Boek 3 - Mens, wie is jy?
VOLKSLEIDING-REEKS

Hoofstuk 4

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36.

 

Hoofstuk 3

Hoe, waar en wanneer om My te soek

Geliefde in My, dit is in deemoed en nederigheid wat julle My moet soek. Ek is Liefde en in liefde sal jy My vind wanneer jy jou voor My verootmoedig. Op Golgota het Ek reeds die prys vir jou betaal, daarom kan jy met vrymoedigheid na My kom, want Ek wag op jou. Jou sondelas het Ek gedra en vir jou die weg gebaan na volkome verlossing in My. Kom en kom gou, want by My is daar rus en vrede vir jou. Neem jou kruis op en volg My, want My las is lig en My juk is sag. By My is daar geen lyding nie en is jy van kommer vry, gee net al jou laste vir My. Glo, vertrou en neem My verlossing aan, maak dit jou eie en jy sal vrede ervaar, ongekend van aard.

Waar om My te soek? Vir die wat My liefhet, is Ek orals, maar vir die wat My haat is Ek nêrens te vinde. Reeds voor My kruisiging het Ek gesê dat Ek nie woon in tempels wat met hande gemaak is nie. Ook is Ek nie `n God van ver nie, maar van naby. Soek My in jou hart, jou allerheiligste skat, waar My Gees woon. Met `n onwrikbare geloof en vaste vertroue dat Ek binne-in jou is, sal jy My vind. Laat geen twyfel toe, want dit is `n teken van ongeloof. In jou hart is waar Ek met jou praat, met `n sagte stem en in liefde. Rig jou vrae daar en vind jou antwoorde. Ja, Ek praat ook met jou deur ander mense en deur My Woord, maar die sagte fluistering in jou hart kom uit `n ander oord!

Soek My as jy opstaan, as jy besig is met jou daaglikse take en as jy gaan lê in die aand. Soek My die hele dag, want Ek is met jou. Aan jou doen Ek My Woord gestand en hou jou in My reddende regterhand. Amein.

Vir jou het Ek gesterf en gered van verderf.

Daarom, kom na My, sodat Ek jou kan bevry

Jou sondelas het Ek gedra sonder dat jy daarom vra

In Liefde teer kyk Ek op jou neer en seën jou weer en weer.

Amein.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205