Boek 11 - Die Drie-eenheid
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 12

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14.

"GOD STUUR SY SEUN NA DIE AARDE"
BD 8263 - 3 September 1962
Ek het My Seun na die aarde gestuur. `n Wese wat uit My ewige Oerliefde voortgekom het, Wie Sy hele Liefde op My gerig het toe `n groot leër van My oergeskape geeste van My afgeval het, Wie My as Sy VADER van ewigheid erken het; ofskoon Hy My nie kon sien nie, wou Hy My Sy oorgrote Liefde toon, deurdat Hy die ontrou geworde kinders vir My wou terugbring deur `n daad van eenmalige aard. En omdat Sy liefde Hom daartoe aangespoor het, het Ek dit toegelaat. Ek het My toestemming gegee dat die Wese na die aarde afdaal, dat Hy vanuit die ryk van die Lig, waarin Hy onmeetlik geluksalig was, Homself in `n duister gebied sal begeef, in die ryk van die gees Lucifer wat My vyandig was, wat as eerste van die gevalle wesens Sy teenpool geword het.
Ek het My Seun na die aarde gestuur, Wie Homself aangebied het om vir My Self op aarde as omhulsel te dien, omdat Ek alle gevalle wesens te hulp wou kom in hulle groot geestelike nood. Want die terugweg na My toe was vir hulle afgesny, hulle sou vir ewig op `n oneindige afstand van My af moes bly in `n toestand van eindelose kwelling en ellende. Maar almal was My skepsels wat uit My Liefde en Mag ontstaan het deur die wil van die eersgeskape Wese Lucifer, wat in die allereerste begin die grootste geluksaligheid daarin gevind het om skepsels te verwek met gebruikmaking van My Krag. Dat hierdie oergees, wat Ek as My Ewebeeld buite My geplaas het, geval het, sou Ek wel kon verhinder, maar Ek het dit nie gedoen nie, omdat Ek tog in My Liefde en Wysheid `n ontwikkelingsgang gesien het van `n volledige vergoddeliking van die gevalle wesens, met die einddoel van kindskap van God, wat egter in vrye wil bereik moes word.
Die wil van die gevalle wesens was egter deur die invloed van die aan My vyandiggesinde Gees Lucifer in so `n mate verswak dat die wesens nie in staat was om ooit vanuit die diepste diepte weer verhoog te word nie, as Ek hulle geen hulp sou verleen het nie, wat nou ook van My kant af aan die wat wil gegee was, deur die toestand van "jy moet"- dus volgens My Wil die afgelegde gang deur die materiële skepping.
Maar ook dan was die wesens nog totaal kragteloos, omdat hulle My Liefdekrag eens afgewys het en hierdie Krag om opwaarts te gaan slegs deur die liefde kon verkry. Maar hulle het onbekwaam geword om lief te hê. In My oorgrote Erbarming het Ek wel `n liefdesvonkie in hulle gelê, op hulle laaste stadium van hulle weg van terugkeer na My toe. Tog bly die ontsaglike las van die oersonde, die opstand teen My as hulle God en VADER, in die toestand van die helderste insig op elkeen van die gevalle oergeeste druk, want hierdie las moes gedelg word volgens die wet van goddelike Geregtigheid, daar moes genoegdoening (skadeloosstelling) verskaf word, wat hierdie gevalle wesens self nooit tot stand sou kon bring nie.
En daarom het een Oergees wat by My gebly het, Homself aangebied om die werk van boete op aarde te verrig, omdat Sy liefde vir My en vir die gevalle broeders so geweldig was, dat Hy van voornemens was om alles op Homself te neem wat die taak van die versoening in smart en lyding geverg het. Want Hy wou as "mens" oor die aarde gaan, Hy wou Homself beliggaam in die menslike omhulsel Jesus en `n lydensweg gaan wat die hoogste liefde geverg het en wat dan ook die manifestering van die ewige Godheid Self in Hom moontlik sou maak. Want Ek kon alleen maar wees waar liefde is. Ek kon Myself slegs met die liefde verbind en vir My daarom een opnamehouer kies om My intrek te neem, wat Homself geheel tot liefde sou gevorm het
Die Siel van Jesus het weliswaar die liefde vir My saamgebring na die aarde, maar die gebied wat Hy by Sy geboorte betree het, was die ryk van Lucifer en hierdie Siel was deur hom in die noute gebring. Alles wat Hom omgeef het, was deel van Lucifer en omdat Hy dit op Homself geneem het om as mens `n missie te volbring om Sy gevalle broeders te red, mog Hy ook nie die Krag van die liefde, wat Hom as "My Seun" ter beskikking gestaan het, gebruik het om Homself te verweer teen dit wat Hom bedreig het en dit van Homself af te skud nie, maar Hy moes net soos Sy medemense worstel om dit wat Hom bedreig het, te verlos deur `n lewenswandel in liefde - wat daarom nie so maklik was om te doen nie, omdat die vernietigende geestelike Hom probeer verhinder het en Sy menslike buitekant net so gereageer het op alle versoekings, dus moes Hy met Sy Siel daarteen gestry het, totdat die liefde in Hom steeds sterker begin deurbreek het en Hy daardeur ook Sy liggaamlike omhulsel vergeestelik het, dus die Lig van Sy liefde steeds helderder gestraal het en Hy dit gedoen het wat die teenstander Hom wou belet: Dat Hy `n bomenslike lyding en sterfte verdra het uit liefde, dat Hy dus die liefde geplaas het teenoor My vyand en Hom deur die liefde oorwin het - dat Hy My Geregtigheid voldoening verskaf het en die koopprys betaal het vir die siele wat die teenstander nou nie meer kon gevange hou nie.
Dus het die Liefde die werk van erbarming volbring, wat Hom heeltemal vervul het en hierdie Liefde was Ek Self. Maar "My Seun" moes deur hierdie duisternis, deur die ryk van Lucifer, heengaan en daarom Sy Lig en Sy Krag, wat Hy as nie-gevalle Oergees besit het, agterlaat. Hy moes, netsoos elke mens, in dieselfde swakheid die aardse lewe begin, want Hy moes die mense die weg toon om weer na My toe terug te kom, die weg van die liefde en die lyding, vir wie die mens Jesus sy medemense waarlik voorafgegaan het en Ek daarom in Hom My intrek kon neem, omdat Sy Siel nie deur die oersonde belas was nie en Sy liefde Hom die Krag gegee het om ook sy menslike liggaam te vergeestelik, sodat Hy dus sonder enige sonde deur die aardse lewe gegaan het. Want sonde is slegs dit wat strydig is met die liefde. En omdat Ek in die hart van elke mens `n vonkie van My goddelike Liefde gelê het, is elke mens ook in staat om die liefde te ontsteek en aan te wakker tot die hoogste gloed.
Dus word daar niks onmoontlik van u mense verlang nie, omdat slegs die swakheid van wil u kan hinder by die werksaam wees in liefde en u te alle tye vir Jesus Christus om versterking van u wil kan vra, omdat dit een van die barmhartighede is wat Hy deur Sy dood aan die kruis vir u verwerf het. En hierdie barmhartighede van die verlossingswerk sal u mense moet gebruik, omdat Sy werk van erbarming nie tevergeefs vir u gebring was nie, omdat u in Jesus My Self sal herken, wat My intrek in Sy omhulsel geneem het, om u van u sondeskuld te verlos.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205