Boek 4 - Jou Kruisiging
VOLKSLEIDING-REEKS

Hoofstuk 4

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7.

 

Deel 3

Bekering

Soos aan Nalize gedikteer op 30/4/2009

Wie soek sal vind, daarom sal elkeen by My vind waarna hy/sy soek. As jou begeerte Medelye of Oordeel is van die Almagtige, sal jou hart jou dade so rig en jou begeerte is wat jy sal ontvang. As jy hierdie in vrees verlang, sal dit met tyd aan jou gegee word, maar as jy met vrede en volle vertroue daarna verlang, sal dit jou in jou daaglikse wandel gegee word. Bly warm in jou geloof en jy sal jou tekortkominge vinnig waarneem met wat Ek oor jou pad toelaat. As jy nie lank wag om die tekortkominge uit te sorteer nie, sal Ek ook nie lank wag om My geheimenisse met jou te deel nie.

Uitsorteer behels deeglike ondersoek in jou hart oor alles wat jy dink en voel wanneer jy iets doen. As jy die uitgewysde fout by jou hart, liggaam of verstand bemerk, as gevolg van ‘n mate van liefdeloos­heid, moet jy in berou en respek tot My keer en Ek sal jou was in My Bloed. Dit beteken ook dat Ek jou sal vergewe in My groot Liefde. Só wil Ek ook hê moet jy ander hanteer wat met jou sake uitsorteer. Ek is egter nie kwaad totdat jy weer in vrede met My leef nie. Ek laat jou net oor aan jou swakheid van angs, vrees of selfverwyt wat jy vir jouself geskep het. Wees verblyd dat die saak ook tussen My en jou bly en Ek jou in Barmhartigheid weer Vrede en rus laat ervaar in My Liefde sodra jy tot My Orde terugkeer. Hanteer jou naaste ook Barmhartig en My orde sal onder julle seëvier.

Laat dit ver van jou wees om wrewel en ergernis te ervaar en in jou hart gevange te hou teenoor andere vir enige misstap en swakheid, maar wees jý die nederige wat vergewe om jou Rus in My deelagtig te bly. Op die punt waar die ander party van sy swakheid bewus raak en My óf jou om verskoning kom vra, moet jy My handeling weerspieël. Laat My Lig dan altyd só deur jou skyn en jy word waardig Mens na My Beeld. Amein.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205