Boek 2 - Aan die Boerevolk van Suid-Afrika, gekluister in nood
VOLKSLEIDING-REEKS

Hoofstuk 2

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27.

 

Deel 1

Aangaande die Boerevolk van Suid-Afrika

Inleiding:

Vir die konserwatiewe Afrikaner in die Boerevolk het dinge op alle terreine drasties versleg nadat ons land in 1994 op `n skinkbord aan die kommunistiese vyande oorhandig is. Die Boerevolk se hele voortbestaan word tans bedreig. Ons Volk word wreedaardig op groot skaal uitgemoor deur swart moordbendes. Volksmoord, beter gestel genemoord, (“Genocide” in Engels wat beteken “uitmoor van die gene”) in die ware sin van die woord vind daagliks plaas. Geen blanke familie word ontsien nie. Roof en verkragting is alledaags. Onregverdigheid teenoor blankes vind op alle terreine plaas. Verbastering met ander rasse word in die skoolbanke, in kerke en in onkundige huisgesinne afgeforseer op ons jong geslag. Ons Volk se jongmense en kinders vlug die land uit op soek na beter toekomsgeleenthede. Deur moord, verbastering en emigrasie is ons volk besig om teen `n versnelde tempo uit te sterf. Menslik gesproke is daar geen uitweg uit hierdie gemors vir die Boerevolk nie. Geen politieke party of geestelike instansie in Suid-Afrika het enige oplossing vir hierdie enorme probleem nie.

Dit is tans Mei 2009 en elke oplettende en gelowige Christen in ons Volk het hierdie huidige politieke gebeure rondom die verkiesing in April 2009 in ons land met afgryse aanskou. Enige regdenkende blanke kan sien dat dit wat nou besig is om in die politiek te gebeur, op `n grootskaalse rasse-oorlog onder die swartes afstuur, waarin die blanke hulleself in die middel hiervan gaan bevind. Orals het die oorlogstamboere opgeklink wanneer swart leiers hul podiums bestyg het. Woorde soos "annihilate them, destroy them, exterminate them, spray the mad dogs with DOOM”, ens. was deel van die politieke retoriek tussen die swart partye betrokke. Moorde op swart politieke leiers neem steeds onrusbarend toe. Die demokratiese geskiedenis van Afrika bewys aan ons dat swartes nie in staat is om demokraties te regeer of dat hulle `n stembus respekteer nie. Swart kommunistiese leiers is almal inherent magsdiktators, - Shaka`s, Dingaans en Mugabe`s wat alles in werking sal stel om die mag te bekom en as hulle dit eers het, dan sal hulle dit slegs deur `n bloedige stryd afgee, sodat die proses maar net weer herhaal kan word met die volgende Dingaan of Shaka wat oorgeneem het. Zimbabwe is ons voorland, `n land kaalgevreet deur die barbaar-sprinkaan, met `n “monopoly” geld­stelsel waar triljoen-dollarnote gedruk word met vervaldatums daarop! Dan kan een so `n noot kwalik `n brood koop. Dit is te sê as daar brood beskikbaar is. Voorwaar `n tragiese vooruitsig!

Wat staan ons te doen as gelowiges? Het ons God ons vergeet, Sy oë van ons ou volkie afgewend? Die antwoord hierop is ja en nee. Ja, - toe ons die heiden en sy bose gelowe in ons land die oorhand laat kry het op alle volksterreine, toe die ware Christenwaardes onder ons volk verdwyn het, het God Hom van ons as Volk afgewend. Die eens geseënde Blanke Afrikanervolk van Suid-Afrika het nou bykans alles verloor. Van seëninge as Volk is daar geen sprake meer nie. Ware volksleiers wat die God van Abraham, Isak en Jakob, die God van Bloedrivier bely, is so skaars soos hoendertande. Om nie eers te praat van kerkorganisasies wat hulle beywer vir die tradisionele Christenwaardes waarmee die Afrikaner grootgeword het nie. Afgewaterde preke sorg maar net dat die lidmate bedwelm bly, - alles is mos net God se wil en hulle moet hulle daarby berus.

Maar is dit God se wil dat ons as Boerevolk/Afrikanervolk ten gronde moet gaan? Nee, beslis nie. As individue in die volk sou opstaan vir ons Verlosser in hierdie land van ons, hulle rûe daadwerklik op alle heidense afgodery draai, en hulleself verootmoedig, sal Hy ons dan nie as individue genadig wees en Hom oor ons ontferm nie?

Ja, verseker, die Bybel is vol bewyse hiervan. Alles hang net van ons as individue af. As Volk met leiers in uitvoerende posisies, is ons huidiglik so dood soos die Israelitiese volk in Egipte. Manne soos Moses, deur die Heilige Gees opgewek, moet in die Volk opstaan, sodat hulle vir God kan begin getuig. Die Volk soek leiers en profete wat ons kan inspireer om uit hulle selfopgelegde slawerny uit te kom. Leiers wat die Volk sal inspireer om die bande van die dood van ons af te ruk, om die heidense drek, wat ons elke dag self vrywillig inneem en doen, van ons af te werp. Eers wanneer die Volk hierdie dinge begin doen, sal ons in liefde aangekyk word deur Jahshua Messias, die Ware God van Israel. Dan sal Hy weer Sy oë na ons wend en ons bevry van ons verdrukkers. Is daar enige bewyse dat Hy dit sal doen vir ons?

Ja, die Bybelse profesieë vertel hiervan, ons eie volksprofete van die vorige eeu profeteer dit. Ek verwys hier na Siener van Rensburg en Johanna Brandt se werke. Daarin is pragtige beloftes dat die Boerevolk weer oor homself sal regeer, met die Vierkleur wat weer oor ons as vrye Volk sal wapper, `n volk op sy eie grondgebied sonder een pennie skuld. Maar helaas, hierdie pragtige vooruitsig sal eers voorafgegaan word deur `n ontsettende Nag van Verskrikking, wat eintlik alreeds as lae intensiteit plaasmoorde begin het, maar wat `n hoogtepunt sal bereik wanneer die swart magte hulle “Operation UHURU” in werking sal stel, wat slegs een doel het, naamlik die uitwissing van elke blanke in Suidelike Afrika, ook die liberales.

Ons kan aanvaar dat ons Verlosser baie lief is vir hierdie Afrikaner-Boerevolk, want ons kan dit baie duidelik aflei uit ons geskiedenis, waar Sy hand ons gelei en gevoed het met roemryke gebeur­tenisse soos die Volksplanting aan die Kaap, Bloedrivier, Vegkop, Majuba ens. Ons is die enigste moderne volk wat `n Ewige Gelofte met die Skepper van die heelal het, naamlik die 1838 Gelofte te Bloedrivier! Van Sy kant af sal God ons NOOIT in der ewigheid verlaat nie. Dit is maar elke keer net weer die volk self wat afvallig raak en dan deur `n lydingstydperk moet gaan, sodat hulle weer binne Sy orde kan inkom. Ons is tans in so `n lydingstydperk oftewel smeltkroes, wat sy piek sal bereik wanneer die swart hordes hulle sin kry om hulle "Operation UHURU” in werking te stel. Wat dit aan die gang sal sit of veroorsaak, is debatteerbaar en nog nie in hierdie geskrif ter sake nie.

Wat wel ter sake is, is waar ons onsself as individue sal bevind tydens hierdie Nag van Verskrikking. En hier bedoel ek dit nie fisies nie, maar geestelik. In wie se krag gaan u skuil? In u eie, of in ons Verlosser s`n? In watter laer gaan jy wees. In die laer van die Gees, of in die laer van die vlees. Met vlees bedoel ek spesifiek u eie planne. Oom Siener het gesê dat ons as Volk weer `n Bloedrivier sal hê, maar dat ons beskerm sal word deur God se Gees, wat Siener as `n klein wit seiltjie oor ons gesien het. As u self planne wil maak, sonder om Jahshua in u planne te ken vir die komende Nag van Verskrikking, is hierdie geskrif nie vir u bedoel nie. As u onder daardie wit seiltjie van Jahshua se Gees wil skuil, is hierdie geskrif vir u bedoel en sal daar `n groot Lig vir u opgaan hierin.

As ons in die Bybel lees, sien ons dat Ons Verlosser belowe dat Hy ons nooit sal verlaat nie en dat Sy Gees altyd beskikbaar sal wees vir ons, soos gestel in Johannes 16:13 "Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy spreek en die toekomstige dinge aan julle verkondig." Hier is dit duidelik dat Ons Verlosser tot aan die eindtyd met ons sal praat deur Sy Gees, oftewel deur Sy profete en aan ons die verborgenhede rakende die toekoms bekend sal maak. Daarom ook dat ons sowat 80 jaar gelede twee bekende profete (een `n profetes) in ons Volk gehad het, Siener van Rensburg en Johanna Brandt. Beide is deur God gestuur om te help in een van die grootste krisisse in ons Volk se geskiedenis, naamlik die Tweede Vryheidsoorlog en die haglike tye van ons Volk daarna. Beide het ook duidelik geprofeteer oor juis hierdie groot krisis wat ons nou in die gesig staar. Dit sal dus logies wees om te aanvaar dat daar WEER profete opgewek sal word deur die Gees van Waarheid om nou, kort voor hierdie krisis, weer met ons te praat oor hierdie einste saak en die wit seiltjie van naderby te beskryf. Waarom?, want Hy is ons liefdevolle Verlosser, ons God van ewigheid af, wat ons oneindig liefhet en nooit sal ophou om met ons te praat nie. Watter aardse vader sal sy kinders lank voor die tyd teen `n erge gevaar waarsku, en hulle dan verder net ignoreer, om nooit weer met hulle oor hierdie naderende gevaar te praat nie? As `n aardse vader dit nie eers sal doen nie, hoe sal ons Hemelse Vader dit dan doen?

Omdat die genemoord wat ons nou in die jaar 2009 in die gesig staar, baie erger en feller gaan wees as die genemoord van 27 000 vroue en kinders in 1899-1902, kan ons dan nou verwag dat God weer profete sal opwek om ons leiding vanuit die Gees te gee oor wat elkeen van Sy gelowige kinders te doen staan in hierdie komende krisis, naamlik die dreigende Volksmoord of genemoord waar na verwagting, volgens Johanna Brandt se profesie, honderde duisende mense in een nag vermoor sal word. God is ewig getrou, het met ons `n Gelofte aangegaan en SAL ons nie as wese agterlaat nie. (Johannes 14:18) Dus SAL die toekomstige dinge nou weer aan ons geopenbaar word volgens die beloftes in die Bybel. Hy het dit in die verlede gedoen en SAL dit weer doen. U en ek moet dit net eenvoudig glo. Dit staan bekend as GELOOF, - waarsonder al ons werke dood is en sal wees.

Die doel van hierdie skrywe is dan ook net dit: Hoe sien hierdie wit seiltjie van Oom Siener daaruit? Ons Ewige, liefdevolle Vader was getrou en alreeds in Oktober 2007 tot nou toe het Hy Sy knegte in die Volk opgeroep, wat vir Sy volk openbaringe vanuit die Gees sou begin gee. Meeste van hierdie werk is in die verborgenheid gedoen en is nie wyd en syd versprei nie, want die tyd was nog nie reg daarvoor nie. Die tyd is nou gereed daarvoor en so het ons dan `n opdrag van ons Verlosser self ontvang om uittreksels van hierdie profetiese werke beskikbaar te stel aan die gelowige Afrikaner in die Boerevolk.

Let wel, dit is nie iets wat op u afgeforseer gaan word nie. Die enigste manier wat u gaan hê om hierdie werke se egtheid te toets, sal u eie hart wees, waar u self vir Jahshua/Jesus sal moet vra of dit van Hom af kom, al dan nie. Elkeen van ons is toegerus met `n eie vrye wil. U kan die profesieë aanneem of verwerp, dit is u saak. Maar ons versoek u, met `n bede in ons hart, dat u die volgende gedeeltes wel sal deurlees en ernstig sal bid daaroor. Net `n dwaas sal in `n aanvalsituasie, `n wapen wat hom aangebied word, weier. Indien u hierdie inligting wat nou gaan volg, sal opneem in u hart en u leefwyse van nou af daarvolgens sal inrig, dit wil sê, onder die wit seiltjie inkom, het u die volle versekering van ons Verlosser en Heiland, Jahshua Messias, se volkome bystand in hierdie komende stryd. U SAL GERED WORD!

Net `n geestelike dwaas sal mos so `n Wapen weier!

Elkeen van u wat hierdie volgende profesieë gaan lees, sal ervaar hoe die band tussen u en u Maker hernu word, deur die stryd wat sal woed in u hart. Indien u tans vrese in u hart koester vir die toekoms, sal hierdie profetiese woord dit verander en vertroue in Jahshua en Sy direkte Woord sal in u hart ontbrand, in plaas van vrees.

Hier volg dan dele van die profetiese Woord aan die Boerevolk van Suid-Afrika, ontvang deur moderne profete en profetesse wat anoniem wil bly, weens moontlike ontydige vervolging.

Die opsteller:

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205