Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 103

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 103 -

DIE SALIGE VRUGTE VAN MARTIN SE VERNEDERING.

(Biskop Martin, sê nou in sy hart): "Ek dank jou met al die liefde van my hart dat jy my meer duidelik as ooit tevore onderrig het in hierdie mes belangrikste dinge. Ek begin maar net om te besef wat dit beteken om `n geestelike mens te wees en as sodanig te praat en op te tree. Nou het ek ook verstaan wat `n maanbewoner my vertel het, toe ek die eerste keer hier was onder leiding van die Meester, in antwoord op my dom stellings wat ek dom genoeg was om hom te probeer aanbied as hemelse wysheid. Ja, broer, nou begin ek om te sien. Ek sien die werklikheid, waar ek nog vantevore geglo het om wonderwerke, of die eienaardighede van hierdie wêreld te sien. Ek dank jou, my liewe broer en veral U, my God, Meester en Vader. Ja, nou weet ek ook dat alles goed sal gaan. In hierdie gemoedstoestand vrees ek nie `n duisend Sjinese vroue nie en sal weet hoe om hulle te hanteer."

(Borem sê in die geheim aan hom): "Dit is waar, broer, maar jy moet jouself nog steeds dophou, in die begin kos dit nogal `n poging om te swyg wanneer jy geneig is om baie te praat en uit gewoonte kan jou tong skaars beheer word. Soms, vir `n waarskynlik verstandige rede, plaas die Meester nie dadelik `n antwoord in ons harte nie. Dan bedoel Hy dat ons rustig en geduldig moet wag, in `n gesindheid van liefde en onderdanigheid, totdat dit Hom pas om die gewenste antwoord in ons harte te plaas. Hou hierdie addisionele raad in gedagte, liewe broer en jy sal geen probleme hê nie. Maar berei nou jouself voor vir die Sjinese, wat jou al byna bereik het."

(Biskop Martin sê in sy hart): "Sy kom waarskynlik met `n hele legioen ware esels! Maar, ek sal hulle dra soos die oneindigheid van die ruimte die onbeperkte menigte sterre, planete en sonne onvermoeid dra. In u Naam, Meester, kan nou kom wat wil. My geduldige rug sal enige gegewe kruis met liefde en sagmoedigheid dra. So, in die Naam van die Meester!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205