Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 125

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 125 -

WENKE VIR DIE GENESING VAN SIELE. GEESTELIKE METODE VAN NATUURLIKE GENESING. KRISIS VIR DIE SJINESE GEESTE. OOR DIE AARD VAN JALOESIE.

Biskop Martin, met Borem en Chorel keer terug na My. Hy wil My vertel dat die duisend baaiers (die draak se aanhangers), omdat hulle beter voel, verskeie vorms aanneem en steeds meer onbeheerbaar word, soveel so dat selfs Borem nie weet wat om met hulle te doen nie!

(Ek sê vir die drie): "Die duisend in die bad is baie veilig, want hulle kan nie die huis sien nie, maar net die wêreld van die bose in hulle. Dit word nou meer en meer aktief en druk dit self sigbaar uit. Dit is `n goeie teken en jy hoef jou nie oor hulle te bekommer nie. Hulle sal op die regte weg gelei word. Daar oorkant is egter meer as driehonderd vroue wat ly aan akute jaloesie in hulle harte en Ek is jammer vir hulle. Gaan en leer hulle wat reg is, maar moet hulle nie weer dreig met die bad nie, broer Martin, as jy daardie arme siele na My wil bring. Jaloesie is `n parasiet van die liefde, wat dit ondermyn. As die parasiet op die liefdesboom van die lewe te sterk word, sal dit uiteindelik die hele boom vernietig. As die boom versterk moet word, moet daar `n manier gevind word om heeltemal ontslae te raak van die plae. Deur jaloesie aan te wakker deur dreigemente ent jy self die parasiet op die boom van die lewe, waar dit vinnig groei en die boom vernietig. In die toekoms, wanneer jy te doen het met jaloerse geeste, moet jy die volgende waarneem: Sien jaloesie as `n produk van die liefde en dink dat waar daar jaloesie is, daar ook liefde is. Spreek sulke jaloesie aan met liefde en die resultaat sal binnekort brandende liefde wees. Ek sê vir julle, waar geen jaloesie duidelik is nie, is daar geen liefde nie, of het jy al ooit op die aarde parasitiese plante gesien groei op onvrugbare bome? Jy sal dit nie op die wilgerbome, sipres, sparhout, of duisende ander bome soos dié sien nie, maar op goeie vrugtebome sal jy hulle dikwels vind. So is dit hier met hierdie vroue. Hulle het baie liefde, net soos `n goeie vrugteboom baie hoë gehalte sap het. Poog om die parasiet deur die liefde uit hulle harte te verwyder en jy sal wonders van die mees produktiefste liefde met hulle bereik. Gaan nou en doen soos Ek julle aanbeveel en julle sal `n goeie werk doen as `n offer aan My hart."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205