Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 120

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 120-

DIE MEESTER SE DIALOOG MET SATAN. SATAN SE KWAADWILLIGE VERDEDIGING. DIE MEESTER SE GELYKENIS VAN DIE GIETER. SATAN SE AANHANGERS WORD GERED.

(En Ek draai na die draak met die volgende woorde): "Satan, hoeveel langer gaan jy die Meester, jou God tart? Hoeveel langer gaan jy bly by jou grenslose arrogansie? Wat hoop jy om te bereik teen My oneindige mag wat jou enige tyd kan vernietig. En as Ek dit nie wil doen nie, kan Ek jou vir ewig ernstig straf? Jy is bewus daarvan dat dit die laaste tyd is wat jou toegelaat word; in hierdie tyd kan jy jouself nog verbeter, of vir ewig val. Wat wil jy doen? My wil is maar al te goed bekend aan jou? As dit nie was nie, sou jy sonder sonde wees. En omdat my wil bekend is aan jou, sowel as die beloning en die straf, sê, wat gaan jy doen? Kyk, alles is besig om teen jou te draai! Al die berge sal platgemaak word en die dale gevul. Al die krone en trone op die aarde wat deur jou opgerig is, sal in die vurige put gegooi word. Wat wil jy doen? Jy sal nooit in staat wees om My mag te weerstaan nie. Jy sal nie meer vry wees om enigiets te doen nie! So praat: Wat gaan jy doen? Sal jy jouself verbeter of gaan jy val? Onder jou is die ewige afgrond; en hier is Ek, `n Vader vir almal wat My liefhet en hier is My tafel! Kies en doen dit vinnig! Laat dit so wees!"

(Satan): "Meester, ek ken U en ek ken U mag en my vreeslike onvermoë in vergelyking met U grenslose ewige mag. Maar terwyl ek bewus is van hierdie feit en my onvermoë diep binne-in my wese voel, neem ek dit as `n oorwinning vir my trots om U te kan uitdaag, ja, om U ewiglik uit te daag! En ek besef ook dat al U mag geen manier het om my uitdaging te breek en my wil te verower nie, behalwe deur my volledige vernietiging wat, U egter nooit as `n oorwinning oor my kan sien nie. Want `n geestelike oorwinning oor die lewe kan nooit bereik word deur die totale vernietiging van die swakker teenstander nie, maar slegs deur wyse oortuiging met die fundamentele voorwaarde van volle vryheid vir beide partye. Die basis vir so `n oortuiging, egter, moet die onbeperkte reg wees om na die teenoorgestelde te draai, as jy wil, ek is hierdie teenoorgestelde en ek sal nooit met U wil saamstem nie, geregverdig soos dit mag wees. Selfs as ek U wil verstaan, sal ek dit nooit hou nie, want ek wil aan U bewys dat daar `n ander wil teen U is wat U almag nooit sal buig so lank as U my toelaat om te bestaan nie. Dit is maklik genoeg om vry te wees binne U wil. Maar om U die Almagtige Gees, goed op hoogte van U ewige almag, U toorn en `n mens se eie hulpeloosheid, te daag in die grootste pyniging, dit is groter as enigiets wat U alsiende oog ooit in staat sal wees om te sien. Dit is ook die rede vir my eerste ongehoorsaamheid aan U! In dit sien ek die grootste triomf van my onvermoë teen U almag, want in my onvermoë bly ek vir ewig `n oorwinnaar oor U almag, liefde en wysheid, sowel as u toorn en U is nie in staat om my te buig nie, ondanks al U krag, mag, liefde, wysheid, oordeel en toorn! Dit is maklik genoeg om `n Migael, `n Gabriel, `n Uriel; `n hemelse tydverdryf om `n seraf of `n gerub te wees, maar dit is `n heel ander ding om `n Lucifer, die grootste oergees na U te wees, wetende watse oneindige saligheid U oneindige liefde bied en terselfdertyd te weet watse groeiende pyniging U oordeel en toorn bied! En om steeds alle saligheid en die ewige straf te bespot, om onwrikbare uitdaging vir ewig te bied, ten volle bewus van `n mens se onvermoë, sonder die minste hoop om ooit iets te wen en te weet dat `n mens net ewig kan verloor. Sulke hulpelose grootheid van `n skepsel se wil is eindeloos groter as die grootheid van U Godheid! En hierdie kennis gee my groter genot, in al my marteling as wat U en al U geeste en engele ooit kan ervaar! Moet my dus nooit vra hoeveel langer ek U sal verwens nie! My antwoord is altyd dieselfde: Vir ewig! Vir ewig! God sal my nooit buig nie!"

(Ek sê): "O, jou blinde, onkundige gees, hoe diep dood is jy dat jy kan dink om My te daag! Jy het `n behae in jou dwaasheid en besef nie dat elke ware of denkbeeldige vryheid soos die een wat jy jou verbeel joune te wees, in die einde onderwerp is aan My wil nie. Wie het ooit met My berading gehou of verstaan my weë? Is jy seker dat dit nie My verborge wil is dat jy moet wees soos jy is nie? Weet jy of Ek nie dalk jou val van die begin af bepaal het nie? Kan die skepsel ooit sy Skepper vertel hoe en waarvoor Hy hom moet maak?

`n Gieter maak sy groot smeltkroes uit vuurvaste materiaal. Dit word in `n oond geplaas en die metaal smelt daarin tot vloeistof, waarna dit in verskillende vorms gegiet word. Wanneer die vorms vol is, word hulle afgekoel en nie verder verhit nie. Die smeltkroes bly egter in die vuur, sodat meer metaal in hom gesmelt kan word. Dit word nie toegelaat om af te koel voordat dit nutteloos geword het nie, in welke geval dit vir altyd weggegooi word as nutteloos, `n uitgebrande saak. Is Ek nie `n Meester-gieter van alle werke nie? As dit so is en as Ek vir Myself gereedskap maak wat Ek wil hê, kan jy my enigsins uitdaag? Of kan jy dit uitdaging noem as jy is soos jy is en nie anders kan wees as wat Ek wil hê jy moet wees nie? Ek is egter nie `n harde Meester nie, maar `n liefdevolle een, selfs bereid om My smeltkroese te verwyder uit hul permanente hitte as hulle dit wil hê en bereid is om hulle aan te pas by die orde van My vrye werk. As hulle nie bereid is nie en verkies om vir ewig My smeltkroese te bly, pas dit my goed, want dit spaar My om nuwes te kry. Maar as hulle smeltkroese wil bly, is hulle wat hulle moet wees en nooit wat hulle wil wees nie. Want `n instrument kan nie anders wees as die manier wat Ek dit wil hê en dit vorm nie. So, jou sogenaamde uittarting, wat jou genot gee, is niks meer as `n illusie van jou groot blindheid nie. Want net soos `n pot nie vir die pottebakker kan sê, "Ek is soos ek wil wees," in ag geneem dat die pottebakker dit vorm soos hy dit wil hê, kan jy nie vir My sê dat jy is soos jy wil wees nie want jy is soos Ek wil! Maar Ek, as Ewige liefde self, laat jou voldoende vryheid toe in jou oordeel om jou in staat te stel om jou toestand van marteling te voel en te verstaan, sodat jy dit kan verander as jy wil. Indien nie, moet jy bly hoe en wat jy is, nie omdat jy dit so wil hê nie, maar omdat dit my wil is! Indien jy egter jou lot wil verbeter, sal ek `n ander instrument in jou plek stel om My te dien soos jy gedoen het. Sê nou wat jy wil, dit maak nie `n verskil aan my of jy bly wat jy is en of ek jou vervang met `n ander instrument nie." Hierop het Satan baie geskrik en weet nie wat om te sê nie.

(Maar sy talle aanhangers, roep): "Ag, Meester, indien dit die posisie is, verlos ons van ons lang pyniging en vervang ons deur nuwe, nuttige gereedskap. Ons het genoeg lyding gehad en het broos geword in die vuur. Daarom, ontferm U oor ons en hervorm ons, o Meester, volgens U vriendelikheid en liefde!"

(Toe hy dit van sy aanhangers hoor, brul Satan en skree van woede): "Wil julle nie deel in my grootheid nie? Wel, dan sal ek nie bly wat God wil hê nie, maar wat ekself wil wees! Stem julle saam!"

(Sy aanhangers): "Onnosel, kan jy ooit iets wil wat nie God se wil is nie? Is jou sogenaamde vrye wil nie God se wil nie? Wat jy ookal wil, kan jy nie uit jouself nie, maar dit sal te alle tye God se wil in jou wees, jou ewige onoorwinbare regter! Jy kan onder dwang van die Meester se oordeel bly, maar ons is gevang deur sy genade, wat ons vashou en ons sal die beter weg volg."

(Ek sê): "Staan dan op, julle ellendige wesens en wees vry! Maar jy, die een, maak soos jy wil en bly wat jy is! Wat jy nou sal wil doen is nie jou wil nie, maar my Goddelike wil en jou wil in jou, sal vir ewig My oordeel in jou wees! Maar benewens hierdie grondige verligting, laat Ek jou `n kort verposing toe om jou in staat te stel om te dink oor die posisie en toestand waarin jy jouself bevind. As jy jou lot wil verbeter, sal dit gedoen word. Indien nie, sal jy bly wat jy is tot die laaste gevangene in die huidige tydperk van die skepping opgestaan het uit die weg van die vlees. Wat met jou sal gebeur daarna, weet net Ek in alle oneindigheid."

Met hierdie woorde skree Satan met `n groot stem en hardloop by die deur uit, terwyl sy aanhangers hulle wapens weggooi en daar staan as `n duisend heeltemal naak baie ongelukkige siele van voorkoms en vra om genees en vrygestel te word van hul aansienlike pyn. Ek roep weereens vir Martin, Borem en ook Chorel en sê aan hulle om die ellendige wesens te neem na die verfrissende bad. Die drie doen dadelik soos aangesê en die duisende ellendiges vind verligting in hulle bad.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205