Boek 1 - Die Weg aan JaHshua se Volk
VOLKSLEIDING-REEKS

Hoofstuk 11

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13.

 

Hoofstuk 10

Bruid

Alle Woord aan My profete staan vas tot in ewigheid, daarom sal Ek weer en weer spreek om julle te herinner aan die waarde van profetiese werke. Word jy ook ‘n profeet deur alles van My in Liefde te verenig met die gees in jou en jy sal deel word van My Bruid met wie Ek ‘n ewige verbond wil sluit.

My Bruid het aan die einde van dae weer ontwaak in hierdie land en Ek het hulle begin lei tot oorwinning van alle aardse bande. Hierdie bande sluit familie, besittings en valse liefdes in. Elke liefde wat jy dien sonder om geheel aan My gewy te wees, is ‘n valse liefde, want dit sal nie langer as hierdie aardse bestaan vir jou vreugde inhou nie. Die aarde is die proefbestaan vir die ewige, ja, maar die aarde bestaan nie verby die dood, solank jy die aarde as begin en einde beleef nie. Niks wat jy hier besit en bymekaarmaak of liefkry, sal jou ewige vreugde verskaf nie, maar eerder as slaaf laat voortbestaan.

Bevry jouself van alle bande van die vlees, deur jouself te oorwin in alle begeertes en luste en jy sal My Lewe deelagtig word. Die Bruid word My Vrou, sodra sy haar lewe aan My kan aflê uit Liefde vir My en haar naaste. Die belofte word dan ‘n werklikheid vir haar deur haar daadwerklike selfverloëning. Ek sal elkeen aanneem wat in Liefde die Werklikheid in My wil betree, waar My Wysheid, Liefde en Krag die enigste Waarheid in daardie bestaan word.

Is jy gereed om My Bruid te wees deur jou lewe te rig na wat in die ewigheid gaan bly voortbestaan en is jy gereed om My Vrou te word deur wie Ek My skape na ‘n veilige vesting kan lei deur jou lewe algeheel op te gee. As jy gereed is hiervoor sal jy My Beminde heet en My as jou gelyke beleef in alles waar jy jou hand aan slaan. Die gelyke basis waarvan gepraat word, is dat Ek dan jou alles en jy wedersyds My alles is. My Woord sal in jou binneste die blye boodskap van jou vereniging met My bring en lateraan sal My Krag, Liefde en Wysheid jou volkome oorneem. Amein.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205