Boek 2 - Aan die Boerevolk van Suid-Afrika, gekluister in nood
VOLKSLEIDING-REEKS

Hoofstuk 27

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27.

(vervolg) 

Hierdie neerdaling vind plaas aan die einde van die tyd, dit is nou, en dan word die ewige Melgisédek-orde opgerig met die Boerevolk in Suid-Afrika en ook met elkeen wat van oor die wêreld heen hierheen sal kom.

Ek dink dat ons nou met hierdie paar bewyse, redelik seker kan wees waar die wederkoms sal plaasvind aan die einde van tye en by watter volk dit sal plaasvind. Kom ons kyk verder wat die eienskappe en taak van hierdie uitverkore Dogter van Sion-volk gaan wees. Ons vind dit in Miga 4.

Mig 4:1 EN aan die einde van die dae sal die berg van die Huis van JaHWeH vasstaan op die top van die berge en verhewe wees bo die heuwels, en die volke sal na hom toestroom.

Hierdie berg, is die reeds gevestigde berg Sion, die plek waar die wedergeboorte REEDS PLAASGEVIND het, naamlik in die harte van die Dogter van Sion in die Boerevolk. Dan sal baie nasies, verstrooide Israeliete, hiervan hoor en daarheen optrek om die Wet en die Woord te hoor.

Mig 4:2 En baie nasies sal heengaan en sê: Kom, laat ons optrek na die Berg van JaHWeH en na die Huis van die Elohey van Jakob, dat Hy ons in Sy Weë kan leer en ons in Sy Paaie kan wandel. Want uit Sion sal die Wet uitgaan en die Woord van JaHWeH uit Jerusalem. [JeshaJaH_2:3]

Mig 4:6 In dié dag, spreek JaHWeH, wil Ek versamel die wat kreupel is, en bymekaarmaak wat verdryf was, en die wat Ek kwaad aangedoen het.

Mig 4:7 Dan sal Ek die wat kreupel was, tot 'n oorblyfsel maak en wat ver verwyder was, tot 'n magtige nasie. En JaHWeH sal Koning wees oor hulle op die Berg van Sion, van nou af tot in ewigheid.

Die wat kreupel was, is die Israeliete in die wêreld wat deur die huidige liberale wêreldgodsdiens as uitvaagsels beskou word oor hulle geloof. Dit is juis hulle wat `n aparte godsdiens beoefen, wat hulle as afgesonderd hou en nie wil meng met die veelgodery van die wêreld nie. Hulle sal almal hier in Suid-Afrika versamel word, met die doel om die wedergeboorte te bereik, of soos Sefanja dit stel, hulle harte as aanbieding vir JaHshua te bring dat Hy dit met Sy Liefde, Wysheid en Krag kan vul.

Mig 4:8 En U, Toring van die skape, Vesting van die Dogter van Sion, na Jou sal dit kom, ja, die vroeëre heerskappy sal kom, die Koningskap vir die Dogter van Jerusalem.

Mig 4:9 Waarom skreeu Jy nou so hard? Is daar geen koning in Jou nie? Of het Jou raadgewer omgekom, sodat smart Jou aangegryp het soos van Een wat baar?

Mig 4:10 Krimp inmekaar en bring voort, o Dogter van Sion, soos Een wat baar! Want nou sal Jy die Stad verlaat en op die veld gaan woon; en Jy sal in Babel aankom - dáár sal Jy gered word, dáár sal JaHWeH Jou verlos uit die handpalms van Jou vyande.

Hierdie Vesting in vers 8, is die Melgisédek-orde wat opgerig word in die Boerevolk, dit is die heerskappy en koningskap wat gegee word aan diegene wat die wedergeboorte deurgegaan het soos beskryf in vers 10. Hierdie geboorte van die Dogter van Sion is die wedergeboorte van die gees, oftewel die ontvangs van die goddelike Krag. Jesaja 66 bevestig dat hierdie wedergeboorte in die Sionsvolk, dus die Boerevolk, sal plaasvind. Neem kennis dat die wedergeboorte van die gees altyd voorgestel word deur die geboorte van `n seuntjie (sien ook Openbaring 12:5).

Jes 66:7 Voordat Sy Weë gekry het, het Sy gebaar; voordat smart oor Haar gekom het, is Sy van 'n seuntjie verlos.

Jes 66:8 Wie het so iets gehoor? Wie het sulke dinge gesien? Sal die Aarde op een enkele dag geboorte skenk? Of word 'n nasie met een slag gebaar? Want Sion het Weë gekry, meteens Haar kinders gebaar.

Jes 66:9 Sou Ek naby die geboorte bring en Haar nie laat baar nie? sê JaHWeH. Of sou Ek wat laat baar, self toesluit? sê jou Elohey.

Deur hierdie wedergeborenes vanuit Sion, sal die hele volk dan ook deur JaHWeH gelei word tot verlossing. Ook sal die wat hier versamel is, saam met ons volk opgerig word tot `n magtige nasie (Miga 4:7). Dit alles sal egter gepaardgaan met `n geweldige verdrukking en slagting onder die volk. Ons vind meer hieroor in Esegiël 20.

Esg 20:34 En Ek sal julle uit die volke uitlei en julle versamel uit die Aarde waarin julle verstrooi is, deur 'n Sterke Hand en deur 'n Uitgestrekte Arm en deur uitgestorte Grimmigheid.

Esg 20:35 En Ek sal julle bring in die wildernis van die volke, en Ek sal daar met julle in die gerig tree van Aangesig tot aangesig.

Esg 20:36 Soos Ek met julle vaders in die wildernis van die Aarde van Egipte in die gerig getree het, so sal Ek met julle in die gerig tree, spreek My Meester JaHWeH.

Esg 20:37 En Ek sal julle onder die Septer laat deurgaan en julle bring in die band van die Verbond. [Hebreërs_4:12]

Hier sien ons duidelik dat daar `n versameling van volke sal wees (in Suid-Afrika) en dat ons deur `n strafgerig binne die band van die Nuwe Verbond gebring gaan word, soos aan die einde van die vorige hoofstuk in hierdie boekie beskryf. Weereens sal Hy ons bydraes eis, naamlik gereinigde harte, sodat ons die wederge­boorte kan ontvang.

Esg 20:40 Want op die Berg van My Apartheid, op die verhewe berg van JisraEl, spreek My Meester JaHWeH, daar sal die hele huis van JisraEl, hulle almal, My dien in die Aarde; daar sal Ek 'n behae in hulle hê en daar sal Ek julle bydraes eis en die eerstelinge van julle aanbiedinge by al julle gewyde dinge.

Dit word verder duidelik bevestig in Esegiël 11:

Esg 11:19 En Ek sal hulle een hart gee, en 'n nuwe gees in julle binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit hulle vlees verwyder en hulle 'n hart van vlees gee,

Esg 11:20 sodat hulle in My Insettinge kan wandel en My Regsprake kan hou en haar doen; en hulle sal vir My 'n volk wees, en Ek sal vir hulle 'n Elohim wees.

Hierdie belofte van `n nuwe gees in ons binneste en `n hart van vlees is juis die belofte van die Nuwe Verbond in Hebreërs 8:10, waar die volle wet op ons as volkome wedergeborenes, se harte geskryf sal word, sodat ons die Israelvolk wat nog in die vlees is, sal kan onderrig en lei. Hebreërs 12 beskryf hierdie geestelike berg in onsself, aan die einde van die tyd in Suid-Afrika, as volg:

Heb 12:22 Maar julle het gekom by die Berg van Sion en die Stad van die lewende Elohim, die Hemelse Jerusalem en tienduisende Boodskappers,

Heb 12:23 by die feestelike vergadering en die gemeente van eersgeborenes wat in die Hemele opgeskrywe is, en by Elohim, die Regter van almal, en by die geeste van die regverdiges wat vervolmaak is,

Heb 12:24 en by JaHWèshua, die Middelaar van die Nuwe Verbond, en die bloed van die besprenkeling wat van beter dinge spreek as Abel.

Heb 12:28 Daarom, omdat Ons 'n onwankelbare Koninkryk ontvang, laat Ons dankbaar wees, en so Elohim welbehaaglik dien met eerbied en vrees.

Wanneer ons die berg Sion-toestand in ons gees bereik het, word ons opgeneem in die geestelike stad, die hemelse Jerusalem, word ons deel van die gemeente van eersgeborenes (eerste wederge­borenes) en ontvang ons die onwankelbare Koninkryk, die ewige Kanaän, oftewel die wedergeboorte van die Gees.

In die boek Openbaring 7 word 144 000 eerstelinge uit die twaalf stamme van Israel verseël vir die wedergeboorte. Dan sien ons hulle weer in Openbaring 14, ook op die berg Sion, volledig gemerk en verseël.

Op 14:1 EN ek het gesien, en kyk, die Lam staan op die Berg van Sion, en saam met Hom honderd-vier-en-veertigduisend met Sy Naam en die Naam van Sy VADER op hulle voorhoofde geskrywe.

Op 14:4 Dit is hulle wat hulself met vroue nie besoedel het nie, want hulle is maagdelik skoongewas; dit is hulle wat die Lam volg waar Hy ook heengaan; dit is hulle wat gekoop is uit die adamiete as eerstelinge vir Elohim en die Lam.

Op 14:5 En in hulle mond is daar geen bedrog gevind nie; want hulle is raseg voor die Troon van Elohim.

Hier sien ons dan die geestelike vervulling van die heiligmakende Verbond wat eens met Abraham en sy saad gesluit is, naamlik die toegang tot die Berg van Sion as die ewige Kanaän as belofte deur JaHWeH. Die toegang tot die berg Sion, oftewel die wederge­boorte, word slegs gegee aan die maagdelik skoongewaste Dogter van Sion, gekoop as eerstelinge vir JaHshua en wat geestelik raseg (rassuiwer) voor die Troon is. Hierdie geestelike wederge­boorte word ook die Hemelse huwelik genoem, soos beskryf in Openbaring 19.

Op 19:7 7 Laat ons bly wees en ons verheug en aan Hom die Majesteit gee, want die Bruilof van die Lam het gekom en Sy Vrou het Haar gereed gemaak.

Op 19:8 8 En aan Haar is gegee om bekleed te wees met gewasde en glansende fyn linne, want die fyn linne is die regverdige dade van die Apartes.

Geseënd is die Apartes, dit wil sê die wat hulleself met heilig­making, kragtens die Verbond met Abraham, besig gehou het, want hulle kleed is rein en hulle is die enigstes wat gereed sal wees vir die huwelik. Dit is die vyf wyse maagde wie se lampies vol olie was. Die olie is die hemelse liefde vir JaHshua, Sy Woord en Sy Wet.

Hierin sien u ook die in vervulling gaan van die heiligmakings­verbond wat eens met Abraham en sy saad gesluit is. Deur ons Verlosser JaHshua, wat op die agste dag besny is (Lukas 2:21), het hierdie Verbond met Abraham `n nuwe betekenis gekry. JaHshua, as volkome goddelike rassuiwer saad, vleeslik sowel as geestelik, het die vlees of sonde volkome oorwin en nou het die Godheid self as vleeslik besnede, sowel as volkome geestelik van hart besnede mens, binne hierdie Verbond verskyn om ons Man in die Gees te wees. Abraham het hom verheug dat hy die dag sou sien dat JaHshua sou kom en hierdie Verbond van hom en die Godheid lewend in die Gees sou maak (Johannes 8:56). So sien u dan dat hierdie Verbond van heiligmaking wat eens met Abraham gesluit is, nou vergestalt in die Melgisédek-orde, waar ons nou as hartsbesnedenes met Hom in die huwelik kan tree en Hy vir ewig ons God sal wees en ons vir ewig Sy volk sal wees!

Die vraag aan elkeen is dus: Liewe broer en liewe suster, is u gereed vir hierdie hemelse huwelik? Hoe ver gevorder is u teen die hang van die berg Sion in uself? Dit sal u baat om meer rondom die Bybeltekste wat in hierdie gedeelte aangehaal is, te lees, sodat u `n meer volledige prentjie kan vorm van die weg tot wederge­boorte. Daarna sal ernstige gebed tot JaHshua u op die pad plaas tot volledige wedergeboorte, waar u die volle werking van die Liefde, Wysheid en Krag in uself sal vind.

Hierdie boekie, (ook die ander in die Volksleiding-reeks) is nie eenmalige leesstof nie, u moet dit weer en weer biddend met u geopende Bybel lees. So sal u meer en meer bevestiging deur die Gees self ontvang wat u in die Woord sal lei. Niemand, buiten die gees in uself, is in staat om u te oortuig nie. Dit werk as volg:

U hoor iets of lees iets aangaande die Woord van God. In u hart sê iets vir u dat dit waarheid is. Dit is niks anders as God se Gees wat in u hart werk nie. Om nog meer sekerheid te verkry rakende die spesifieke onderwerp, moet u die Bybel biddend gaan lees. U sál verseker die verdere bevestigende antwoorde kry. Dit kan selfs deur `n droom of iets alledaags bevestig word. Watter pa sal nie sy soekende en vraende kind antwoord nie? Leer uself om geestelik wakker te wees.

Die roete tot die wedergeboorte in uself is eintlik baie eenvoudig, indien u dit u enigste doelwit in u lewe gemaak het. Maak JaHshua u eerste en enigste fokuspunt in u lewe. Benader elke situasie deur te vra of dit wat u nou gaan doen Sy wil is. Hy is u eerste liefde en u mag geen ander gode naas Hom hê nie. Hierdie gode sluit bykans alles in wat in die wêreld is. Dit is dinge soos wêreldse vermaak en plesier, geldmaak, magsbeheptheid, en ander soortgelyke dinge wat JaHshua tweede in mens se lewe stel. Raak nederig, deemoedig en sagmoedig in u lewenswyse, want daarsonder sal u nooit hierdie wêreldse gode kan weerstaan nie. Laat u hart ontbrand van liefde vir Hom, en u sal Hom aanskou. Liefde in u hart is kosbaar, want dit was u sondes weg.

Tweedens moet u u naaste volksgenoot in liefde diensbaar wees, soveel u maar kan. Soek aanhoudend geleentheid om `n minder bevoorregte in u volk te help en die seëning van Bo sal nie uitbly nie. Daadwerklike naasteliefde is die vinnigste weg tot die eenwording met JaHshua. `n Verdere belangrike manier om u naaste te dien, is om gereeld vir hulle te bid en op te dra aan ons Hemelse Vader. Gebed het groot krag, selfs net `n positiewe gedagte aan `n persoon kan `n verandering bewerkstellig. Bid vir u naastes en bid vir u volk, die resultate sal nie uitbly nie.

Gebed is ook uiters noodsaaklik vir uself. Sonder gedurige gebed en smeking sal u lewe leeg en sonder geestelike inhoud wees. Dankbaarheid teenoor God vir alles is baie noodsaaklik. ’n Dankbare hart word hoog geag deur JaHshua en so iemand sal Hy salf as koning. Alles wat ons tot seën strek, is uit Hom. Neem dit aan en Hy sal u weer en weer seën, omdat die dankbaarheid van u hart vir Hom kosbaar is. U moet ook altyd hoër en hoër streef, Streef met Hom, wees dankbaar vir elke goeie gawe en u sal u doel op aarde bereik, naamlik die volkome wedergeboorte. Amein.

 

 


 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205