Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 102

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 102 -

BOREM SE GOEIE ADVIES OOR DIE KORREKTE INNERLIKE GESINDHEID TEENOOR DIE MEESTER EN DIE HANTERING VAN STOÏESE GEAARDHEDE.

(Borem kom nader en sê): "Wel broer Martin, hoe gaan dit met jou moed? Het dit al opgeraak, of gaan dit?"

(Biskop Martin): "Ag, ag, dit kan `n mens regtig onderkry! Hierdie Sjinees lyk of sy nogal baie van die ou Asiatiese poësie bewaar het, maar daar eindig dit en dit is al geestelike verfyning wat hulle besit. In alle ander moet hulle sekerlik die mees onkundige mense op aarde wees! Vergeleke met dié gladde koppe, die Kaffers, Hottentotte, Malgasse, Maori's en die Australiese inboorlinge ware Plato’s en Sokratese wees! Kan jy jou voorstel, liewe broer, waarvoor die mooie Pekinees my beskou? Dit is gek, maar luister: Sy beskou my eintlik as niks minder as `n ware esel nie! En dit is nie in `n figuurlike sin nie, maar in die ware sin van die woord! `n Ware esel! Dit is werklik `n bietjie verregaande!"

(Borem): "Natuurlik is dit verregaande om `n gasheer en `n hemelse gasheer daarby, as `n ware esel te beskou! Maar jy moenie bekommerd wees daaroor nie, want op hierdie manier is jy bevry van jou plig teenoor haar. En daarvoor kan jy die Meester dank, Wie die hele kwessie hierdie draai in jou eie en in Chanchah se belang gegee het. Daarom, bly kalm en aanvaar geduldig wat na jou toe kom en met verloop van tyd sal alles self regkom. In die toekoms, liewe broer, moenie te beïndruk wees met jou eie belangrikheid as gasheer nie en dan sal dinge baie beter uitwerk, selfs met Chanchah."

(Biskop Martin): "Ja, jy is reg, ek sien nou dat wanneer die Meester teenwoordig is, moet ek nooit soos `n gasheer voel nie. Ongelukkig kry `n mens soms diep bevrediging om `n persoon van belang te wees. Ek verstaan nou ten volle dat dit die beste is om `n niemand te wees nie. Die dom misbruik deur die Sjinees het my weer reggekry. Ek het haar onkunde vergewe, maar jy kan seker wees dat ek in die toekoms slim genoeg sal wees om haar te vermy. Want om een keer `n esel verklaar te wees, sal ek nie waag om weer op dun ys te skaats nie."

(Borem): "Jy is reg, broer, maar hou jou stem laer, want Chanchah hou jou dop. Sy is regtig baie argeloos, maar sy het `n baie sterk begeerte om die klomp verborgenhede van haar tuisland hier in die geestewêreld te deurgrond. Daarom wend sy nou alle pogings aan om duidelikheid te kry oor ten minste die belangrikste punt van haar geloof. Dit is die manier wat al daardie mense optree in hierdie wêreld, in wie se lande op aarde daar baie misterie met betrekking tot die omstandighede hier is. Jy moet hulle baie versigtig behandel, want hulle is soos hongerige mense op aarde wat nie toegelaat moet word om hulle dadelik vol te eet nie, maar slegs kos gegee word in klein porsies, sodat dit nie hul gesondheid in gevaar stel nie. Dit is `n feit dat mense wat in groot duisternis op aarde gehou was, `n buitensporige honger en dors ontwikkel om vir hulself talle verborgenhede te openbaar wanneer hulle in hierdie wêreld kom. Hierdie verborgenhede het hulle verbeelding en poëtiese krag baie gevoed, in `n groot mate verteenwoordig deur simbole en metafore en byna ten volle besit geneem van hul innerlike. As hulle in hierdie wêreld dadelik genader word met die suiwer lig, sou dit hulle heeltemal vernietig, aangesien dit sou neig om hulle innerlike wese te ontbind. Daarom moet jy hulle behandel met baie sorg soos `n ou vervalle huis wat jy stadig en versigtig moet herstel, as jy nie wil hê dat dit heeltemal inmekaarstort nie. Natuurlik kan `n verwoeste huis weer opgerig word volgens dieselfde plan, maar met nuwe materiale. Maar dit is nie moontlik met `n menslike wese wie se samestellende dele almal bewaar moet word nie, of hy sal ophou om te bestaan as een en dieselfde persoon. Ek vertrou dat dit nou vir jou duidelik is en dat jy baie versigtig sal wees. Waar wat hierdie Sjinese vrou betref, moenie doen of sê wat die Meester nie vir jou sê nie en alles sal vlot verloop. As jy `n vraag vir die Meester of my het, vra dit net in jou hart. Die antwoord sal ook in jou hart geplaas word, soos in die geval met my nou. Ek bly die Meester vra wat om te doen in die een of die ander situasie en die Meester maak dit onmiddellik vir my duidelik wat ek moet doen, of indien nodig, hardop sê. Pasop, die Sjinese nader jou! Moenie probeer om te dink wat jy wil sê nie, maar vra die Meester in jou hart en Hy sal die woorde wat jy moet praat in jou hart plaas. Jy is nou ten volle onderrig, tree dienooreenkomstig op en daar sal geen probleme wees nie. Hoe ook al, moet geen aanstoot neem indien Chanchah jou nog steeds as `n regte esel aanspreek nie."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205