsvermoë probeer ook menslike grense aan die ewige Godheid stel en skep in hulle eie gedagte `n vorm wat vir hulle die ewige Goddelike na eie goeddunke en denkbeelde, moet personifieer. Elke personifikasie van God is `n verkeerde opvatting, want `n Wese wat alles in Homself verenig en wat in Sy volheid van Lig en Krag nie voor te stel is nie, kan nie in `n persoon tot uitdrukking gebring word nie. Maar om die voorstellingsvermoë vir die mense moontlik te maak, het hierdie ewige Godheid Homself in `n mens beliggaam, sodat die uiterlike van Hom nou wel voorgestel kan word, wat nou as God se Seun vir die mensdom verstaanbaar geword het.
In hierdie Seun van God het die Liefde en Wysheid, asook die Wil en die Almag verenig en wederom kan daar niks van mekaar geskei word nie. Deur die dood van Jesus aan die kruis, is die Mag van die dood gebreek, dit wil sê, dit het nou vir die mens moontlik geword om deur hulle eie wil die kwaad te kan oorwin. Die wil was tegelykertyd krag en so kom die Krag uit God van nou af ook die gewillige mens op aarde toe, om sy wil in daad om te sit en homself so te verlos. Hierdie Krag van die Heilige Gees is wederom `n uitstraling van die alles in Homself bevattende Godheid, maar nooit `n persoon op sigself nie. Om so 'n probleem met die verstand te wil deurgrond, sou maar net tot `n steeds groter dwaling lei, want u as mens, het vir uself iets gevorm wat juis te menslik was, wat die waarheid nie in die verste verte benader het nie, toe u die Godheid vir uself in `n drievoudige vorm probeer voorstel het.
Amen

 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205