Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 121

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 121 -

CHANCHAH ONTWAAK UIT HAAR DROOMTOESTAND.
DIE MEESTER SE VERDUIDELIKING OOR DIE GROOT GEBEURTENISSE EN OOR HOMSELF.

Intussen word Chanchah wakker aan My sy, asof vanuit `n droom en onthou alles wat plaasgevind het voor haar oë, asof dit `n helder droom was. Sy begin dadelik om alles wat sy gedroom het in detail aan My te vertel en toe sy klaar is, vra sy My of daar enigiets in hierdie visie is.

(Maar Ek sê vir haar): "Chanchah, het jy nie `n ruk gelede gesien hoe Borem en Martin probeer het om die verskriklike draak na ons te sleep wat sterk weerstand gebied het nie? En hoe Ek hom met die mag van My wil op die grond hier by ons voete gegooi het, toe Martin in volle ooreenstemming met Borem, My gevra het om te help nie. Jy het dit alles gesien met jou eie oë, nie waar nie?" 

(Chanchah): "Ja, heerlike een, Ek het gesien. Maar toe die draak voor ons lê, was ek so geskok, dat ek in `n soort van bedwelming verval het en het alles wat gevolg het, asof in `n droom gesien. Dit was nogal soortgelyk aan die toestand waarin ek kort na My aankoms in hierdie wêreld was, toe ek Chorel ontmoet het en betrokke geraak het in `n verskriklike stryd met hom. Toe ek daarna wakker word, was dit alles soos `n benoude droom, net soos nou. Die dinge wat ek sien wanneer ek ten volle bewus is, kan ek binne die grense van my krag van begrip verstaan, maar die gesigte tydens hierdie droomagtige toestand blyk bo my siel se omvang van begrip te wees. Omdat ek oortuig is dat U die wysste mees magtige persoon in hierdie hele groot huis is, kan ek maar na U kom en vra dat U asseblief hierdie gesig vir my interpreteer. In hierdie visie het U gehandel en gepraat soos die ewige, mees heilige Lama self! Maar noudat ek weer wakker is, sien ek geen verandering hoegenaamd in U voorkoms soos ek dit geken het nie. Daarom, kan U óf `n engel van Lama, met volle magte, óf Lama self in `n aanvaarbare vermomming wees. Dit is so ver as wat ek my gesig kan beoordeel en Ek verwag van U, My enigste liefde, om my `n meer gedetailleerde en `n beter interpretasie te gee. O, moet asseblief nie huiwer om My hart te verfris met die oorvloed van U wysheid nie." 

(Ek sê): "Chanchah, waar is die draak nou en waar is sy aanhangers? Nou begin jy skielik te wonder en sê in jou hart, "In die naam van Lama, die Allerheiligste, die monster het verdwyn!, En so het sy aanhangers en Borem, Martin en Chorel. Waar is hulle?" Maar Ek sê vir jou: Kyk, dit was My mag wat die een by die deur uitgedryf het met die spoed van die vlug van die vinnigste gedagte en laat gaan in die varke van die aarde om hulle, in hul mal lus na mag, die voorland van uiterste selfsug te bestorm en laastens hulleself in die see van misleiding te stort en daarin te verdrink. Maar sy aanhangers het Ek van hom weggeneem, deur die krag van die Woord en hulle gestuur met die drie afwesige vriende na die bad van selfverwesenliking, nederigheid en as gevolg daarvan, moontlike verbetering. Alles wat Ek hier doen, doen Ek met My eie krag. Daar is geen ander krag nie, nie bo of onder My wat My kan beveel om hierdie of daardie te doen nie. Maar as Ek aan ander sê, "Doen dit of dat," is daar niemand wat die krag van My wil kan teenstaan nie. O, Chanchah, nadat jy al hierdie werke van My al vir `n geruime tyd gesien het, hoe kan jy nog vra of Ek `n boodskapper van die Lama is, of dalk Lama self is? Die eenvoud van My uiterlike voorkoms moet jou nie mislei nie, want in teenstelling met die vorste op die aarde, het Lama nie uiterlike prag nodig nie, maar wil net skyn in die harte van Sy kinders deur middel van Sy vaderlike liefde, wysheid en krag. In jou hart skyn Ek nou al vir `n lang tyd baie helder. Hoe is dit dat jy My nie herken nie? Kyk, My Chanchah, My dogter, Ek is jou Vader, jou Lama en daar is geen ander een ooit, behalwe Ek nie. Maar jy moet nie bang wees nie, want Ek is en bly vir ewig dieselfde en al My kinders moet My nie sien as hulle God nie, maar te alle tye slegs as hulle liefdevolle Vader en My so te sien, lief te hê en as sulks te aanbid. Moenie bang wees vir My, noudat jy My herken nie. Jy sal nooit `n verandering in My agterkom nie, maar die grenslose skatte van My vaderlike Liefde en Wysheid in ewig groeiende oorvloed geniet. Is jy tevrede met hierdie verduideliking van My natuur?"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205