Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 114

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 114 -

OOR DIE VORM-VERANDERENDE AARD VAN SATAN. 'N WENK OOR MARTIN SE KARAKTER. DIE NUWELINGE VERMOED DAT DIE MEESTER NABY IS. CHANCHAH SE NEDERIGE ERKENNING VAN SKULD.

(Nou sê Chanchah, nogal bekommerd): "O my liefde, sal al hierdie gaste in staat wees om die aaklige gesig van die monster te verdra. En is jy seker dit ons nie kwaad kan aandoen nie? O, Lama, Lama, wat `n skrikwekkende toneel sal dit wees! Kyk hoe verskriklik dit reeds begin te wring. Watter woede in die uitdrukking van daardie verskriklike vurige oë! O vriend, wie sal die moed hê om na die monster te kyk as dit hier voor ons is?"

(Ek sê): "Kalmeer jouself! Hierdie gas is in staat om enige vorm aan te neem wat tot voordeel lyk in `n bepaalde situasie. Maar ons sal hom beheer, wees dus nie bang nie. Alles sal goed gaan."

(Chanchah): "O, liefste vriend, my liefde, Ek het volle vertroue in jou, net soos ek in Lama het. Maar ek het nie veel vertroue in broer Martin nie. Hy is vinnig om op te tree, maar wanneer die situasie ernstig word, onttrek hy vinnig asof hy nie sterk genoeg is om dit wat hy moet die hoof te bied nie. Daarom dink ek dat hy dalk meer kwaad as goed sal doen in sy taak om die monster hierheen te bring. Borem is goed, hy is `n man van wysheid en krag. Hy kan vertrou word. Maar Martin is en bly onstuimig, vol selfversekerdheid maar nie in staat om `n ernstige situasie te hanteer nie." 

(Ek sê): "Jy is nie verkeerd nie, my liefste, maar hy staan sy huidige plek hier vol. In die groot orde van Lama is sulke mense ook nodig om `n taak onmiddellik aan te pak of dit sy gelyke al dan nie. Dit moedig ander ook aan om iets te doen, mense wat dikwels baie slimmer is as die een wat begin het. Die baie wyses is dikwels oorkrities en waag nie om `n ding aan te pak voordat hulle nie logies al die redes daarvoor of daarteen uitgewerk het nie en dus moet daar ook Martins wees met minder wysheid, maar in plek daarvan besit hulle meer vurige aktiwiteit, wat dikwels beter is as te veel wysheid. Wees dus gerus oor Martin. Hy sal sy werk goed doen, solank hy dit in ooreenstemming met My instruksies doen."

(Chanchah): "O ja, ek is seker daarvan! Daar is nie twyfel in my hart dat jy die wysste een hier is nie! Die enigste ding wat ek nie van jou hou nie, is die feit dat ek nog steeds nie weet wie jy eintlik is nie. Onlangs toe ek net jou naam vra, het jy my vertel dat my liefde vir jou alles aan my sal openbaar. Maar ondanks my onbegryplik groot liefde vir jou, kan ek nêrens uitvind wie jy eintlik is nie, die minste van alles in my eie hart. O my vriend, jy wie ek liefhet bo alles, sê my jou naam."

(Ek sê): "My liefste, soetste Chanchah, die Naam alleen sal van geen nut vir jou wees solank as wat jy nie begryp waarvoor dit alles staan nie. As jy aandag gegee het aan alles wat Ek gesê het, sou jy nou redelike duidelikheid gehad het oor My identiteit. Kyk nou baie mooi wat en hoe Ek praat, hoe die ander met My sal praat en wat gebeur in reaksie op `n woord uit My, dan sal ons twee vinnig nader kennis maak. Maar nou, wees vas en onwrikbaar, want ek het Martin en Borem beduie om die verwoede monster hier na ons toe te lei en hulle maak al sy kettings los."

(Chanchah is nou stil, maar Gella benader haar en sê): "Chanchah, indien die onbeperkte krag en mag van hierdie vriend bekend was aan jou soos wat ek dit ken, sal jy aan Sy kant `n duisend monsters soos die minder vrees as `n muggie!"

(Chanchah is redelik ontstel deur hierdie woorde en sê): "Suster, wat sê jy? O gaan aan en vertel my meer van hom wat ek so diep liefhet. Ken jy die goddelike een? O praat, praat vinnig! Kan dit reg wees wat ek in die geheim vermoed? O Lama, dan sal Chanchah óf die gelukkigste een in al die hemele wees of die mees ongelukkige een in die hele oneindigheid! Want ek is `n groot sondaar voor Lama, omdat ek een keer in my land Sy boodskappers verraai het, wat as gevolg daarvan, hul lewens op `n baie wrede manier verloor het - as hulle werklik Lama se boodskappers was. Wee my dan as my vermoede reg is. Want kan jy, suster, jou `n groter hartseer indink as om verstoot te word deur Hom wie jy so baie liefhet? As dié wie ek verraai het, slegs boosdoeners en indringers was en nie Lama se boodskappers nie, wat ek natuurlik nog nie kan besluit nie, dan kon ek dit dalk verdra in die aangesig van die mees regverdige regter. O praat, praat suster, nee, wag moenie praat nie! Laat ek hierdie lieflike onsekerheid `n bietjie langer geniet!" Met hierdie woorde, stort Chanchah in `n beswyming by my voete neer. Maar ek versterk en troos haar. 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205