Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 132

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 132 -

AFDALING IN 'N SONVALLEI. HOE GEESTE OMSTANDIGHEDE VIR VINNIGE OF STADIGE BEWEGING IN DIE GEESTEWÊRELD SIEN.

Nou sien Martin werklik hoe die pad eintlik kronkel oor die bergtoppe af na `n groot vallei waarin hy nog nie voorwerpe kan onderskei nie. Geeste sien die dinge wat nog onbekend is aan hulle, asof op `n baie groot afstand en benader dit teen dieselfde tempo as waarteen hulle kennis oor hierdie dinge groei. So ook dui die afdaling van `n hoë berg in `n diep en wye vallei die ingaan van volledige sagmoedigheid aan en daardeur in die grootste moontlike liefde, waarsonder geen gees volwassenheid kan kry nie."

Martin, sowel as die baie gaste, kyk reeds af in die dal, maar kan nog steeds nie onderskei wat dit bevat nie. Daarom begin baie van hulle woordvoerders om vrae te vra oor wat hulle sal vind in die vallei. Borem weet baie goed, maar hy weet ook wat hy moet sê. Die Sjinese draai na My en natuurlik weet Ek wat om te antwoord.

(Martin draai na Johannes en sê): "Liewe vriend, hoewel ek reeds die vallei baie duidelik kan sien, wat is die nut om na so `n ver vallei te kyk as `n mens niks kan onderskei nie? Dit moet nog baie ver weg wees. Die pad is nie moeilik nie. Inteendeel, dit lyk of ons meer sweef as loop op ons voete! Maar die vallei lyk nog nie nader nie! Ek wonder hoe lank dit ons sal neem om dit te bereik."

(Johannes): "Vriend, geduld is die hoeksteen van wysheid. Hou vas aan hierdie hoeksteen in jou hart en jy sal die sonvallei baie makliker en vinniger bereik!"

(Martin): "Vriend en broer, Ek het nie `n gebrek aan geduld nie en het nooit gehad nie. Maar ek weet egter dat elke gees in staat is om op twee of drie maniere te beweeg: `n Natuurlike, `n geestelike en ook `n suiwer geestelike een met die spoed van gedagte. Hoekom gebruik ons in hierdie geval net die natuurlike manier, die stadigste? Sou dit nie beter wees as ons, ons bestemming eerder kan bereik deur `n ietwat vinniger manier nie?"

(Johannes): "Maar liewe broer, nou is jou woorde nie so wys soos voorheen nie. Hoekom moet ons die dal vinniger bereik, aangesien hier die ure van ons lewe nie getel word soos op die aarde nie? Waarom moet ons, wat vir ewig lewe, ons kwel oor die elemente van tyd. Ons word nooit gedruk vir tyd nie, maar is tuis waar ons is, of eerder, waar die Meester is. Daarbenewens, hier in die koninkryk van volmaakte geeste is die spoed van ons beweging nie afhanklik van ons voete nie, maar slegs op die volkomenheid van ons kennis. Hy wat vinniger beweging verlang, moet eers geduld en sagmoedigheid leer, waaruit liefde en wysheid sal voortkom. As hy `n volle maat van wysheid verwerf het, sal hy ook volmaakte kennis in alle dinge hê, wat dan die beweging van die gees sal beheer. In die lig hiervan, hoef jy nie na jou voete te kyk, of hulle beweging vinnig of stadig is nie. Bly soek in jou gedagtes en sy kennis en die beweging sal gou vinnig genoeg word! Het jy dit verstaan?"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205