Boek 1 - Die Weg aan JaHshua se Volk
VOLKSLEIDING-REEKS

Hoofstuk 10

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13.

 

Hoofstuk 9

Regering

Die vrae wat My Volk aan My rig oor die vestiging van ‘n regering is bloot vleeslik. Die regeringsorde is in hulle ingeprent reeds vanaf die vroegste bestaan. Ek, alleen is Heerser en Koning en al wat nodig is om My orde uit te voer is opsigters oor tien, honderd en duisend. Ek sal self hierdie opsigters in plek stel met die loop van tyd, maar elkeen moet eers sy eie wingerd bewerk en ‘n goeie oes aan My bring (uit sy hart), sodat Ek hom kan betrek by My regering en orde. Ek sal uit Liefde niemand My heerskappy weier as hy My in sy vertroue neem en in opregtheid probeer volg nie. Wees maar getrou en vol moed en Ek sal nie die Reg laat uitbly oor jou en jou nageslag nie. Die Reg van Liefde is die enigste tot vervolmaking van die ewige siel en gees.

Hiermee bevestig Ek dan dat die Woord aan My knegte, eeue gelede waar sal bly aangaande ‘n koning. As jy nie ‘n koning oor jou verkies nie, sal Ek die Regverdige Heerser wees wat jou sake sal beredder, want jy moet tog op die ou einde net aan My verantwoording daarvoor doen. Ek sal egter nie jou wil teëgaan as jy verkies om ‘n vleeslike koning oor jou aan te stel nie. Die koning wat Ek sal aanwys, sal die middellaer wees tussen My en julle, as julle gehoorsaam bly en hom in nederigheid volg. Ek kan egter geeneen dwing tot gehoorsaamheid en onderdanigheid nie en daarom sal Ek julle aan die gevolge van julle materiële begeertes oorlaat as dit eers van julle besit geneem het.

Volg My en jy sal Lewe. Jy sal die einde van jou rus, vrede en voor­spoed nie ken nie, maar volg ‘n koning en belasting sal die koning toets aan sy nederigheid. Amein.

Wees jy ook nie ‘n koning in die wêreld se oë nie, dan sal jy nie voor die groot toets van veroordeling en hoogmoed te staan kom nie. Ek wil deur julle lewe en daarom sal Ek julle herinner aan My Woord en Weë so lank as wat Ek in jou Lewe. Die Dood in die Gees sal jou dood in die vlees voorafgaan as jy jou hart teen My verhard. Bemin My asof Ek die eerste en laaste saak van belang in jou bestaan is en jy sal My as Erfdeel ontvang. Amein.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205