Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 124

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 124 -

GEESTELIKE ONTWAKING VAN DIE ANDER SJINESE EN MONNIKE. DIE JALOERSE NONNE EN HUL VERNEDERING.

Terwyl Gella geboei is in haar goeie oorwegings, nader al die ander Sjinese ons. Een van hulle sê:

(`n Sjinees): "U, Wie duidelik volle gesag het, vertel ons hoekom ons Chanchah U so baie liefhet. Haar liefde vir U is so groot dat `n mens nie eers Lama met `n groter liefde kan liefhê nie, as hy, indien enigsins moontlik, sigbaar voor hom sal staan nie!"

(Ek sê): "Wees geduldig, Chanchah sal julle spoedig alles vertel wat julle op hierdie stadium nodig het om te weet. Moenie verder hierop ingaan nie, maar laat julle harte voor julle gedagtes uitgaan en dit sal julle op die veiligste en kortste pad na julle doel lei." 

(`n Ander een van hulle): "Dit klink mooi genoeg! Maar sal sy ook in staat wees om ons te vertel wat die betekenis is van die monster wat U uit hierdie huis verdryf het, nadat dit ons goeie Martin nogal in `n dans gelei het en selfs in `n aanloklike vrou verander het wat hom probeer vastrek het? Kan hy `n gesant van die duiwel wees, of dalk die duiwel self?"

(Ek sê): "Chanchah sal dit ook vir julle vertel. Gaan terug na julle sitplekke waar julle kan uitsien na al die antwoorde. Laat dit so wees!" Na aanleiding van hierdie woorde, draai al die Sjinese terug en doen soos beveel. Ook `n aantal monnike kom nader met soortgelyke vrae. Hulle word ook vertel om `n bietjie langer te wag, om meer krag vir die naderby verduidelikings te kry. Hulle onttrek ook en wag geduldig in gelukkige afwagting.

(Maar sommige nonne sit hulle koppe bymekaar en fluister vir mekaar): "Na `n paar wenke deur ons suster, wat nou genoem word Gella, het ons byna begin glo dat hierdie vriend van die Sjinees, die een wat die draak en sy aanhangers so bekwaam hanteer het, kan óf die aartsengel Migael, óf selfs Jesus, die Meester self wees. Te oordeel aan die manier waarop Hy met die Sjinees aangaan, wat geen twyfel mooier is as ons is en hoe Hy haar aan sy hart druk en liefkoos, kan Hy onmoontlik nie Migael en nog minder die Meester Jesus wees nie. Ons sal dit as `n groot sonde beskou om te dink, selfs in die verbygaan, dat Migael of die Meester Jesus so `n verliefde spel kan speel en met `n heiden by alles! En die dom uilskuiken voel nie eens skaam deur ons teenwoordigheid nie! Kyk na die manier waarop sy teen sy hart nestel, die verliefde kat! As Hy Migael of die Meester Jesus was, sou Hy ook na ons gekom het, want ons is Christene en het `n onbetwiste reg voor die heidene. Maar aangesien Hy ons feitlik ignoreer en net hulde bring aan daardie Sjinees, kan Hy onmoontlik nie die Meester Jesus wees nie. Hoe dom van ons suster Gella om daar te staan met `n gesig asof sy ook Chanchah se voorbeeld wil volg!" 

(Ek sê aan Gella): "Kyk, My dogtertjie, daar is plek vir jou ook, sowel as Chanchah. So kom ook aan My hart en gee uiting aan jou liefde." Gella gooi haarself onmiddellik aan My hart en is salig gelukkig.

(Maar die fluisteraars sê): "Daars hy, net wat ons verwag het! As ons gasheer Martin net spoedig kan terugkom sodat ons by hom kan kla: Ah, daar kom hy al met Borem en Chorel. Laat ons so gou moontlik na hom gaan!"

Toe hy merk dat al die vroue na hom kom, besef Martin gou wat fout is met hulle. Hy nader hulle op die vriendelikste manier en sê:

(Martin): "Ek weet, Ek weet wat julle pla! Gaan rustig na julle sitplekke, omdat ek nie gaan luister na sulke klagtes nie! Weet net: Wie liefde wil hê, moet eers self liefde gee, want liefde word net gewen deur niks anders as liefde self nie. Daarom moet julle die Meester liefhê soos daardie twee doen en dan sal julle ook `n plek in Sy hart vind. Het julle verstaan?"

(Al die nonne): "Ag, liewe gasheer van hierdie huis, kan jy nie sien dat ons dit nie kan doen nie? Ons is sterk Christene, maar daardie gunsteling daar is `n heiden! En Gella was nog altyd onbeheers, geneig tot versoeking deur die duiwel en sy sal verseker elke kans waag, selfs in jou hemelse huis, om `n gewillige oor en hart aan die versoeking te verleen. Daardie man, wat ons byna as die Meester Jesus beskou het, of ten minste Migael, moet `n gees van `n aansienlik lae graad wees, anders sou Hy nie so met die twee los persone aangaan nie. Daarom....."

(Hier onderbreek Martin hulle en sê): "Dit maak nie saak nie, my dierbares, ek het gedink dat julle almal nou skoon sou wees, nadat julle deeglik gekook en gewas is! Maar nou kom `n klomp versteekte roes en vuilis oorblyfsels op. In die lig hiervan, sal julle weer in die bad moet gaan en `n baie warm een ook, voordat julle skoon genoeg sal wees om daardie Heilige Een te benader!"

(Die nonne skree): "Wat sê jy? Moet ons weer bad? Jy is ook onrein! Geen wonder dat die duiwel `n gereelde gas by jou huis is nie! Het ons nie tot ons afgryse gesien hoe jy daardie pragtige duiwelsvrou wou soen, as sy jou nie weggestoot het nie? As dit so aangaan, sal ons gou weet in wie se hande ons in hierdie huis is!"

(Martin sê kalm): "O ja, in die bad met julle! Daar agter die wit muur swem `n duisend seldsame vissies rond en bad. Daar is ook plek vir julle. Gaan rustig soontoe en sluit julle aan by die baaiers, of anders!" Die nonne skree van woede en keer terug na hul vorige plekke.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205