Boek 1 - Die Weg aan JaHshua se Volk
VOLKSLEIDING-REEKS

Hoofstuk 12

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13.

 

Hoofstuk 11

Waarheid

Geen werke is Lewend sonder die Waarheid wat deur die Gees dit lei nie. Geen kennis is Lewend sonder die Waarheid wat die Wysheid in die kennis openbaar nie. Ek kan nie vir julle die Waarheid openbaar, voordat julle nie die ou kennis en Wysheid afgelê het nie, want die ou wynsak kan nie die nuwe wyn bewaar nie.

Lê jou ou lewe en waarhede af om deurtrek te word met My Lewe en Waarheid. Dit is Ewig en allesomvattend. Soek My eerste en jy sal hierdie Waarheid deelagtig word. Niks sal vir jou ongemaklik raak en jou vrede versteur as die Waarheid eers vir jou ‘n werklikheid word nie. Jy sal ook nie iemand anders se vrede versteur as jy in so ‘n mate oorwin het nie, want Liefde sal al jou werke bevestig.

Laat Wysheid jou vriend word deur ook die boeke van Wysheid jou eie te maak, maar nie om ‘n ander te onderrig nie, slegs jouself. As ‘n ander die wet oortree sal Wysheid dan jou sagtheid wees waarmee jy die oortreder kan aanspreek as Ek dit goedkeur in jou hart. Wees egter eerstens ‘n dader van die Wet en Wysheid, en die Waarheid word jou deel.

Maak nie aanspraak op enige iets voor Mý nie, want alhoewel edel, is jou gees nie regverdig voor My nie. Die sonde wat vergoed is deur die Ewige val en Opstanding het jou wel in Barmhartigheid teruggebring in die kring van Verlossing, maar jy bly die skepsel wat slegs bestaan om die Skepper te eer en vreugde te verskaf. Bly vashou aan die ootmoed waarmee jy voor My kan verskyn, een met My kan word en My werktuig kan wees en jy sal die Kroon en Kleed van Regver­digheid deelagtig word in die Werklikheid. Amein.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205