Boek 6 - Die Voorloper in jou
VOLKSLEIDING-REEKS

Hoofstuk 4

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10.

 

Hoofstuk 4

Die inhoud van materie

Hierdie konsep is al vele kere uitgestip deur wat geskryf is. Ook in die Bybel as My Woord, is daar gemeld hoe materie ontstaan het en waar Ek deel geword het daarvan, maar die inhoud van materie as bron van ontwikkeling in die Ewige Liefde het nog nie veel aandag geniet in hedendaagse skrywes nie.

Ek is die Skepper van alles wat bestaan en kan daarom aan jou die inhoud so duidelik uitlê, soos wat jy op hierdie stadium kan begryp. Alles is nodig om jou te verlig om dieper met My Wese te verenig, sodat die Lewe van Waarheid vir jou werklikheid word soos wat jy aangaan. Wees verseker dat alles sal vergaan as Ek My van enige iets onttrek. Ek is die Bron en dus die eerste inhoud van materie.

Ek as inhoud is egter nie waarneembaar nie, selfs nie in die beste wetenskaplike laboratorium nie, want Ek is dit wat alles aanmekaar hou en deur die slimmes van hierdie aarde ontken word. Jy sal My nie nodig vind of waarneem as jy My ontken nie, maar die oomblik as jy uit jou gekluisterde toestand in die materie vrykom, sal jy verstaan waarom Ek wel die kern van alle materie uitmaak. Jy sal selfs alles wat jy nou sien in ‘n hoër of laer mate op ander plekke in die heelal vind en steeds weet waarom Ek die kern daarvan uitmaak as jy My begin raadpleeg. Amein.

Laat dit dan nie lank uitbly om die inhoud van wat jy sien te koppel aan die Kern van alles wat bestaan nie. Alle materie is dan die vasgevangde siele van engele wat teen My gedraai het. Die siele word gelei deur swaarkry, loutering en ontnugtering tot hoër vlakke, waar hulle wil dan weer per keuse met My wil sal verenig. So lank soos wat ‘n siel hard bly en die weg kies wat aanvanklik sy val bewerk het, sal hy voortbestaan in die hardste vorms van materie, wat ook die meeste swaar behandeling ondergaan. Hoe nader die wil aan suiwerheid neig, hoe sagter raak die voorwerp of lewende organisme waarin die siel opgeneem word. Hierdie is soos die lewenskringloop van Lig bewerk word: deur die swaar, donkerte van die aarde, sal die skemer en later die dag die lewe van die skepping omvorm totdat dit opgaan in My Wil en ewige Lig deelagtig raak.

Jy as mens is die verste gevorder op jou weg na die Ewige dag en Ewige Lig, maar jy moet steeds daagliks sieledele van die gevallenes in jou opneem deur die voedsel wat jy eet en die water wat jy drink. Hierdie omvorming van alles wat jy inneem om te veredel in die Waarheid of die onderwerping aan My Wil is ‘n keuse en hang af van jou wil daardie dag. Jy kan kies om sekere oomblikke op te gee en net na willekeur te eet en te drink en dit kan vir jou ‘n swaar tyd meebring waarin sieledele ‘n groot inspraak op jou wil het. As jy dan nie toegee nie, word ook dit wat jy inneem se wil onderwerp aan My wil, maar te veel kere is ‘n enkele oomblik van waardes oorboord-gooi en inneem na willekeur, al wat Satan verlang om weer ‘n houvas op jou te hê. Nederigheid is egter die sleutel tot oorwinning hierin.

As jy in nederigheid al die neigings van jou liggaam oorheers deur dit te onderwerp aan diensbaarheid teenoor My of jou naaste, sal die neiging spoedig die wyk neem, omdat dit nie kan standhou in die Ware Lig nie. Die Lig van My in jou verdryf alle kwaad en is jou swaard teen die aanvalle van die bose wat ewe hard stry om jou terug te neem as gekluisterde in die ewigheid. Word deel van My wat heers en die heerskappy is ewig joune in My. Die heerskappy waarna Ek verwys is egter nie buite die Liefde of Barmhartigheid, soos die bose se heerskappy nie. As jy egter vlakke van vrees of duister beleef, kan jy maar eerder jou rug daarop keer en weer in nederigheid die Ware in jouself gaan soek.

Ek stuur jou na geen ander as na jou innerlike toe nie, omdat Ek die beste weet hoe om jou probleme aan jouself te ontsluit. As jy dan die vrees se oorsaak in jou raaksien, maak vrede daarmee deur dit aan My oor te gee en te vertrou dat Ek dit sal uitklaar en jy deur vergifnis en verootmoediging weer blydskap in My sal vind. Net as jy vreugde in My ervaar, kan jy die Lig in jou waardeer, daarom wil Ek jou daarheen lei. Amein.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205