Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 107

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 107 -

DIE MEESTER SE ADVIES AAN DIE NUUSKIERIGE NUWE BURGER VAN DIE HEMEL. DIE GELYKENIS VAN DIE TOEGEKNOOPTE SAK. MARTIN GERUSGESTEL.

Toe Ek vanaf haar landgenote na Chanchah terugkeer af, kla sy by My oor Biskop Martin se houding en dat sy nie nou weet wat om van hom te dink nie.

(Ek sê vir haar): "Luister, My liewe Chanchah, is jy regtig verhard oor My broer, sonder om te dink dat hy dalk vertroulike instruksies het wat sy tong kan bind, tot jou eie voordeel. Daarom moet jy hom, wat een van my edelste vriende is, in die toekoms met meer agting behandel, sodat jy hom nie in die verleentheid stel en sy hart bedroef maak nie. Wat jou eerste ses vrae betref, kan ek jou verseker dat daar niks in hierdie vriend en broer is om jou vermoedens te regverdig nie. Dit is vir `n baie verstandige rede dat hy verleë word elke keer as jy My met hom wil bespreek. Maar jy sal nooit die rede vir sy verleentheid raai nie. Omdat die ware rede vir sy verleentheid nie onder jou vrae is nie, kan hy dit nie antwoord nie. Wat jou laaste drie vrae betref, kan hy ook nie antwoord nie, want jy het nie die werklike rede vir sy verleentheid uitgedaag met jou eerste drie vrae nie en kan dit nie nou uitdaag nie, omdat jyself die rede nie weet nie. Watter antwoord hy ook al kon gee, was dit bevestigend of negatief, dit sou `n onwaarheid wees. Wat nooit in die koninkryk van die hemele mag wees nie, selfs as iemand `n onwaarheid wil praat, sou hy nie in staat wees daartoe nie. Daarom het vriend Martin, wat baie lief is vir jou, liewer stilgebly en eerder jou minagting verdra as om vir jou, sy geliefde Chanchah, te lieg. Was dit nie prysenswaardig van hom nie?"

(Chanchah, ook `n bietjie skaam): "O, glorieryke vriend, indien dit die geval is met ons gasheer, is ek baie jammer om die oorsaak te wees van dit wat hom sonder twyfel diep seergemaak het. Ek wens ek kon dit regstel. Ja, ek is regtig jammer daaroor. Maar miskien is dit nie alles my skuld nie, want soos jy, my heerlike, magtige vriend, bewus is, is ek `n vreemdeling hier en weet nog nie wat en hoe `n mens mag vra in hierdie wêreld nie. Maar aangesien jy my nou `n idee gegee het van hoe om op te tree, sal ek in die toekoms daarby hou. Vertel my net een ding: Hoekom is dit nie moontlik om hier `n antwoord op `n ongemaklike en onoordenkte vraag te kry nie?"

(Ek sê): "Dit is heel eenvoudig, my liefste Chanchah. Kom ons neem aan dat jy My `n stewig toegebinde sak gee met die versoek om dit oop te maak en daaruit vir jou `n duisend pragtige juwele te gee. Ek sou jou vra of jy seker is dat hierdie skatte wel binne in is, maar jy sou sê nee, jy is nie seker dat hulle binne-in is nie, maar jy vermoed dat dit is. As Ek egter positief was dat die sak nie die juwele bevat nie, maar net harde grondkluite en nog steeds die sak oopmaak en jou die kluite gee in plaas van die juwele, wat sou jy van My dink as jy uitvind dat Ek bewus was van die sak se inhoud en jou net wou skaam maak vir jou onkunde? Sal jy My nie verwyt dat Ek die sak oopgemaak het terwyl Ek geweet het wat dit bevat sonder om jou eers vooraf te sê wat dit bevat nie,? Dieselfde geld hier vir `n twyfelagtige vraag. Dit is soos `n sak wat stewig toegemaak is en van Martin verwag word om dit oop te maak en vir jou te gee wat jy vra. As dit nie bevat wat jy wil hê nie, vertel My, wat is Martin veronderstel om te doen? Moet hy die een wat hy so baie liefhet, beskaam? Wat dink jy, soete Chanchah?"

(Chanchah): "Ag ja, my glorieryke vriend, wanneer jy praat, lyk alles baie duidelik en ek verstaan ten volle die waarheid van jou woorde. Maar dit is nie so as vriend Martin praat nie. Hoe meer hy sê, hoe minder verstaan ek wat hy bedoel en dit forseer my om te probeer penetreer met dieper en meer vrae, waarop hy egter nie `n enkele definitiewe antwoord aan my kon gee nie. As hy net een vraag definitief beantwoord het, sou ek nie aanhou vra het nie. Of hy kon my ten minste gewys het, soos jy nou net gedoen het, hoe `n mens vrae hier moet vra om antwoorde te kry en of `n mens enigsins vrae mag vra, of nie. Sedert ek nie lig op hierdie punt gehad het nie, moet jy en Martin my verskoon vir die feit dat ek te ver gegaan het met my vrae, wat vir ons goeie vriend Martin, `n groot oorlas moes gewees het. O, vriend, wat `n merkwaardige plek is dit die! Oral waar jy kyk, is daar wonders op wonders, nooit vermoed op aarde nie. Wie sulke onverstaanbare manifestasies sien, sal nie om `n verduideliking vra van diegene wat meer ervare is nie? Wie bewerk al hierdie wonders? As dit die hemel is, waar is Lama Wie dit laat ontstaan het? Vertel my, mees geliefde vriend, is sulke vrae nie natuurlik en verskoonbaar onder sulke omstandighede nie?"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205