Boek 3 - Mens, wie is jy?
VOLKSLEIDING-REEKS

Hoofstuk 34

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36.

 

Hoofstuk 9

Waarmee sal Ek jou besig vind?

09/05/09

As jy om jou rondkyk sien jy mense wat almal besig is met een of ander aktiwiteit, of hulle is oppad iewers heen. Veral jongmense is altyd op soek na iets om hulle tyd mee te verwyl. Om besig te bly is nie verkeerd nie, maar is dit wat gedoen moet word tot jou voordeel en My eer? Daar is soveel waarmee die mens hom kan besig hou sonder dat dit enige positiewe gevolge het.

Kosbare tyd gaan verlore deur voor die TV te sit en kyk na programme wat teen My Woord en orde is. Programme waarin vreemde wesens, drogbeelde en drake voorkom is van die bose self, want alles wat Ek geskape het, was goed – dit was baie goed. Hierdie drake en wesens word in baie gevalle ook nog as vriendelik en mensliewend voorgestel en is ‘n slim set om jou op ‘n dwaalweg te lei. In ander weer, word swak taal, wellus, moord en doodslag as aanvaarbaar uitgebeeld en gebruik om hoogmoed en eie eer aan te wakker. Alles is daarop ingestel om die vleeslike te bevredig en dien geen doel om die siel en gees van die mens te verbeter nie.

In rekenaars en rekenaarspeletjies het Satan ‘n getroue bondgenoot gevind, want daarmee word baie tyd en siele van My weg gesteel. Die meeste speletjies is gemik op kompetisie deur die vyand te dood. Deur heeldag ‘n ander dood te maak, word dit in die siel ingebrand en so word bakleierige en moordlustige jongmense gekweek. Daarom word Satan beskryf as ‘n dief en mensemoordenaar wat soos ‘n brullende leeu rondloop en kyk wie hy kan verslind. Daar is egter nog vele ander middele soos tydskrifte en musiek, waarmee My kinders verlei en mislei word.

Jy is reg as jy dink dat alles nie net sleg is nie. Die TV en rekenaar is nuttig en die wysheid en vaardigheid om dit te maak kom van My. Dit is egter die gebruik en aanwending daarvan wat die probleem skep. Jy, My seun, moet daaroor heers deur self te besluit hoe jy dit wil en gaan gebruik. Kies die programme waarna jy kyk en die aktiwiteite waarmee jy jou besig hou met sorg - deur na die verkeerde te kyk, is ‘n vermorsing van kosbare tyd en daardeur stel jy jouself bloot om ‘n maklike prooi vir Satan te word. Daarom, koop die tyd uit, weerstaan die bose en hy sal van jou wegvlug. Amein.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205