Boek 3 - Mens, wie is jy?
VOLKSLEIDING-REEKS

Hoofstuk 18

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36.

 

Hoofstuk 5

Eer jou Vader en Moeder

Eer jou vader en jou moeder dat jou dae verleng mag word in die land wat Ek jou sal gee. Amein.

Voor die grondlegging van die aarde het Ek reeds jou naam geken, jou liefgehad met ‘n ewige Liefde en verordineer dat jy nou op aarde moet lewe. Ook het Ek bepaal wie jou ouers moet wees. Die ouerhuis is die eerste vorm van gesag wat Ek oor die kind aangestel het, want gesag is deel van My orde. Die mens is My verteenwoordiger op aarde, net so jou ouers. Daarom moet jy hulle eer en respekteer, nie net wanneer jy so voel nie, maar te alle tye. Amein.

As My verteenwoordigers, is godvresende ouers die toonbeeld van My persoon. Jou vader ontvang sy wysheid en insig van My en jou moeder ontvang die liefde waarmee sy jou versorg ook van My. Hulle beeld dus My Wysheid en Liefde uit. As ‘n kind nie sy ouers kan eer nie, hoe kan sy My, die hemelse Vader eer?

Hierdie gebod bevat nie net die opdrag tot gehoorsaamheid om jou ouers te eer nie, dit het ook die belofte van ‘n lang lewe. Alle mense op aarde is sterflik maar die siel en gees besit die vermoë tot onsterflikheid. Het jy My lief en hou jy My gebooie, het jy die ewige lewe in My. Dien en eer My deur jou ouers te eer, maar so ook ander volwassenes, want hulle is almal vaders en moeders in My volk. Amein.

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205