Boek 6 - Die Voorloper in jou
VOLKSLEIDING-REEKS

Hoofstuk 3

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10.

 

Hoofstuk 2

Die begin van My in jou

Die Waarheid sal jou vrymaak en daarom word jy vry as jy My in jouself vind. Ek is die Waarheid, die Weg en die Lewe. Wie in My bly en Ek in hom, dra veel vrug en sonder My kan julle niks doen nie.

Geen ander Waarheid is daar buite My nie en daarom wil Ek aan jou hierdie reeks bring om jou die Weg, herkoms en heenkome te toon tussen al die aardse wat as skynbeeld vir jou geskape is om jou tot Vryheid in My te laat ontwikkel. Ek het jou lief en daarom hoef jy nie ver te soek om My in jou te vind nie. Alles is joune as jy My as erfdeel verkry en daarom is alle weë ook tot jou beskikking as jy in My ontwikkel, want jy raak kragdraend, soos Ek en het ‘n wil, soos Ek, maar daarom kan dit net tot die hoogste saligheid ontwikkel in My. Buite My is daar altyd ‘n beperking van een of ander aard. Soek My terwyl Ek nog te vinde is, want alhoewel hierdie skynbeeld sal bly bestaan, totdat Ek die orde daarvan ophef om ‘n nuwe orde daar te stel, sal jy nie tot aan die einde in staat wees om My te vind soos nou nie. Jy moet egter daarin slaag om My in elke situasie te vind as toevlug, sodat jy die einde van hierdie orde kan deurleef in My. Amein.

Waar vind jy My dan? Ja, wel in jou hart, maar daar is ‘n dieper plek waar Ek nie net ‘n gewete, vriend, eggenoot of alles vir jou is nie, maar ook jou hartklop, jou bestaan in die ewigheid. Dit is die begin van My in jou. Daardie vonk IS jou bestaan in die werklikheid. Solank soos wat jy asemhaal is daardie vonk van My in jou en kan dit groei tot ‘n allesoorheersende vlam, maar wanneer jy hier ontslaap, neem Ek daardie vonk om geweeg te word en die oordeel wat jy vir jouself gekies het, sal jou lot wees vir ‘n baie lang tyd.

Amein.

Hoofstuk 3

Die Lewe in jouself

Daar waar My vonk van Lig, Lewe en Liefde in jou binneste brand, daar is jy in staat om te skep, soos Ek – skeppings wat lewe, soos jy. Jy word egter nie toegelaat om die vonk te vind en te gebruik solank soos wat Ek nie jou Bron is nie. As alles wat jy doen uit My ontstaan en in My lewe, sal jou skeppings tot lewe geroep word en jy ook in My lewe as volkome wedergeborene. Jou skepping hang dus af van jou vereniging met My.

In hierdie sin wil Ek jou vrugbaarheid aanspreek. Die oomblik wat jy daardie vonk in die lewe roep of betrek by die vorm van ‘n nuwe lewe of nageslag, sal die nageslag die vonk in nog ‘n groter mate deelagtig word vanaf die heel begin, want jy sal die Kern van die Liefde in hulle lê tydens bevrugting. Jy sal nie afwyk van die suiwerheid waarmee die oorspronklike gedagte om ‘n nageslag gevorm is nie en die skepping sal dus met ‘n voorsprong die suiwerheid van jou Lig, Lewe en Liefde in hulleself opneem om nóg nader aan die Almagtige LiefdesBron te kring. Só word die aarde geseën deur jou nageslag, want al hoe meer Lewe word geskep in hierdie skynbeeld en dus sal al hoe meer lewe die Lig vind, soos julle. Wees seker om elke oomblik te kies om in die Kring van Lig, Lewe en Liefde in jouself te beweeg, sodat al die krag wat jy gebruik tot eer en in die Ligkring van die Almagtige self beweeg.

Jy sal ook in staat word daartoe om skeppings te verbuig, te versamel en te verbruik tot My eer deur jou krag reg aan te wend as jy in My sfeer binne jou beweeg deur toe te laat dat die wil van dit waarmee jy werk in diens van die Allerhoogste floreer. Jy kan dus insprake uitoefen op alles wat rondom jou lewe se wil, deur suiwerheid in jou wil. As jy geen eiebelang of hoogmoed toepas by die wil wat jy gebruik nie, sal die skepping hom aan jou onderwerp om ook te wil wat die Almagtige wil. Alles is om die werklikheid in die skynbestaan te ontsluit tot verheffing van die verlorenes uit hulle gevalle toestand. Geen wil sal egter beïnvloed of gedraai word om die siel tot nadeel te strek nie, maar uitsluitlik om die lewende voor jou, geleentheid te gee om te kies om op die regte nou Weg die ewigheid deelagtig te word.

Amein.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205