Boek 3 - Mens, wie is jy?
VOLKSLEIDING-REEKS

Hoofstuk 20

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36.

 

Hoofstuk 7

Nederigheid

Die eerste wese deur My geskape was Lucifer, die engel van lig. Geskape na My goddelike beeld het hy oor krag en mag beskik om ook te skep. Weens sy skoonheid en heerskappy as eerste engelwese, het hy hoogmoedig geword, wou homself verhef en met My gelykstel. Hy het My nie meer erken as die Bron van sy bestaan en die Krag waardeur hy geskep het nie. Al die eer het hy vir homself toegeëien en daardeur ‘n menigte ander engele mislei. My Eer gee Ek aan niemand en het hom uit My Ryk, op die aarde neergewerp saam met die menigte wat hom gevolg het. Lucifer se hoogmoed het hom baie duur te staan gekom.

Hieruit, My dogter, kan jy sien dat hoogmoed nie voor My of in My Ryk enige bestaansreg het nie. Dit is ‘n gruwel in My oë en hoort nie by een van My kinders nie. Satan sal egter altyd probeer om die wat aan My behoort te mislei met hoogmoedige gedagtes van, dit wat ek het is beter as die van ‘n ander, of dat jy beter en slimmer is as die persoon langs jou. My hele lewenswandel op aarde was in eenvoud. Ek het in ‘n eenvoudige huis grootgeword waar daar net die noodsaaklike was. Later, toe Ek begin met My lering, het Ek vissermanne gekies as My dissipels, mense op wie daar ook vandag baie neergesien word as eenvoudig en ‘dom’, tog geniet almal die vrug van ‘n visser se arbeid! Ook het Ons nie baie kosvoorraad met Ons saamgeneem nie, maar geniet wat Ons aangebied was om te eet, al was dit net uitgevryfde koringare.

Vandag sê Ek vir jou wat hier lees, wees nederig want Ek is nederig. Wees nederig en vriendelik teenoor jou vriende en betoon ouer mense die nodige respek. Die een moet die ander voorgaan in eerbetoon, want wie homself verhoog sal verneder word, en wie homself verneder, sal deur My verhoog word. Gaan lees die gedeelte van die Fariseër en Tollenaar wat in die tempel gestaan en bid het en leer daaruit. Ek sê vir jou dat die persoon wat uit liefde en met ‘n nederige hart na My kom en om vergewing vra, vergifnis sal ontvang. Gaan in die binnekamer van jou hart en vra My, dan sal Ek aan jou uitwys dit wat jy moet bely en uitwan in jou lewe. Amein.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205