Boek 3 - Mens, wie is jy?
VOLKSLEIDING-REEKS

Hoofstuk 24

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36.

 

Hoofstuk 11

Jy is Myne!

Ek het jou by die naam geroep en jy IS Myne! Lank reeds voor jou menswording het Ek jou lewenstyd bepaal, maar het jy al gedink waar jy vandaan kom en waarheen jy oppad is? Elke mens wat aan My behoort, het ‘n spesiale doel op aarde, ook jy.

So was daar Sara wat alle hoop op moederskap opgegee het en tog was dit deur haar wat Ek My volk gevestig het en was haar nakomelinge meer as die sand van die see.

Debora weer was van haar kinderdae ‘n gelowige en godvresende vrou. Sonder dat sy dit vooraf geweet het, het sy profetes en rigter vir die volk geword en moes hulle in ‘n moeilike tyd lei.

Rut was bereid om haar mense en alles wat vir haar bekend was te verlaat om te doen wat sy in haar hart oortuig was om te doen. Sy het by Naómi gebly en selfs haar skoonmoeder se geloof en God aangeneem. Ook was sy onbewus van die feit dat sy ‘n moeder in My geslagsregister sou word.

Ester het as weeskind by haar oom grootgeword, maar toe sy na die Babiloniese koningshuis geneem word, het sy gebly in wat sy as dogter geleer het. Sy het nooit haar geloof en beginsels prysgegee nie, selfs toe sy gekies is as koningin. Van haar groter doel en werk om as middelaar vir haar volk in te tree, het sy eers ná haar huwelik bewus geword, maar ook hierin het Ek haar gelei en was sy bereid om haar lewe te gee vir haar volk.

Maria, moeder van My aardse liggaam, het as reine maagd in die tempel grootgeword en eers geweet wat haar ware doel was, nadat die engel aan haar verskyn het. Tydens alle valse aantygings, het sy en Josef vas bly staan in dit wat die Gees aan hulle openbaar het.

So was daar Maria Magdaléna, ‘n duiwel-besete sondares, uit wie Ek sewe duiwels moes uitdryf. Na haar reiniging het sy My bo alles liefgehad en was sy die eerste by My graf nadat Ek opgestaan het.

Vele voorbeelde van vroue wat deur My gekies is vir ‘n spesiale opdrag, is ook in julle volksgeskiedenis te vind. Lees van hierdie vroue en leer van hulle. Beoefen die vrugte van die Gees en maak My deel van jou daaglikse lewe. Wees bereid om My voor die mense te bely al sou jy die enigste wees en moenie die meerderheid navolg in wat verkeerd is nie. Volg jy My en Ek sal jou uitred uit alle gevare. Amein.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205