Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 13

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 13 -

 DIE GODDELIKE SKIPPER SE WOORDE OOR DIE VOORDELE VAN EENSAAMHEID. `n BEKENTENIS WEERKAATSER TOT VOORUITGANG VAN SELFHERKENNING.

Nou praat Ek, as die vriendelike skipper: "Dit sal miskien onaangenaam wees om op jou eie te wees vir `n lang tyd, maar so `n lang eensaamheid is eintlik baie voordelig. Dit gee mens genoeg tyd om te besin oor jou dwaashede, om hulle te ontdek, en om geheel en al van hulle ontslae te raak. En dit is van groter waarde as die mees vooraanstaande geselskap, waar jy te alle tye meer dwaasheid en kwaad as wysheid en goedheid kry. Alhoewel die situasie selfs meer desperaat lyk, wanneer in jou eensaamheid, jou lewe lyk of dit bedreig word, is dit nog `n duisend maal beter as die mees bekorende en beste geselskap. As jou lewe bedreig word, kan jy steeds gered word, maar baie werklike gevare bedreig `n persoon in bekorende geselskap, elke een ernstig genoeg om sy siel te vernietig en hom hel toe te stuur, vanwaar hy dit bykans onmoontlik sal vind om te ontsnap. Daarom was jou toestand van eensaamheid, al was dit baie onaangenaam, eintlik voordelig vir jou karakter.

Want die Meester van alle mense kyk na jou en het groot geduld met jou. Ek is heeltemal bewus van die feit dat jy in die wêreld `n Roomse biskop was en dat, hoewel in jou hart jy niks omgegee het vir hulle nie, jy jou heidens, afgodiese pligte streng nagekom het. Maar hoe kan dit van enige waarde wees, aangesien, soos jy weet, God net na die hart kyk? Maar jy was arrogant en tirannies, en nieteenstaande jou geloftes van selibaatheid, was jy ook te begerig oor die vlees van die vroue. Kan jy dink dat dade soos dit God sou behaag?

Jy was ook baie besig om die sake van kloosters te ondersoek en jy het daarvan gehou om nonnekloosters te besoek, waar jy baie aantreklike beginners kon vind. Jy het dit geniet as hulle hulself aan jou voete gegooi het en jy hulle aan alle vorme van moraliteitstoetse kon onderwerp, waarvan sommige duidelik oneerbaar was. Dink jy dat jou morele ywer guns by die Meester kon vind? Dink aan die groot rykdom wat jy in die wêreld besit het, in teenstelling met wat Christus geëis het van Sy dissipels. Jou tafel was gelaai met geselekteerde disse, het jy `n pragtige koets besit, en met die mees omvattende biskopsteken versier in jou wellus vir mag. Terwyl jy voorgegee het om `n boodskapper van God te wees, het jy vals ede geneem, jouself vervloek as dit of dat nie waar was nie (wat jy in elk geval nooit geglo het nie!) Hoe dikwels het jy jouself misbruik, maar in die biegstoel was jy onverbiddelik hard met die arm en onbelangrike mense, terwyl persone van stand met uiterste toegeeflikheid behandel is.

Dink jy dat die Meester, wat die Roomse Babel in elk geval verafsku, dit sou goedkeur? Het jy al ooit in jou hart gesê: "Laat die kinders na My toe kom"? O, nee! Slegs die groot persoonlikhede het by jou getel! Of het jy al ooit `n hawelose kind in die Meester se naam in jou huis geneem, en geklee of gevoed? Hoeveel naaktes het jy geklee? Hoeveel hongeres het jy gevoed? Hoeveel gevangenes het jy vry laat gaan? .... Ek weet nie van enige nie! Maar, ek weet van duisende wie jy geestelik gevange geneem het, en jy het dikwels die armes diep gewond met jou vloek en verdoemenis. Terselfdertyd het jy kwytskelding op kwytskelding aan die groot en rykes gegee - vir geld, natuurlik! En slegs in uitsonderlike gevalle was dit gratis - aan baie belangrike mense, om hulle te beïndruk. Glo jy eerlik dat God sulke dade met guns aansien en dat jy na jou fisiese dood, dadelik in die hemel toegelaat sou word?

Ek vertel dit alles nie aan jou om jou te oordeel nie, maar net om jou te oortuig dat die Meester jou nie te nagekom het as Hy Hom blykbaar hier van jou onttrek het nie, en net Sy genade het jou gered dat jy nie onmiddellik na jou dood in die hel gegooi is nie, terwyl jy dit verdien. Oordink dit en moenie jou gids misbruik nie, maar besef, in alle nederigheid, dat jy glad nie die Meester se genade verdien nie. Want as selfs die mees getroue diensknegte hulself as sleg en nutteloos moet beskou, hoeveel te meer geld dit vir jou, wat nog nooit iets gedoen het wat in ooreenstemming met God se wil! Was nie."

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205