Boek 3 - Mens, wie is jy?
VOLKSLEIDING-REEKS

Hoofstuk 16

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36.

 

Hoofstuk 3

Bewaak jou hart…

14/05/2009

Vandag, My dogter, wil Ek vir jou sê: ‘Bewaak jou hart bo alle dinge, want vanuit jou hart is die oorsprong van die lewe.’

In jou hart is waar jy emosies ervaar, daarom praat julle van hartseer. Jou hart voel lig en vry wanneer jy blydskap ervaar en klop opgewonde en angstig wanneer jy bang is. Dit is in jou hart waar Ek die liefdesvonk van My Gees geplaas het, sodat jy My kan soek, daarom moet jy My in jou hart soek. Kyk Ek staan by die deur van jou hart en Ek klop. Al wat jy moet doen is oopmaak en My binne-nooi, sodat Ek kan deel in jou liefde vir My.

Vanuit jou hart kom al jou gedagtes te voorskyn wat dan deur die verstand aangeneem of verwerp word. Is jou hart gevul met die goeie, sal jy goeie en positiewe gedagtes bedink. Is jou hart gevul met die negatiewe en verkeerde, dan sal jy die verkeerde bedink. Amein.

Vul jou hart met gedagtes oor My en My Woord. Soek My in jou hart, want dit is ook waar Ek met jou praat. Ek praat sag en vol liefde maar as jy aanhou soek, sal jy My vind. Ja, Ek praat ook met jou deur ander mense en die Bybel, maar in jou hart praat Ek, JaHshua, persoonlik met jou. Jy sal My herken as jou gewete, `n gevoel of `stemmetjie' wat jou waarsku. Gee ag, glo en vertrou dat Ek ook met jou praat en jy sal My stem duidelik in jou binneste verneem en so sal My lig in jou skyn. Amein.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205