Boek 1 - Die Weg aan JaHshua se Volk
VOLKSLEIDING-REEKS

Hoofstuk 13

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13.

 

Hoofstuk 12

Wedergeboorte

Laastens in hierdie werk spreek Ek die ware en valse gebede aan. Die ware gebed geskied uit liefde en spreek tot die Liefde in jou hart. Ek, die Liefde, sal antwoord deur vrede, gemoedsrus, vergifnis en blydskap. Ervaar jy hierdie in jou gebed, dan is Ek reeds lewend as ‘n vonk in jou. Laat die Liefde ‘n verterende vuur word in jou, sodat jy warm brand vir My en nie lou bevind word nie en Ek sal na jou toe kom om jou Volkome oor te neem. Hierdie heet die Wedergeboorte.

Die Wedergeboorte van siel, was voor My kruisiging die enigste moontlikheid, maar na My kruisiging is die wedergeboorte van Gees as Weg geopen. Die sielswedergeboorte behels die doen van wonder­werke, maar die wedergeboorte van Gees beteken ook die Volkome eenheid tussen My Gees en jou gees, sodat geen sonde meer moontlik is nie en jy in die ewige bestaan reeds jou plek gevind het. Ek sal jou inlei in hierdie geboortes as jy eers jou siel skoongewas het met My Bloed en ywer om al My Woorde Volkome te onderhou uit Liefde vir My alleen.

Hierdie Skryfstuk van My aan jou, Volksgenoot en onderdaan van My, jou Meester, het ten doel om jou die ware Weg tot die Ewige te toon deur daadwerklike Liefde teenoor My en jou naaste. Wees eerste om die nederigheid toe te pas wanneer jy hierdie riglyne beoefen en Ek sal jou Vriend wees om jou Volkome in besit te neem as jy dit verlang. Amein.


 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205