Boek 3 - Mens, wie is jy?
VOLKSLEIDING-REEKS

Hoofstuk 19

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36.

 

Hoofstuk 6

Liefde

16/05/2009

Buiten die tien gebooie wat in die boeke van Moses opgeteken staan, het Ek ook die twee gebooie van die Liefde gegee. Die eerste is dat jy My moet liefhê met jou hele hart, siel en al jou kragte. Om My lief te hê met jou hele hart beteken dat jy My die heerser van jou lewe moet maak. Maak die deure van jou hart vir My oop en maak My die Koning wat op die troon van jou hart sit. As Ek dan jou koning is, sal jy tog alles doen wat Ek wil hê. Dan is My Woord en wil jou alles en sal jy niks doen sonder om My te raadpleeg nie. Ek het aan jou lewe geskenk, maar as jy My in jou hart innooi, word jy deur My Gees tot ware Lewe gewek. Amein.

Ek het aan jou die lewenskrag gegee om My te kan dien, daarom mag jy niks bo My stel nie. So eer jy ook My Naam en het My lief bo alles. Amein.

Die tweede liefdesgebod wat hiermee gelyk staan, is om jou naaste lief te hê soos jouself. Hierdie wet is baie spesifiek bedoel vir die naaste, dit wil sê volksgenote. Kom ons kyk na die visse van die see wat almal in dieselfde waters rondswem, maar tog bly elke soort apart. So ook die voëls van die hemel wat almal in dieselfde lugruim rondvlieg en van dieselfde aarde hul voedsel kry, maar tog bly elke voëlsoort uniek sonder om te verbaster. Dit is net die mens wat Ek as kroon van My skepping gemaak het, wat deur eie keuse besluit hulle is nie goed genoeg nie en daarom met ander nasies wil ondertrou. Ek het almal geskape en Ek het hulle baie goed geskape met die doel dat elkeen moet bly soos wat hy is. Amein.

Jou naasteliefde, My kind, is vir jou volksgenote. Dit wil nie sê dat jy alle ander nasies moet haat nie, ver daarvan – jy haat tog nie die res van My skepping nie! Laat jou vriendelikheid aan almal bekend word, maar kies jou vriende met groot sorg. Amein.

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205