Boek 1 - Die Weg aan JaHshua se Volk
VOLKSLEIDING-REEKS

Hoofstuk 8

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13.

 

Hoofstuk 7

Oordele

Waarmee sal Ek jou besig vind wanneer Ek besoeking doen oor My Volk? Sal jy besig wees met My en My dinge, dus om Liefde toe te pas op alle vlakke in jou alledaagse bestaan, in vertroue en geloof te handel en om die Wet te oordink of sal jy besig wees met jou eie planne vir oorlewing, jou eie lot uit te werk of jou naaste se nood oor te sien? Ek wil altyd eerste in al jou weë wees, sodat Ek deur jou kan lewe.

Om hierdie rede sal Ek nood en verdrukking oor jou toelaat as jy My misken, sodat jy weer jou Bron van Versorging en Liefde kan ontdek. Die Begin van alle gehoorsaamheid is óf Liefde, óf nood, afhangende van die pool waarmee die siel verenig het, naamlik die hart of verstand.

As jy jou verstand gebruik om sake te evalueer, sal veroordeling en geregtigheidswoorde jou raamwerk uitmaak. As jy egter uit die hart, waar Ek woonagtig is in Barmhartigheid leer optree, sal jy met Liefde die swakkere ophelp en na My voete bring. Dit geskied deur ware gebed, waar jy die Krag en Wysheid van My afbid om die situasie aan te pak en dan die Woord aan My oorlaat, sonder om jou eie emosies die oorhand te laat kry. As jy dan die sagtheid en gevatheid van My Wese toegepas het, sal hierdie swakkere voor jou die insig hê om sy eie keuse te maak oor reg of verkeerd. Laat hom dan oor aan die oordeel of vergifnis wat hy op sy hals haal en jy sal in vrede die saak agter jou laat om nie daaroor te skinder of kwaad te praat nie. Die saak is dan afgehandel tussen jou en My en die ander persoon se handel sal óf meer Liefde in jou wek óf jou laat oorgaan na die roep van ‘n getuie voor My.

Wanneer die tweede getuie die saak ook met My opgeneem en as ‘n gebed hanteer het, sal die saak afgehandel wees voor die gemeente. Die swakkere moet dan gevra word om te kies tussen die Liefde teenoor God en die naaste deur gehoor te gee aan die versoek volgens die Wet, of om die gemeente te verlaat en aan My sorg en oordeel oorgelaat te word. Ek sal met hierdie mens handel ooreen­komstig sy hart. Dit is hoe Ek vra julle voortaan oordele moet afhandel. Amein.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205