Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 115

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 115 -

ROERENDE VERSOENING TUSSEN DIE JESUIT, CHOREL EN CHANCHAH. DIE MEESTER SE VREUGDE OOR CHANCHAH SE LIEFDE.

Op hierdie oomblik kom daardie spesifieke Jesuïet, wie Chanchah op aarde verraai het met `n paar van sy kollegas na My toe, val voor my voete neer en sê:

(Die Jesuïet): "O Meester, o Vader, nou het ons harte U herken! Vergeef ons ons lang blindheid wat verhoed het dat ons U ken soos U werklik is, so vriendelik, so nederig, so sag!"

(Ek sê): "Staan op, my kinders en moenie aandag trek nie, want daar is nog `n paar wat, ter wille van hulle geestelike vryheid, My nog nie ten volle moet herken nie. Julle sal verstaan dat die beste pottebakker weet wanneer die potte gereed is om van die wiel af opgelig te word. Bly hier by ons en sien die onheil wat die draak, wat Martin en Borem nou hiernatoe bring, aan julle gedoen het. Jy, Chorel, gaan na Chanchah wat jou eens verraai het aan die keiser van China en wat nou, danksy haar baie groot liefde, hier naby aan My is, `n plek wat sy waarskynlik nooit sal verloor nie."

Chorel doen onmiddellik soos gesê en benader Chanchah baie vriendelik. Sy het hom dadelik herken en is verras om haar verwagte aanklaer te sien.

(Maar Chorel vra haar): "Chanchah, waarom is jy bekommerd toe jy my sien? Het jy nie gedoen wat jou gewete jou beveel het nie? Ekself het jou geleer dat sonde net dit is wat `n persoon in stryd met die stem van sy gewete doen. Want die stem van ons gewete is die stem van God, of Lama binne-in ons. In die begin het jy my baie gerespekteer, want jy het ware boodskappers van God in my en my vriende gesien. Maar toe, met jou vroulike skerpsinnigheid, bespeur jy verraad in ons en bereik met lis om in die geheim ingelaat te word. So het dit jou plig geword, as `n Sjinees, om ons slegte planne bekend te maak en jou land te red van groot skade. Hoewel ons straf verskriklik was, was dit nie jou skuld nie, maar ons was alleen verantwoordelik vir die verandering van die heilige van ons missie na so `n boosheid. As ons en veral ek, getrou gebly het aan die doel van ons missie, sou jy een van die mees vurige Christene geword het en baie van jou landgenote saam met jou. Maar omdat ons, deur die groot skatte van jou land verblind geword het, het ons, ons heilige missie net te gou verraai en het ons alles verloor, insluitende ons waardelose lewens. In die lig hiervan, kan niemand van ons jou moontlik beskuldig nie, maar inteendeel, moet ons daarom jou beskuldiging vrees, Daarom liefste Chanchah, het jy nie die minste rede om bang te wees vir ons nie, omdat ons wat alle rede het, nie bang is vir jou wat ons aanklaer kan word nie. Vergewe ons asseblief, geliefde van die Allerhoogste, sodat ons Hom vry van alle skuld kan benader Wie se Naam om uit te spreek, ons tonge vir ewig onwaardig sal wees!"  

(Chanchah word geweldig bewoë met Chorel se belydenis en sê): "O, liewe vriende, daar kan nie enige skuld in hierdie sale wees nie en as daar was, sou my liefde vir Lama dit vir ewig uitwis. Want my hart vertel my dat my liefde vir Lama is Lama self in my. Vriende, hierdie heilige liefde ken geen skuld nie. Dit ken net liewe broers en susters om my, selfs al hou hulle nog steeds aan met hul foute. My aanklag teen julle sal wees dat ek julle liefhet en julle almal respekteer soos my eie lewe. Het jy enige besware hierteen?" Chorel en sy metgeselle ween van blydskap oor Chanchah se wonderlike woorde en Chanchah ween saam met hulle.

(Maar Ek draai na Chanchah en sê):" Mees glorieryke blom van my hart, kom laat Ek jou omhels. Liefde soos joune is seldsaam en selde so suiwer! Jy, My mooiste, is nou grensloos gelukkig, deurdat jy My so gewen het deur jou liefde. Maar so is Ek, as die een deur jou bemin en in jou, `n heiden, `n liefde gevind het wat nie in die Christendom sy gelyke het nie, behalwe vir dié van Magdalena en Maria, die moeder van my vlees. O Chanchah, jy besef nog nie hoeveel jy bereik het nie. Maar jou oë sal toe wees vir nog `n rukkie langer, sodat jou saligheid soveel groter sal wees. Nou berei julle voor, almal van julle. Die twee trek die draak na ons toe en sal in `n oomblik hier wees."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205