Boek 3 - Mens, wie is jy?
VOLKSLEIDING-REEKS

Hoofstuk 26

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36.

 

 

DEEL 3 - Seun van God, Wie is jy?

 

Hoe sal ‘n jong man sy pad suiwer hou? Deur dit te hou na My woord. Amein.

 

Hoofstuk 1

 

02/05/2009

Ek, Skepper van die hemel en aarde, het Adam as eerste mens op die aarde geplaas om daarop te woon, dit te bewerk en te bewaar. Geskape na My beeld is hy aangestel as heerser van hierdie aarde. Jy, My seun, is as nakomeling van Adam ook na My beeld geskape en dus ook ‘n heerser in die kleine.

Wat beteken dit om na My beeld geskape te wees? Sou dit die uiterlike liggaamlike wees, dan beteken dit dat alle mans dieselfde lyk en tog is dit nie so nie. Nee, jy is geskep na My goddelike beeld van Liefde, Wysheid en Krag. Uitgebeeld as mens met ‘n liggaam, siel en gees. Daarom is jy My verteenwoordiger wanneer jy in My voetspore volg en My Woord nakom. Hieruit kan jy sien dat jou menswees deur My beplan is.

Ek is ‘n God van Liefde en uit Liefde het Ek jou geskape. In My alwysheid het Ek geweet wanneer jy op aarde moet wees en in watter gesin jy moet grootword. Ek het aan jou die krag tot lewe gegee om My te kan soek en dien. As jou Skepper, die een wat jou gevorm en gemaak het, het Ek ook die reëls gegee waarvolgens jy moet lewe. Maar jy, seun van Adam, is die kroon van My skepping want jy kan kies of jy My reëls wil nakom of nie. Jy is geskape met ‘n eie wil, onafhanklik van jou ouers en alle ander mense en moet self My wil dien. Kies jy My, word jy in Liefde verder gelei. Kies jy om jou eie pad te gaan, sonder My, dan volg jy die pad van die wêreld waar Satan heers. Amein.

Seun van God

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205