Boek 11 - Die Drie-eenheid
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 14

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14.

GELOOF EN LIEFDE LEI TOT DIE VERENIGING MET GOD
B.D 8973 - 9 Mei 1965
Wanneer u My eindelose Liefde vir uself voor oë hou, wat die bitterste lyding en sterwe vir u sonde op Homself geneem het om weer vir u die poort na die ligryk te open, dan sou die werk van versoening u alleen al moet aanspoor om My weer lief te hê met alle innigheid waartoe u in staat sou wees. Maar juis daaraan ontbreek dit u, u sal so 'n liefde nie meer kan opbring nie, omdat My teenstander u nog gevange hou en hy alles sal doen om u te verhinder in die werksaamheid in liefde.
Maar dat u heeltemal tot niks in staat sou wees nie, is nie die geval nie, omdat u `n klein Vonkie van My Liefde in u dra, wat u maar hoef te voed dat sy tot `n helder vlam in u sal groei. Maar wederom is u wil, wat vry is, daarvoor nodig en wat nóg deur My, nóg deur My teenstander gedwing word. En hierdie vrye wil maak alles moontlik. Hy kan die innigste band met My tot stand bring, maar hy kan homself ook heeltemal aan My teenstander oorgee - dog is net die geringste wil na My toe al voldoende, sodat Ek vir u Krag sal skenk en My eindelose Liefde voortdurend vir u sal bewys. En wanneer u nou vir My Self in Jesus aanroep vir hulp teen hom (Lucifer), sal u wil versterk word en sal u ontsnap van My teenstander, want u streef na die Lig, u leef u aardse lewe doelbewus en bereik ook die laaste doel, naamlik die vereniging met My.
Maar wat moet u nou alles eers doen sodat u lewe nie nutteloos is nie? Vir eers sal u moet glo in `n Mag Wie u geskape het. Wanneer u hierdie Mag erken, sal dit vir u maklik wees om met Haar deur middel van gedagtes in verbinding te tree, want die geloof in My is al `n bewys dat u uself wil losmaak van u huidige heer, want hy sal probeer om elke geloof wat in u is aan die wankel te bring. Maar u het u vanself na My gekeer en Ek sal u help om die korrekte weg te gaan wat na My lei. Voor alles sal Ek u die kennis gee oor die goddelike Verlosser Jesus Christus, in Wie Ek mens geword het en sal u uitsluitsel gee oor dit wat Hy vir u beteken. En sodra u van Hom weet sodat u uself te alle tye na Hom toe sal kan wend, dat Hy en Ek één is, sal u ook u skuld aan Hom oordra wat die aanleiding was van u menswees op hierdie aarde. En dan sal dit ook vir u moontlik wees om die groot liefde te voel, wat Ek van u verlang, wat nodig is om die vereniging met My binne te kan gaan.
Dus sal u almal tot so 'n geloof kan kom in `n Wese wat bomate magtig, wys en liefdevol is. En dan sal u Haar ook kan liefhê, wanneer u die Wese as uitermate volmaak sien. Dan sal u ook weet dat u moet streef na die vereniging met hierdie Wese, dat u nog van Hom verwyder is deur die vroeë sonde van afval, dat Sy u weer wil terugwen en dring na u liefde toe wat die oersonde slegs kan ophef wanneer u aan Jesus Christus oorgegee is, wat die sondeskuld aan die kruis tot niet gemaak het.
Slegs die liefde kan u weer na My toe terugbring, slegs liefde is nodig om weer die ligryk te kan binnegaan, slegs liefde gee u weer alle vermoëns terug wat u in die rykste mate besit en afgestaan het. Slegs liefde is die band tussen My en u, want sy is u oerelement, netsoos Ek Self die Liefde is. As u dus in My glo, dan is dit al die tot lewe gewekte Vonk wat die geloof voortbring en hy sal voortdurend meer opvlam en ten slotte lei na die vereniging. Glo daarom in My, dat Ek Is, dat Ek u geskape het netsoos alles wat u om u heen sien, en u sal nie anders kan as om u in gedagte met My te verbind nie, u sal daardeur Krag ontvang, u sal kennis kry, dit wil sê die korrekte gedagtes sal deur u stroom, so dat u uself ook in die waarheid sal bevind; want dit is die oorbring van die Krag van My Liefde dat u ook een kykie mag neem in gebiede wat tevore vir u geslote was.
Maar steeds is dit afhanklik van u graad van liefde. Laat die liefde daarom in u werksaam word, want die liefde is alles, dit gee u helderheid van denke en ook die Krag om dit uit te voer wat vir u tot heil van u siel strek. Sy sal u na Jesus Christus toe lei, en as u My nou in Jesus Christus herken het, dan sal u ook verseker die weg na die voltooiing gaan, u sal terugkeer in u Vaderhuis, waaruit u eens vrywillig heengegaan het.
Amen

 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205