Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 131

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 131 -

JOHANNES TOETS MARTIN MET 'N PAAR VRAE. OOR VOORBIDDING VIR DIE HEILIGES EN BESORGDHEID VIR FAMILIE.

(Johannes): "Luister, broer Martin, op die aarde, sover ek weet, was jy `n groot vriend van Maria, ook van Josef en ander heiliges. Dit lyk nie of jy hier `n belangstelling in hulle toon nie. Hoekom? Jy lyk ook nie bekommerd oor jou familie nie, jou vader, moeder, broers, susters en baie ander familie en vriende wat jou voorafgegaan het in hierdie wêreld nie. Sê My, waarom is dit so? Hulle kan iewers ongelukkig wees. Sal jy nie nou as `n groot vriend van die Meester, wens om hulle te help as jy kan nie, veral as jy weet dat hulle ongelukkig is? In die wêreld het jy baie gedink van voorspraak deur die heiliges, maar hier, self `n heilige en die Meester se groot vriend, dink jy glad nie daaraan nie. Sê My, wat is die rede daarvoor?" 

(Martin): "Geliefde vriend en broer, `n bees vreet hooi en strooi en `n esel is tevrede met nog swakker voer. Ek was op die aarde eers `n esel en toe `n bees en My kos was soos nou net beskryf. Sê my, kan `n gees groei op so `n skamele geestelike voeding? Slegs nou, danksy die Meester se liefde, barmhartigheid en genade en sy brood van lewe en egte wyn van ware kennis, het ek `n ware mens geword. Moet ek nog `n aptyt vir die kos van die esels en beeste op aarde hê? Moet ek nog steeds dieselfde foute maak as op die aarde, deur te dink dat die salige burgers van hierdie groot hemelse geestewêreld meer genadig en liefdevol kan wees as die Meester self en dat Hy deur hulle beweeg moes word om lief te hê en goedertieren te wees? O vriend, dank God ek is nie heeltemal so dom as wat ek was nie. Wat is Maria en Josef en al die sogenaamde heiliges? Wat is my aardse ouers, broers, susters en vriende in vergelyking met die Meester? As ek Hom het, gee ek nie om vir `n duisend Maria’s, Josef’s, ouers, broers en susters of vriende nie! Die Meester sien om na hulle net soos Hy met my gedoen het. Wat meer kan hulle nodig hê? Ek dink elke ware burger van die hemel moet so dink. Indien nie, moet hy meer perfek as die Meester self wees. Het die Meester self nie duidelik gesê wie sy moeder, broers en susters was, toe hy vertel was dat Sy moeder, broers en susters buite vir Hom wag nie? As Hy, Wie altyd en vir ewig ons Onderwyser en Meester is, ons hierdie dinge geleer het, wat ons ongelukkig nie op die aarde verstaan het nie, hoekom moet ons hier in die hemel `n beter leer in onsself soek? Dit sou baie dom wees, dink jy nie so nie, My liefste broer?" 

(Johannes): "Ja, jy het verduidelik wat in my hart is. Dit is hoe dit is. Moet wees en vir ewig sal wees! Maar as jy nou vir Maria en Josef en ander persone van belang ontmoet, sou jy nie baie gelukkig wees nie?"

(Martin): "Ja, ek sal bly wees, maar nie blyer as wanneer die Meester na my kom nie. Want in Hom het ek alles en dus is Hy vir my meer as enigiets anders. Kyk, jy en broer Petrus behoort sekerlik tot die belangrikste persone wat ooit op aarde geleef het. Ek is baie lief vir julle albei, maar ek respekteer elke goeie en wyse burger van die hemel net so veel soos vir julle, want ons is almal broeders en daar is net een wat die Meester is. Is Ek reg?"

(Johannes): "Broer, met so `n ware wysheid sal jy selfs op die son regkom! Nou kan ek sien dat jy ware wysheid besit. Kyk, die pad gaan al in die vallei af. Nou sal ons ook die sonfilosowe ontmoet!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205