Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 104

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 104 -

VERSOENING TUSSEN DIE SJINEES EN MARTIN. OOR BELEDIGING EN VERGEWING VOLGENS SJINESE GEBRUIK.

(Chanchah tree nou voor Biskop Martin in, glimlag liefdevol en sê in `n soet, bewende stem): "Beste vriend, jy het weggestap sonder `n woord toe ek vroeër my verskoonbare vermoede oor jou aard uitgespreek het, na aanleiding van jou onvermoë om my vraag te antwoord. Ek dink nou dat my vermoede jou diep geraak het. As dit die geval is, vergewe my asseblief nadat jy my gestraf het soos jy goeddink. Vergewe my asseblief en ek maak `n heilige belofte om jou nooit weer vrae te vra nie en nooit weer sal ek jou aanstoot gee nie, nie deur na jou te kyk, of deur my woorde nie. Dit is `n gebruiklike geloof in my land, waarvoor ek nie verantwoordelik is nie, dat mans wat nie baie intelligent is nie, eintlik diere is. Toe ek onder die indruk was dat dit jou ontbreek aan intelligensie, het ek jou beskou as `n dier. Maar ek is nou oortuig dat ek `n fout gemaak het. Ek het onmiddellik my fout betreur en wou my aan jou voete werp. Maar toe ek sien dat jy met jou broer praat oor iets wat blykbaar baie belangrik is, en ek wou nie inmeng nie en het gewag totdat julle jul bespreking beëindig. Dit blyk nou die geval te wees en dus doen ek wat ek veel eerder moes gedoen het. Ek val aan jou hemelse voete en vra jou om my te straf en dan my, my sonde teen jou te vergewe, u heerlike en groot burger van die hemele." Met hierdie woorde, gooi sy haarself aan Martin se voete.

(Martin, diep getref deur die mooi smekeling, sê): "Ag, hemelse Chanchah, staan onmiddellik op. Hoe kan jy dink dat ek jou wil straf, jy vir wie ek so baie lief is? Beskou jy my as een van daardie genadelose Sjinese? Mag die groot, ewige, heilige en waaragtige Lama my beskerm teen so `n ding! Staan vinnig op, want ek kan nie verdra om jou so te sien nie, my hemelse Chanchah!"

(Chanchah staan vinnig op en sê). "Liewe vriend, die mense in jou land moet baie, baie beter wees as dié in die groot ryk op aarde waarin ek gebore is. Met ons kan `n oortreding nie sommer net vergewe word soos jy nou net gedemonstreer het nie. In ons land, as jy iemand aanstoot gegee het, moes jy jouself voor hom neergooi, hom eerste vra vir `n regverdige straf vir die oortreding en daardeur, om vergifnis. In geval van `n ernstige belediging, moes jy smeek om gedood te word en slegs dan vergewe te word. Want hulle almal glo dat jy net ten volle kan opmaak vir `n belediging deur `n fisiese teenstryd. Eers nadat dinge reggestel is, kan die oortreder die beledigde vra om hom ook in sy hart te vergewe. Dit is hoe dit in my land is en dit sal baie dinge verduidelik wat jy in my sien wat dalk in stryd is met jou land se gewoontes. Ons wette is baie oud en streng en wee hom wat sou probeer om die interpretasie van daardie ou wette te versag, om te beweer dat hulle nie steeds dieselfde is as wat Lama self gegee het aan die eerste mense paartjie nie. Jy weet, liefste vriend, julle wette hier is sag en vriendelik. Omdat ek waarskynlik nooit ooit enige iets meer te doen sal hê met die wette van my land nie, hoef ek dit nie hier te hou nie. Daarom sal ek nou julle wette hou en dan sal ek nooit verkeerd gaan nie. Wat is jou mening?"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205