Boek 3 - Mens, wie is jy?
VOLKSLEIDING-REEKS

Hoofstuk 15

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36.

 

Hoofstuk 2

Wie is EK?

EK IS die Alfa en die Omega, die Begin en Einde van alles wat is. Alles het vanuit My ontstaan, want EK IS die Oerbron van Liefde waaruit alles voortgekom het en niks het ontstaan sonder My Wil nie. Aan Moses het Ek gesê EK IS stuur hom, want EK IS Alles en in alles. Amein.

EK IS Vader, Seun en Gees, maar hierdie drie is EEN in Wese. Dit is soos jy wat jou vader se dogter is, jou broer se suster en jou maat se vriendin, maar tog bly jy een persoon.

EK IS JaHWeH, Vader, ewige Liefde en Skepper van alles. Ook onderhou Ek alles wat Ek geskape het. Deur die eeue het die mensdom al meer van My afvallig geword en in die wêreld gekluister geraak. Deur eie keuse het hul al meer in die sonde verval. Daarom het Ek Myself as die Seun aan die mensdom openbaar om vir hulle die voorbeeld te stel en die weg te wys wat hulle moet gaan. Jy ken My dalk net by die naam Jesus, maar die Hebreeus van My Naam is JaHshua, wat beteken dat die Vader, JaHWeH, ook Verlosser is. Amein.

Voor My kruisiging het Ek aan My volgelinge gesê dat Ek weggaan maar dat Ek My Gees as Trooster vir hulle sou nalaat om hulle te leer en te lei in alle waarheid. Dit is deur hierdie Gees wat Ek nou met jou spreek. Ook is dit die liefde wat jy in jou hart ervaar om My te wil soek en dien. Amein.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205