Boek 3 - Mens, wie is jy?
VOLKSLEIDING-REEKS

Hoofstuk 7

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36.

 

Hoofstuk 6

Jou doel op aarde?

Regdeur die Bybel het Ek in My Alwyse Barmhartigheid verskeie vroue geroep en gelei in belangrike take wat hulle vir My moes verrig. Net so is daar ook vir jou `n baie spesiale opdrag wat jy net by My kan kry. Kom ons gebruik `n paar vroue as voorbeeld:

Sarah wat in groot eerbied en nederigheid haar man ‘my heer’ genoem het, is uitverkies om op hoë ouderdom vir Isak te baar. Met hom is `n ewige verbond bevestig en is hy `n stamvader van My uitverkore volk deur wie My Woord en Wet uitgedra word.

Verstote Lea met die dowwe oë het haar groot hartseer en verlange gedra en geweet dat sy die nie-geliefde was. Tog het Ek haar in genade en barmhartigheid aangesien en geseën met ses seuns, stam­vaders van Israel, en `n dogter. Dit was eers na die dood van haar suster Ragel dat haar man hom na haar gekeer het. Met lydsaamheid het sy haar las gedra en die seën daarvoor ontvang.

Hanna het, toe haar moederskoot gesluit bly, haarself verdeemoedig en in gebed en smeking na My gekom. Ek het haar opregtheid aangesien en aan haar Samuel gegee – een van die grootste profete en priesters vir My volk. Ook het Hanna haar gelofte aan My gestand gedoen en hom aan My teruggegee, iets wat vir `n moeder nie maklik is nie, maar haar gelofte het sy betaal, ten koste van haarself.

Debora was `n vrou van innerlike krag en sterkte wat sy van My ontvang het, omdat sy My geken en liefgehad het. Ek het haar geseën om as profetes en rigter my volk te lei. Wees ook jy `n Debora en soek My in al jou weë en jy sal vele na My lei.

Rut het alles wat vir haar bekend was verlaat, haar skoonmoeder bygestaan en boweal My aangeneem as haar enigste God en Verlosser. In eenvoud het sy haarself nie geag nie en saam met die armes are opgetel. Haar loon was meer as waarvoor sy gevra het en was deel van My geslagsregister op aarde!

In `n vreemde koningshuis, met heidense gebruike en gewoontes, het Ester haar geloof en vertroue in haar God behou en nooit haar waardes opgegee nie. Toe haar volk die dood in die oë staar, het sy gevas en gebid en was sy bereid om haar eie lewe te gee om voor die koning te verskyn en haar pleidooi aan hom te rig. Daar is geen groter liefde as wanneer iemand sy lewe vir sy naaste gee nie!

Maria wie se geloof haar gered het toe sy uit groot liefde My gesalf en met haar hare My voete afgedroog het. So is daar ook vele vroue in julle volksgeskiedenis van wie geleer kan word. Saam met die positiewe is daar egter altyd die negatiewe teenpool. Delila, die verleidster, ook die twisgierige vrou, die owerspelige vrou, die vrou wat met lis vir eie gewin haar man beïnvloed om die verkeerde besluite te neem en nog vele ander.

Maar jy, uitverkore vrou, bestudeer hierdie vroue se karaktereienskappe. Neem die positiewe en maak dit jou eie. Kyk na die negatiewe en die gevolge daarvan, wan dit uit jou lewe sodat die vrugte van die Gees deel kan word van jou wese. Met My hulp sal jy liefde, vrede, blydskap, vriendelikheid, lydsaamheid, geduld en selfbeheersing ervaar. Vervul so jou doel om met My te verenig, sodat Ek in en deur jou kan werk. Hoe meer jy My opsoek, hoe duideliker word My beeld in jou en hoe helderder sal jou lig skyn. Klee jou met My wapenrusting en trek die skoene van bereidwilligheid aan en Ek sal jou lei op die weg wat jy moet gaan.

Amein.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205