Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 130

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 130 -

MARTIN ONTMOET PETRUS EN JOHANNES. OOR DIE AARD VAN LIEFDE EN WYSHEID VAN DIE SONBEWONERS.

Nadat Martin vir `n lang ruk geloop het en wonder wanneer die vallei mag voorkom, kom Petrus en Johannes die Evangelis om hom te ontmoet en hulle groet hom op die vriendelikste manier. Hy herken hulle onmiddellik, veral Petrus, wat sy eerste gids in die geestewêreld was en hy is baie bly om Petrus weer te sien, want hy het hom vir so `n lang tyd gemis. Na die eerste vreugde van die reünie, sê Martin:

(Martin): "Maar vriend, broer, jy rots van die Woord van God, waar was jy al hierdie tyd? Hoekom het jy nie na my gekom by die huis wat die Meester my gegee het nie? As jy net daar was, sou jy verbaas gewees het oor die ondenkbare wonderwerke wat die Meester daar gedoen het, ek is egter verheug dat jy weer by my is. Jy sal nou by my bly vir `n rukkie, sal jy nie?"

(Petrus): "Waarde broer, jy weet dat almal van ons net een wil het en dit is die Meester se wil. Al wat Hy wil en opdra is goed. Die oneindigheid is groot en gevul met Sy werke, maar ons is Sy kinders en is soos sy arm. Daarom moet ons hier en daar wees, waar die Meester ons nodig het! Wanneer Hy ons nodig het, is ons binne `n oomblik daar, al is dit biljoene sonafstande, dieper af of hoër op, dit maak geen verskil aan ons nie, want ons ken geen afstande so ver as wat dit ruimte betref nie. En so het ek baie te doen gehad nadat ek jou verlaat het en kon nie sigbaar na jou toe kom nie. Maar nou het ek, sowel as ons geliefde broer Johannes, `n bietjie meer vrye tyd en sal vir `n lang ruk by jou groep bly. Maar die Meester, ons Vader Jesus, is ten alle tye ons hooffondament en ons kan nie te lank sonder Sy sigbare teenwoordigheid wees nie, veral in tye wanneer Hyself besonder aktief is, uit Sy geduld en verdraagsaamheid. O vriend, jy kan nie dink wat alles aan die gang is op die oomblik op die verskillende wêrelde nie, veral op die liewe aarde. Dit is ook die rede waarom die Meester so aktief is en ons sal binnekort dinge sien waarvan jy tot dusver geen idee gehad het nie. Soos ons nou in die groot valleie van die son afdaal, sal jy in staat wees om te sien wat se snaakse draaie dinge hier in die groot lande van die wêreld van die lig neem. Met hierdie natuurlike vorentoe beweging, sal dit ons nog `n geruime tyd neem voordat ons die eerste vallei bereik, maar jy sal wonders sien wat jy op hierdie stadium nie vir jouself kan voorstel nie, alhoewel jy reeds soos ek `n inwoner van die derde hemel is. Maar jy moet te alle tye die konsep van “ywer” in gedagte hou, want die sonbewoners is vreemde mense! Hul voorkoms is `n weerspieëling van die hemel, maar binne is hulle slimmer as jakkalse. Hulle respekteer ons suiwer kinders van God baie hoog, maar as hulle die geringste sensuele swakheid in jou bemerk, sal jy nie maklik van hulle ontslae raak nie, omdat hulle wysheid groter is as wat jy kan dink. Maar ons broer hier, hy wat baie met hulle te doen gehad het, sal in staat wees om jou meer besonderhede te gee."

(Martin): "Luister, My geliefde broer, hoewel jou verslag baie interessant is, is ek nie te angstig om die inwoners van die wêreld van lig so gou te ontmoet as hulle sulke snaakse ouens is nie. Dat hulle onvoorstelbaar mooi is, dit weet ek, want ek het die voorreg gehad om sommige van hulle uit my huis te sien. Maar Ek het nie geweet dat hulle onder hul skoonheid `n soort van slim wysheid verberg nie. Die Meester het laat deurskemer hoe ek my moet gedra, wat ten volle ooreenstem met wat jy my nou vertel het, maar oor `n geslepe wysheid is daar niks aan my genoem nie. Mag die Meester my en julle versterk, my liefste broers. Met julle hulp, hoop ek om in staat te wees om met hul geslepenheid te deel. Om gevang te word deur die gladde, blink skoonhede van die son, nie in jou lewe nie!"

(Johannes): "Broer, in die liefde is daar eenheid en dit is wyd oop om lief te hê! So `n liefde herken liefde gou! Maar die weë van die wysheid is oneindig en waarskynlik sal niemand, behalwe die Meester, dit ooit ten volle verstaan nie. Daarom moet `n argument in wysheid nooit begin word sonder die Meester nie. Hy alleen is vertroud met al sy weë, want die hele oneindige wysheid kom uit Hom uit. Dit is ook die rede waarom Hy alleen die Weg, die Waarheid en die Lewe is. Jy weet dat die Meester my `n groot geskenk van diepgaande wysheid gegee het. Hy het My `n openbaring van groot diepte gegee, as gevolg waarvan, ook die mense van al die sonne en gesagte oor ontelbare geeste van diepe wysheid, almal nog steeds uit my oorvloed trek. En selfs ek is aansienlik belas deur die bewoners van die son. As in sulke oomblikke, die Meester my nie tot hulp gekom het nie, kon ek in skande vertrek het. As ek, wat vir bykans twee duisend jaar onderhandelinge met die sonmense gehad het, soms deur hulle in `n hoek gedryf word, watse kans sal jy hê, wat hulle vir die eerste keer ontmoet? Kyk na die prag van die berge, na die rotse wat soos `n groot diamant tot in die ligeter reik, op die pad is die hoogland met die pragtigste blomme versier en hoe sag kronkel hierdie pad soos `n glansende reënboog! En tog, al hierdie heerlikheid is net `n kleinigheid in vergelyking met die harmonie wat `n enkele blik van `n soninwoner in die vallei sal uitstraal. En daarby is daar die harmonie van elke woord uit die suiwerste kele van die sprekers en sangers van hierdie wêreld van lig. Ek verseker jou, vreugde en verbasing sal jou sprakeloos laat, heel onbekwaam om diegene te onderrig wat jou met `n aanblik kan stilmaak. As jy wil klaarkom met hierdie onbeskryflik mooi en wakker sonfilosowe van albei geslagte, moet jy van buite heel onverskillig lyk, maar in jou hart moet jy vriendelik geneë teenoor hulle wees. Dan sal hulle jou gou herken as `n burger van die hemel, wat in besit is van groot mag en hulle sal jou respekteer en lief wees vir jou. Maar hulle liefde verskil ook aansienlik van ons s’n, wat kinders van die Meester is. Dit is ook `n soort van opregte toegeneentheid, op voorwaarde dat dit nie deur wysheid verwoes word nie. Want die oomblik as liefde vinniger groei as hulle lig, begin `n groter deel van die liefde ontvlam en die brandende vlam van liefde verenig met die innerlike lig van hulle wysheid en die resultaat, in plaas van liefde, is net `n groter wysheid, dikwels kouer as die Suidpool op aarde. Daarom sal liefde vir die teenoorgestelde geslag, wat so belangrik vir jou was, jou nêrens kry met hierdie sonvroue nie. Inteendeel, hulle is baie ongevoelig in hierdie verband. Kyk broer, as jy hierdie reëls streng nakom, sal jy baie geluk vind deur hierdie soninwoners, maar andersins sal jy met die grootste verleentheid daarvan afkom, soortgelyk aan dit wat veroorsaak is deur Satana, toe jy haar in die teenwoordigheid van die Meester wou soen!"

(Martin): "Maar, in hemelsnaam, sê my, was jy ook teenwoordig?"

(Johannes): "Natuurlik was Ek! Jou huis het enorme galerye nog onverken deur jou, wat `n groot aantal toeskouers huisves om die Meester in Sy magtige aktiwiteit te sien. Nie ek alleen nie, maar al die ontelbare burgers van die hemel het die toneel gesien. Selfs onder die soninwoners sal jy baie mense vind wat jou sal herinner aan die voorval, as jy ooit self op `n manier sou vergeet."

(Martin se gesig weerspieël sy verbystering en na `n ruk, sê hy): "O, wat `n vreeslike besigheid! Nou het julle dit almal gesien en so het hierdie pragtige sonbewoners! Wat `n situasie! Maar nou gee ek nie om nie! Reeds al op die aarde het die son my dikwels verkwik en nou, terwyl ek die goeie geluk het om in my geestelike liggaam op sy eie grond te loop, kan ek meer verwag van hom. Ek kan voel dat iets gaan gebeur!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205