Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 112

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

-Hoofstuk 112 -

SATAN AS 'N MONSTER IN DIE SAAL. DIE VERSTERKENDE ETE. GELLA HERKEN DIE MEESTER.

Na `n kort tydjie gaan die deur van die saal oop en beide Martin en Borem, elk met `n sterk ketting in hulle hande, trek `n afskuwelike monster aan die kettings in, gevolg deur `n groot aantal kleiner monsters wat net so afskuwelik lyk. By die aanskoue van hierdie verskriklike gaste, word Chanchah en Gella paniekbevange en Chanchah skreeu:

(Chanchah): "O, Lama, Lama, ter wille van U heilige Naam! Wat het ons gedoen dat U ons nou wil vernietig deur Ahriman en sy gespuis? O jy, my wonderlike vriend, as dit enigsins moontlik is vir jou, verlos ons en jouself deur hulle moontlik te vernietig. Ag, hoe verskriklik en woedend lyk hulle nie!"

(Ek sê). "Moenie bang wees nie, Chanchah, want die monsters is in ons mag en kan ons op geen manier skade doen nie. Jy kan hulle sien omdat, ondanks hul grootte en wreedheid, ons twee broers hulle bemeester het. So moenie vrees nie, maar kom saam met My om die monsters te ontmoet en jy sal hoor hoe verskriklik hulle huil as Ek nader kom en kyk hoe hulle ineenkrimp en draai, maar dit alles moet jou nie bang maak nie, want Ek alleen is magtig genoeg om ontelbare monsters soos hierdie met net een aanblik heeltemal te vernietig, net soos wat ek die vyeboom oombliklik in die lewe geroep het. Daarom, volg My sonder vrees, want aan My sy is jy veilig vir ewig en daar is geen krag wat My kan weerstaan nie!" Ek gaan nou na Martin en Borem, wat nogal baie moeite het om die monster te bemeester.

(Martin): "O, Meester, watter mooi gaste is hierdie en watse plesier gaan hulle U gee! Ongelukkig het ons nie iets anders gevind nie, toe bring ons hulle saam met ons. Maar as dit nie die Satan self met sy volgelinge is nie, sal ek baie verbaas wees!"

(Ek sê): "Dit maak nie saak nie, Ek het dit voorsien en dit sal tot groot voordeel vir almal van julle wees, - vir jou opvoeding en jou gelykmoedigheid. Hy wat die hoogste wil begryp, moet nie in onkunde wees oor die heel laagste nie. Bring die draak nader aan My!" Die twee trek die kettings met alle mag, maar sonder sukses.

(Martin): "Meester, dit is onmoontlik om hierdie monster verder te sleep."

(Ek sê): " Los dit dan waar dit is, maak die kettings vas aan die kolomme van die saal. En laat dit daar vir `n rukkie tevergeefs woed. Intussen sal ons eet wat vir ons voorberei is en ons versterk vir hierdie stryd"

(Martin): "O, ja, in hierdie onderneming sal `n maaltyd geseën deur U van die grootste voordeel vir ons wees. Dit is goed dat ons walglike gaste in die agtergrond vasgebind is, want om hulle te sien sal ons eetlus ruïneer! Ook die lug om hulle laat mens nie juis aan rose dink nie, maar eerder aan `n mengsel van swael, pik en vullis.

(Ek sê): "Goed, my broer, gaan nou en nooi almal na die maaltyd wat Ek berei het vir julle almal om julle te versterk vir die ewige lewe van die gees." Martin doen vinnig soos aangesê en roep almal na die tafel, waar brood, wyn en baie van die lekkerste vye wag. Hulle almal staan op toe Martin roep en loop stil en beskeie oor na die groot tafel.

Toe al die talle gaste byeengekom het, kyk hulle in My rigting, want almal van hulle, behalwe Martin en Borem, beskou My nog altyd as `n boodskapper van God en het geen idee dat Ek, die Meester self, in hulle midde is nie. Daarom dink hulle nou dat Ek, as `n boodskapper van die Meester, hulle groot en belangrike dinge gaan vertel.

(Maar Ek sê net): "Eet en drink, My liewe kinders, elkeen van julle volgens sy behoefte. Die voedsel is geseënd vir almal wat God liefhet en hulle broers en susters soos hulself."

(Nou roep hulle almal): "Prys ons groot God in die Vader, Seun en Heilige Gees. Eer en lof aan Hom alleen tot in ewigheid!" Toe neem hulle almal die brood en wyn en die Sjinese neem die vye en sommige van hulle probeer ook die brood en geniet dit meer as die vye. Chanchah en Gella, staan by My en kan nie hulle gedagtes opmaak om of, brood en wyn, of net die vye te neem nie.

(En Ek sê vir hulle): "My kinders, eet wat julle graag wil, alles sal julle versterk vir die ewige lewe." Nou neem hulle albei die brood, Chanchah vind dit baie lekker. Gella stem, maar sê:

(Gella): "Ek het gedink dat die brood van die hemel sou smaak soos `n heilige hostie!"

(Maar Ek sê vir haar): "Gella, jy is nou in die hemel by die Meester se tafel, nie op die aarde aan die tafel van Babel nie! Daarom moet jy nou net dink aan die hemelse dinge en nie van die dinge wat behoort aan die aardse Babel nie, waar die here daarvan in die agtergrond gesien kan word." Gella is ontstel deur hierdie woorde en het `n vermoede dat Ek dalk die Meester self is!

(Maar Ek troos haar en sê): "Gella, selfs as dit waar is wat jy nou diep in jou hart vermoed, hou dit vir jouself ter wille van die ander en dink dat God, die Meester van almal van julle, nie onbereikbaar is nie, maar as `n baie liefdevolle Vader, omlaag na al Sy kinders buig en onder hulle woon soos `n beskeie broer. Het jy dit verstaan, My dogtertjie?"

(Gella): "O, my Meester, my God, my Vader!"

(Chanchah, hoor dit en vra Gella onmiddellik): "O, suster, met wie het jy die betekenisvolle woorde gespreek? Kan dit wees dat Lama iewers in ons midde is? Vertel my sodat ek gou vol ontsag en liefde na Hom kan gaan."

Maar ek verseker Chanchah dat sy ook binnekort vir Lama sal herken en sy is heel tevrede. 

(NOTA: Hoofstuk 113 nie weg, verkeerdelik genommer)


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205