Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 105

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

-Hoofstuk 105 -

DIE HEMELSE WET VAN LIEFDE EN DIE SALIGE EFFEK.

(Biskop Martin): "My beminde Chanchah, ek is seker jy is heeltemal reg. Maar daar is iets waarop ek jou moet wys, naamlik, dat ons burgers van die hemel geen werklike wette het nie. Ons leef sonder wette, die mees vrye denkbare lewe in God, ons Meester. Om te woon in God, die Meester, beteken om te lewe in die liefde vir ewig. Liefde stel alles vry en ken geen wet buite Haarself nie. Daarom het ons geen ander wet hier buiten om lief te hê nie, wat nie eintlik `n wet is nie, maar in plaas daarvan, ewige, volmaakte vryheid vir alle mense. Verstaan jy dit?"

(Chanchah): "Ja, ek verstaan en ek is regtig bly dat ek so `n goeie lering kan verstaan. As liefde, selfs terwyl dit geheim gehou moet word, sulke uiterste geluk aan `n liefdevolle hart kan gee, hoeveel gelukkiger moet diegene wees wat deur liefde alleen regeer word en niks anders nie. O ja, waar liefde die wet is, moet alle wesens wat daaronder leef, sekerlik die hoogste graad van saligheid hê. Wat se nut kan die sonskyn vir `n mens hê, as daar geen warmte is nie? Watse nut sou goud en juwele hê, indien hulle eienaars ysige harte van klip het? O, vriend, wat jy nou vir my gesê het, is baie heilig. Ek begin te verstaan wat jou heel beste vriend op geskimp het toe hy vir my gesê het: "Jjou liefde vir my sal alles aan jou openbaar." Ja, hierdie liefde het reeds baie aan my geopenbaar en my hart vertel my dat daar nog baie meer sal wees. Ek het julle almal lief met die hitte van die middagson en in die besonder hom wat my nog sy naam skuld. Jy moet my vergewe dat ek jou vriend en broer soveel meer liefhet as vir jou. Ek weet nie wat die rede is nie, want hy is nie regtig meer aantreklik as jy of jou broer Borem nie, sy gewaad is ook nie mooier nie. Maar sy groot blou oë het `n onbeskryflike aantrekkingskrag en hy het `n lyn om sy mond, wat `n goddelike uitdrukking aan hom gee, sodat `n mens lus voel om hierdie liefdevolle persoon vir die ware beeld van Lama te neem. As ek my hart in sy liefde vir hierdie een vra, vertel dit my: Chanchah, vir my is dit die groot, heilige Lama self. Wie anders kan praat op so `n hemelse wyse of met `n woord `n vyeboom skep gelaai met vrugte en dan dit gee as `n lewende teken van Sy liefde vir Chanchah, wat Hom bo alles liefhet? 

Wie anders het sulke wonderlike, liefdevolle oë en so `n goddelike mond? Net my hart se mees geliefde Lama! Weet jy, liefste vriend, dit is net my hart wat so praat, nie my gedagtes nie, alhoewel laasgenoemde graag die stem van die hart wil volg indien dit nie bang was om `n sonde te pleeg nie. Want eintlik is die gees nie `n baie streng regter waar die hart diep betrokke is nie en is nogal geneig om te deel in die hart se entoesiasme. Dit is nou die geval met my. My hart aanbid die glorieryke een en my gedagtes wil graag dieselfde doen as dit die enigste een was en nie so baie ander rondom nie. Maar ek sal binnekort `n toerstand bereik waar ek nie langer sal omgee vir al die ander geeste nie, maar net my hart sal volg. Miskien sal dit my help om die regte doel te bereik, omdat daar geen ander wet hier is nie, maar die van die liefde. Wat sê jy daarvan, liewe vriend?"

(Biskop Martin): "Allerliefste Chanchah, daar is nie veel wat ek daarop kan sê nie. Volg net jou hart en jy kan nie verkeerd gaan nie. Uiteindelik sal jou gees ook verlig word. Dit is al wat ek vir jou op hierdie stadium kan sê."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205